Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5665 Lei Die Pad

God het gesê:

Dit is so maklik vir My Kinders om ag te slaan op moeilikhede. Jy voel die gewig van moeilikheid so maklik. Soos moeilikheid in kom, lyk dit of dit jou in jou maag slaan, en, dan volgens jou sê-so, bly moeilikheid hang in jou hart. Dit mag dalk lank vat vir moeilikheid om jou hart te verlaat. Jy kyk gereeld vir moeilikheid. Moeilikheid word soos 'n gebak wat jy in die oond het wat, maak nie saak hoe lank dit bak nie, dit lyk nooit of dit gebak word nie. Jy vat gereeld 'n loer na dit.

Mag dit so maklik wees vir seeninge in die wêreld om jou so verby te vat.

Wees op die uit-kyk vir geluk. Neem in ag dat daar is meer geluk wat vir jou wag as wat daar moeilikheid is wat jou aanhits.

Moeilikheid lyk of dit in helder rooi en oranje kleure kom waarby geluk dra pastel kleure. Geluk, tensy dit oorweldigend is, lyk of dit aftree in die agtergrond terwyl moeilikheid vir jou skreeu: "Gotcha! Kyk na my!" Die Pastelle van Geluk, aan die ander kant, glimlag meesal vir jou stilweg.

Geluk is meer soos 'n speld wat val waarby moeilikheid soos 'n ton bakstene is wat val.

Dalk word 'n skaal benodig om geluk vs moeilikheid te weeg. Dalk weeg moeilikheid nie regtig so baie as wat jy dink nie. Miskien is jy net meer gereed vir moeilikheid as wat jy is om te soek vir geluk. Moeilikheid is meer herkenbaar vir jou. Dit lyk of jy moeilikheid makliker dra in jou hart eerder as geluk.

Dalk verwag jy moeilikheid om te bly, en geluk om te vlug.

Ja, beslis, moeilikheid, wanneer dit skielik verskyn, slaan jou van jou voete af.

Dit is asof jy 'n gastekamer voorberei vir moeilikheid. Jy is seker moeilikheid sal kom kuier. Dit lyk of jy groot geloof in moeilikheid het. Jou gastekamer vir geluk, selfs al smaak jy na geluk, mag dalk laaste minuut wees.

Jy mag dalk 'n groot swaar deur sien met 'n groot teken wat op die handvatsel hang wat MOEILIKHEID lees. Jy hou die deur ongesluit. Hierdie deur is vir maklike toegang.

Jy mag dalk ook 'n kleiner deur sien met 'n klein teken genaamd Geluk. Dalk is die teken, wat aan die deurhandvatsel hang met tou vasgemaak, omgekeer, en slegs wanneer jy na die deur loop draai die teken om sodat jy dit kan sien.

Vir die grootste deel, lyk dit of geluk in meng met jou dag waarby moeilikheid seker maak jy word geklobber.

Moeilikheid roep uit: "Ek kom vir jou! Ek is altyd net om die hoek. Wees voorbereid." Moeilikheid maak 'n groot indruk.

Geluk is dalk nie so duidelik nie. Geluk verkies om te werk van binne na buite. Geluk groet jou meer soos 'n dame of heer jou sal groet. Geluk is veel meer verfynd. Geluk is meer geneig om te rus in jou guns. Moeilikheid maak nie moeilikheid aangaande maniere nie.

In die relatiewe wêreld, wat verskyn het as moeilikheid in die verlede mag 'n ligter kant het tot dit. In retrospek, mag jy dalk vriendelik kyk na dit. Daar is geen twyfel dat, toe jy jou been gebreek het, was dit moeilikheid. Nou mag jy dalk onthou hoe baie sorg en liefde jy gekry het, al die vriende wat jou kom besoek het en mooi boodskappe op jou gips geskryf het. Jy mag selfs kyk na daai tyd as 'n goeie tyd.

So baie hang af van die hoek waaruit jy die situasie bekyk.

Jy kan sien dat moeilikheid het iets te doen gehad met tyd, en tyd gaan sy gang. Moeilikheid en geluk verskyn albei volgens jou houding en jou sin van tyd.

Nie vir een oomblik van tyd ontken Ek hoe massief moeilikheid verskyn wanneer dit op jou land nie. Jy, jouself, in tyd mag dalk 'n ander kyk vat na dit en jou posisie verander.

Roep geluk na jou toe. Maak staat op geluk. Maak staat daarop dat geluk soek na jou.