Heavenletter #5466 Verwelkom Blydskap
God het gesê:
Ja, ek hoor jou gekerm en gekla. Somtyds lyk dit asof jy spesialiseer in kerm en kla. En somtyds sê jy: Geliefde God van Glorie om te dink dat U my opmerk en aandag gee. Om te dink dat U my liefhet, rerig lief het, soos ek is en dat U my lief het deur dik en dun. Hoekom is ek nie oorstelp nie? Hierdie is die grootste raaisel in die wêreld, nie dat U my nie lief het nie, maar dat ek nie die mees vreugdevolle mens in die hele wêreld is nie. Hoe kan dit wees dat almal van ons op die aarde nie vreugdevol is en oorloop van dankbaarheid vir die seëninge in die lewe wat U aan ons geskenk het nie.
"Ons is ontevrede, en ons vind fout met U en hoe U die heelal gevorm het. Ons is gebiedend God. Ons korregeer U. Ons durf om U te vertel hoe U die heelal moes opgestel het. Is ons 'n ondankbare klomp, God?"
Geliefdes, ek dink nie dankbaar of ondankbaar nie. 'n Baba is 'n baba. Verstaan dit, almal van julle, net soos julle is, bring julle die liefde uit my uit, natuurlik, soos die son opkom in die Ooste. Daar is niks moeiliks omtrent My liefde vir julle nie. My liefde vir julle behoort aan julle. Julle groei op. Julle groei nie afwaarts nie. Soos julle leef in die lewe, leer julle om die lewe te respekteer en te aanvaar net soos dit is, en julle plant blomme. Julle plaas julle onkunde eenkant en groei na die Son.
Daar is weë wat makliker is en daar is wee wat moeiliker is vir julle. Julle kan dit op die manier sien of daai manier sien. Julle kan oral wees en tog kom seëninge van julle. Julle is nie net ontvangers van seëninge nie. Julle is nie net lief vir seëninge nie. Julle, net soos julle is, hardkoppig soos julle is, is mense wat seën. Wees versekerd, julle is groter as wat julle dink julle is. Van grootheid kom bewustelikheid. Van bewustelikheid kom nederigheid.
Julle mag dalk nie die woord nederig, ten volle verstaan nie. Kom ons stel dit op 'n ander manier. Julle is nie arrogant nie. Julle hoef My nie op 'n voetstuk te plaas nie. Julle hoef ook nie julle self op 'n voetstuk te plaas nie.
Somtyds raai julle My gedagtes. Julle vind dit maklik om te kla en vind fout en maak beswaar teen die lewe. Julle mag daarvan hou om te kla en versmag julle self en dink, jy, die individu in die lewe, weet beter as Ek. Helaas, om My te beveg maak jou nie slim nie en maak ook nie van jou 'n kampioen nie.
As julle die wêreld wil oormaak, as julle die lewe wil hersien, om fout te vind is nie die weg nie. Liefde vir die wêreld is die weg. Liefde vir self is die weg. Onplesierig is nie die weg nie. Humeurig is nie die weg nie. Oormatige trots is nie die weg nie. Hoogmoedigheid is nie die weg nie.
Om bo uit te kom deur op ander te trap is nie die weg nie. Hier is die grap. Daar is geen andere nie. Om ander te onderdruk is om jouself te onderdruk. Wanneer jy jouself onderdruk, kan jy jouself nie tot nuwe hoogtes lig nie.
Hier is nog 'n grap. Ten spyte van enige iets en alles, ten spyte van jou groot ego, ten spyte van jou klagtes, sal jy steeds uitblink. Jy sal suiwer denke bereik en jy sal jou voorgeneme ego eenkant sit, en jy sal triomfeer oor jou onkunde en jou arrogansie. Jy sal die hoogtes van blydskap bereik.Jy sal jou hart volg eerder as jou hoogmoed. Jy sal die lig binne jou vind en jy sal die hele wêreld verlig.
Jou doel hier in die lewe op aarde was nooit om fout te vind nie. Om fout te vind is nie noodwendig jou eis op wysheid nie. As jy rerig die wêreld wil verhef, verhef jouself. Dit is wyser om gelukkig te wees as om humeurig te wees. Kry blydskap onder die knie.
“Written by Gloria Wendroff
Translated by Dawie Steyn”

