Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5677 Wees Jouself

God het gese:

Dit is okay om anders te wees van al die ander of selfs nie soos iemand anders wanneer dit is hoe dit is vir jou.

Jy het die reg om jouself te wees en die reg om nie soos al die ander te wees nie of, alhoewel, soos al die ander blyk te wees. Dit is selfs moontlik dat ander probeer opvang by jou wanneer jy dalk probeer opvang by hulle!

Wees lief vir jou bure, maar jy hoef nie by te hou by jou bure nie. Dit is selfs moontlik dat jy 'n strydige lewe begeer, 'n eenvoudiger lewe, 'n lewe wat jou motiveer en dalk niemand anders in die wereld wat jy van weet nie.

Dit kan wees dat jou vader en jou vader se vader en al jou broers en ooms en jou ma en jou ma se ma en susters is almal kollege proffessors -- en jou hart trek jou om 'n visserman te word. Laat dit so wees.

Beslis, jy hoef nie in stryd te wees ten einde jou onafhanklikheid te verkondig. Om jou eie hart te volg is jou Goddelike Reg.

Sommige mense vind hul loopbane, en hulle bly by hierdie een loopbaan. Hulle wil nie iets anders he nie. Ander mense kan dalk 'n lyn van werk vind wat hulle geluk gee, en later, skuif hulle harte aan na iets nuut wat hulle nou beter pas. Niemand is verplig om in een veld te bly nie. En niemand is verplig om te verander nie.

Eenheid kom van 'n dieper vlak as loopbaan, gewoonte van gedagtes en so voorts. Daar is 'n groot verskeidenheid onder mense. Wortels, seldery, kool is almal groentes. Groentes is groentes. Alle groentes verdien eer. Jy mag dalk een groente bo 'n ander verkies, en dit is jou prerogatief. Jy mag lief wees vir alle groentes, of jy mag net lief wees vir 'n paar of geen.

Wanneer jy 'n volwasse is, kies jou eie pad in die lewe. Somtyds val jy in dit, en dit is nie 'n doelbewuste keuse nie, tog mag jy opeindig presies waar jy wil wees.

Om jou hart te volg beteken nie jy moet 'n afvallige wees en het iets om te bewys nie. Daar is niks wat jy hoef te bewys nie. Jy hoef nie iets aan enige een te bewys nie, nie eens aan jouself nie. Wat jy moet wees is om te wees wie jy is. Om waar aan jouself te wees, versag die voering van jou hart.

Vind jou eie plek in die wereld. Om jou geluk te vind is 'n verantwoordelikheid van jou aan die wereld, omdat jy moet die wereld jou geluk gee.

Wanneer jy gelukkig is, wat meer vra jy van ander? Wanneer jy gelukkig is, wat kan jou grommerig en verontwaardig maak?

Wat as misnoee vlug en jy voel nooit weer misnoee of sien dit op Aarde ooit weer nie? Wanneer jy gelukkig is, is dit maklik vir jou om gemoedelik te wees en ander te aanvaar. Bravo vir geluk en goeie wil en toe te laat dat ander hul eie pad na hulle geluk vind. Geluk, soos alle goeie dinge, kom van inlyn wees met die hart. Geluk kan nie gereguleer word nie. Niemand moet 'n vorm van geluk op 'n ander afdwing nie.

Ja, beslis, sommige van My kinders mag groot word in geluk, terwyl ander moet leer om die gewoonte van ongeluk te breek.

Daar is meer as een soort tronk om van uit te breek. Gewoontes van dink en voel, maak nie saak hoe geregverdig, mag een tronk wees. Jy hoef nie ongelukkigheid te aanvaar of dit te versprei nie. Kies geluk, en kies om geluk te deel.

Daar is ook 'n ander gevolgtrekking wat getrek kan word. Wees gelukkig waar jy is net soos dit is. Bied jouself geluk selfs wanneer jy nie tevrede is nie. Jou geluk hoef nie perfekte geluk te wees nie. Plein geluk is goed genoeg. Hou aan klim.