Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter # 5477, Wat Is In Jou Hart?

God het gesê:

Ek kan jou vra, Wat is op jou gedagtes?

Ek sal jou vra, Wat is in jou hart?

Wat beteken die meeste vir jou in die realms van jou inner hart? Dit is iets vir jou om te weet. Jy het miskien die area jou hele lewe vermy. Ons weet wel dat jou antwoord het iets te doen met liefde. Dit mag dalk als te doen het met liefde.

Dalk voel jy jy het jou volle deel van liefde gekry. Jy het dalk nie al die liefde wat jy verdien en moes gehad het, ontvang nie. Wat doen jy omtrent dit nou?

Hier is die antwoord. Jy gee soveel liefde as wat jy kan.

Maak jou eie liefde verder gaan. Vrygewig gee meer liefde. Daar is niemand wie Ek ken - en Ek ken almal - wat nie meer liefde verwelkom nie. Baie smag so vir dit. Sommige sal liefde steel as hulle net weet hoe.

Straal jou liefde verder. Gee dit weg, of iemand dit verdien het of nie. Daar is baie wat dankbaar sal wees vir jou eerlike liefde om hulle harte te vul. Wanneer jou hart iemand oplig het jy liefde gegee in sy suiwer toestand.

Almal op Aarde smag vir meer liefde. Liefde is nie nodig om aangeplak te wees nie. Dit het net nodig om liefde te wees. Dis nie nodig om die konfyt van jou liefde dik te smeer nie. 'n Intensie sal doen. Somtyds stuur 'n gedagte van iemand jou liefde na hom of haar, hoekom nie?

Wat is liefde in elk geval? Dit is om vriendelik te dink van iemand anders. Dit hoef nie wilde-warm liefde te wees nie, en ook nie vervaardigd nie. Uiteindelik moet liefde net gegee word soos iemand 'n seël op 'n koevert sal plak en in die posbus gooi. Liefde moet net gestuur word. Dis al wat jy hoef te doen.

'n Kwitansie sal sy pad na jou toe kry. As dit nie direk kom nie, dan miskien was jou kwitansie iewers anders gestuur. Nie te min, liefde gegee, 'n gedagte van liefde gegee, sal sy pad na jou toe kry. Maar, in elk geval, hoekom sal jy omgee? Jy het liefde gegee. Jy het die hok van jou hart oopgemaak en 'n voëllied uitgestuur na iemand in die wêreld, die voëllied van liefde wat die hele wêreld voor smag en blykbaar nie genoeg van kan kry nie.

Al almal in die wêreld 'n gedagte van liefde sou uitstuur op dieselfde tyd, wat sal die wêreld dan wees? Dit sal sekerlik rede vir feesviering wees. Liefde is 'n feesviering van self. Liefde vier fees, anders is dit nie liefde nie.

Liefde is om bly te wees om iemand te sien die kamer inkom wat jy in is.

Neem in ag dat jy nie kan uitmis in die gee en ontvang van liefde nie. Laat vandag jou Dag van Liefde wees. Mors jou liefde uit. Laat dit net uit as of jy nie te veel kan gee nie. Jy kan nie. Ons praat nie van kwylende liefde maar gee liefde as of dit manna van die Hemel is, wat dit wel is, en wat jy ook is.

Liefde kom van 'n Hoër Bron as wat jy jou kan voorstel. As jy wil liefde steel, steel Myne, behalwe dat jy dit nie kan steel nie omdat Ek dit vir jou gee ten volle. Waar sal jy my liefde stuur dink jy? Wel, orals. En van waar sal my liefde jou bereik? Van orals. Jy sal liefde gee onbeheerst. Stil goed-gegewe liefde is 'n groot gawe en jy moet dit gee.

Die Goeie-Fontein van Liefde kan nie droog word nie. Al wat jy moet doen is om jou hart oop te maak. Liefde sal vanself styg en vloei en wegdryf soos liefde lief is om te doen. Liefde word altyd aangevul. Liefde hop voorts tot dit 'n hart vind om te vul. Dis als reg. Vul jou eie hart ook. Laat jou hart oorvloei in sy lied van liefde. Sing, sing, sing jou liefde. Laat jou liefde die sterre raak. Laat jou liefde uit. Ontsluit die wereld sodat niemand se liefde aan homself behoort nie maar aan die hele Heelal. Skink, skink, skink. Sing, sing, sing. Die lied wat jy sing is liefde.

"Written by Gloria Wendroff
Translated by Dawie Steyn"