Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5465 Boom Van Liefde

God het gesê:

Geliefdes, hierdie minuut, al My liefde vir Almal van Julle – wat dieselfde is as om te sê die Een van Jou – straal uit soos flikker ligte op sprankelende fiets speke. Verbeel jou al die lig wat nou oppad na jou pedaal. As jy volle bewusheid het van al My liefde wat nou na jou ry, sal dit jou omgooi van al die wonder. As My liefde bruisende water was, Ons praat van ‘n Niagara Falls van Liefde gietend oor jou en jou verlig.

Jy is lief om betowerd te wees, tog kan jy gereeld My liefde vir jou mis kyk. Daar is ‘n sekere tipe bewys van liefde wat jy begeer en nooit genoeg van kry nie. As ek jou ‘n dosyn rooi rose stuur elke dag, mag dit dalk nie genoeg bewys wees van My liefde vir jou.

Wanneer jy begin om Grand Universele Liefde te bespeur dan oorweldig dit jou. Jy is dankbaar, en, tog, tog is dit te veel liefde vir jou – en nie genoeg nie ter selfde tyd. Dan onttrek jy van die ontluikende liefde met bekommernis soos:

“Wel, ek voel so baie liefde wat my vandag bereik, maar sal dit steeds hier wees more? Helaas, hoe beroof ek is sonder ‘n gevoel van liefde. Ek het al tevore oorweldigende liefde gesien kom en gaan. Dit mag wees dat liefde wat onttrek word meer seer maak as liefde wat nie duidelik is om mee te begin nie. Dalk het ek alle hoop vir liefde onttrek eerder as om liefde vir net ‘n oomblik te hê.

“God, dit lyk of liefde my verlaat. Dit is so kosbaar vir my dat dit my hart kan oorneem, en ek is ongedaan. Liefde na of van my het nooit gebly of vir lank gebly nie. Slegs vir ewig sal genoeg wees. Ek weet nie hoe om my oomblikke van liefde te handhaaf vir ewig nie, of, nie eens vir ‘n week of ‘n dag nie.

“Ten minste het ek liefde geken, of was dit ‘n ooreenkoms van liefde wat ek geken het? Ek was nooit ‘n weeskind nie. Ek kan my nie verbeel om ‘n weeskind te wees nie, maar somtyds voel ek so beroof.

“Ek praat van liefde opreg gegee wat uit fasseer. Na alles, was dit slegs liefde van ‘n mens, en ek was dors vir liefde en so beindruk met sy lig, en meer beindruk toe ek nie meer liefde in my hart kon vind of enige plek nie.

“Ek is nie so goed om my eie liefde te handhaaf terwyl ek, in effek, deur ‘n ander se liefde verlaat is nie. Ek lyk nie in staat om liefde te handhaaf behalwe in treuring vir verlore liefde. Liefde het my altyd bedreig met sy ontsnapping.

“In elk geval, daar is nie een in die wêreld wat my nou liefde offer van enige soort of in enige hoeveelheid nie. Nee, ek is nie in staat om oorblyfsels van liefde enige plek te vind nie. Was daar werklik liefde eenmaal? Ek het so gedink. Hoe ek altyd so gedink het. God, liefde blyk nie vir my te wees nie. Dit is beter vir my om die idee van liefde te laat vaar, vir hoe goed is ek om verlief te word.

“Waar is liefde, waar of vals, geleë in elk geval? Liefde is ‘n gedagte, is dit nie? Dit mag dalk ‘n gedagte wees soos enige ander gedagte. Liefde mag dalk soos ‘n groot pragtige blink appel wees, maar, wanneer ek ‘n byt vat, is dit nie so goed as wat dit gelyk het nie.

“So, God, waar gaan ek van hier?”

In die geval, geliefde, gee elke oorblywende liefde wat jy het weg. Gee dit als weg. Stuur dit weg vir ander om te koester. Liefde is nie om vir jouself te hou nie. Jy moet dit verleng. Gooi jou oorblywende liefde in die wêreld soos ‘n appel put. Wie weet, ‘n ander Boom van Liefde mag groei vir iemand wat jy nog nie ken nie.

“Written by Gloria Wendroff
Translated by Dawie Steyn”