Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5480, Laat Jou Oë Liefdevol Wees

God het gesê:

Wat belangrik is vir jou mag dalk nie vir iemand anders belangrik wees nie. Wat belangrik is vir iemand anders mag ook nie belangrik wees vir jou nie. Dit is hoe lewe in die wêreld blyk te wees - al hierdie kontraste en selfs teenstrydighede.

Iemand is lief vir visvang. Jy mag dalk iemand wees wat nie daarvan hou om 'n wurm op 'n hoek te sit nie, so ook vind jy nie vreugde daarin om 'n vis te vang nie. Wie is te sê jy moet of moet nie van wurms of visvang hou nie.

Iemand anders groei 'n snor, en jy sal nooit 'n snor groei nie, tog, as jy alleen was op 'n verlate eiland, by verstek, sal jy 'n snor groei en 'n baard ook. Jy weet nooit.

Iets mag baie saak maak aan iemand anders maar nie aan jou nie. Hy het sy lewe, en jy het joune.

Laat dit heerlik wees dat elkeen wat Eenskap met My het - en dit is almal - kan alle soort verskillende soort keuses maak in die wêreld. Laat dit heerlik wees dat daar genoeg keuses vir almal om die wêreld is om te maak. Dom jy, jy is nie gemagtig om 'n vriend op die mat te druk omdat sy lewenskeuses nie met joune ooreenstem nie.

Laat dit heerlik wees dat daar verskillende maniere van dink en hou van en nie hou van, verkies of nie 'n magdom van kleure te verkies nie, byvoorbeeld, 'n magdom van sporte en 'n magdom van gedagtes en 'n magdom van boeke en 'n magdom van koppies tee. Laat Ons hande klap dat daar baie korrekte maniere is om 'n koppie koffie te maak, en jy is vry om koffie te brou net soos jy wil, en so is 'n ander ook net so vry.

Wees bly dat almal het vryheid van keuse selfs al is een se vryheid van keuse verskillend van joune. Vier iemand anders se keuse sowel as die oortreffende keuses wat jy vir jouself kies. Vier die lewe eerder as om daaroor te stry. Geniet jou vriend net soos hy is.

Vier die feit dat daar genoeg keuses vir almal is, en wees bly dat nie almal 'n kopie van mekaar is nie.

Om Hemels naam, wees vry van kommer wanneer ander keuses maak wat verskillend is van joune. Waar het die idee vandaan gekom dat almal beter doen om te kies as wat jy kies? Hoekom moet almal glo soos jy glo en na 'n kerk toe gaan van jou keuse of na geen kerk toe gaan nie? Wie sê so? Wie verklaar dat wat jy verkies moet die wet van die land wees?

Laat jou oë die houer wees wat die skoonheid oral sien.

Jy sal nie jou eie voorkeure wil verraai en ander se voorkeure wil sleg sê nie. Daar is plekke en tye in die wêreld wanneer jy jou eie ware keuses sou moes wegsteek om aan die lewe te bly en, dus, die Vryheid van Keuse wat Ek jou gee, moes ontken. Laat dit nie jy wees wat geregverdig voel oor 'n ander se manier van wees nie. Geliefdes, sal jy die wêreld wat Ek gemaak het ontken en op 'n ander een aandring?

Voel goed omtrent ander, en voel goed omtrent jouself. Liefde is beter as 'n sin vir oppergesag enige dag van die week.

Die wêreld is meer as 'n munt-gooi. Die wêreld is 'n plek om liefde te leer en te be-oefen.

Hê jou vreugde en vryheid in jou eie lewe, en laat ander dieselfde toe. Daar is baie vreugde om rond te gaan.

Maak nie saak hoe goed bedoeld jou begeertes vir 'n ander is nie, eer 'n ander se keuses vir die lewe wat syne is. Hy is geregtig op sy eie lewe. Tensy jou vriend jou vra vir advies, hou jou hande af.

Jy kan nie die lewe leef vir enige ander nie behalwe jouself. Terselfde tyd, die enigste persoon wat jy kan regstel is jouself.

Kyk, liefde oorkom verbetering. Wees lief vir jou vriend soos hy is, en jou vriend sal blom.

"Written by Gloria Wendroff
Translated by Dawie Steyn"