Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5664 Die Omhelsing Van Stilte en Stilheid

God het gesê:
Onthou jy is nie 'n opvoerder nie, maar jy is 'n doener. Op een of ander vlak is jy 'n doener. 'n Doener kry dinge gedoen.

Alhoewel, almal is 'n Wese-r. Almal IS. Almal op Aarde, uit noodsaaklikheid, bestaan. Dit moet so Wees. Dit is nie deur 'n edik dat almal moet Wees nie. Dit is natuurlik dat almal 'n Wese is. Dit is jou natuur. Ek het Wese aan jou bemaak.

Selfs so, aktiwiteit is 'n deel van die lewe. In terme van die wêreld, moet jy iets doen. Jy is nie 'n beeldhouer wat nie kan beweeg nie. Dit is nie 'n fantasie dat jy diep Stilte en Stilheid is, en jy beweeg rond. Jy mag push-ups doen of jou duim suig. Jy mag jou wenkbroue beweeg. Jy mag poseer. Jy mag steel. Jy mag mors. Nietemin, onderliggend van jou aktiwiteit en geraas, is jy die uiterlike omhelsing van Stilte en Stilheid.

Maak nie saak watse doener jy is nie, jy is, ook, die Stilte van Wese. Daar is geen uitsonderings nie. Jy kan 'n non-stop prater wees -- tog is jy Stilte. Ek praat nie van iets wat jy behoort te doen nie. Ek praat van jou soos jy is. Jy kan dit nie verander nie. Jy mag dalk nie bewus wees van jou Stilte nie, tog is dit onfeilbaar dat jy wel Stilte is. Jy kan nie anderste wees nie. Dit is jou Waarheid. Maak nie saak wat nie, jy kan nie wegkom van hierdie Waarheid van Wese nie.

As jy musiek was, is dit die stem en klop wat jy is. Slegs jy kan jou soort musiek speel.

Wese kan nie presies jou bestemming genoem word nie omrede jy alreeds gevestig is in Wese. Jou spesifieke wêreld bestemming mag dalk nog nie duidelik wees nie, of dit mag dalk. Jou spesifieke bestemming op Aarde mag dalk nog nie 'n fait accompli wees nie. Jy mag dalk nog nie gedurende jou leeftyd uitdruklik jou grootste daad of funksie op Aarde ken nie. Dit kan selfs iets wees wat jy nog nie opgemerk het nie. Jy weet nie altyd waar jy staan in die geskiedenis van die wêreld nie. Dit kan selfs gesê word dat jy die laaste is om te weet of, terwyl op Aarde is, mag jy nooit jou unieke bydrae weet nie.

Wat jy kan weet is dat jy is gebore vir iets en dat jy is onvervangbaar. Daar is niemand net soos jy nie. Daar is niemand wat jou uitdruklike bestemming kan vul nie.

Jy mag selfs rond sit en dink jy het geen groot doel in jou lewe of enige doel wat die moeite werd is nie. Jy mag dalk net rond sit en wag vir jou Lewe op Aarde om te eindig. Jy mag geen idee het watter ster jy dien of dat jy enige ster in hierdie Heelal dien nie.

Nietemin, elke siel op Aarde dien 'n Beduidende Doel in die Evolusie van die Wêreld.

Jy mag dalk aanneem dat Christopher Columbus se Groot Doel was om die Amerika's te ontdek en die wêreld te wys dat die Aarde is rond, nie plat nie. Vanaf die Aarde, mag jy nie weet nie.

Sekerlik het Abraham Lincoln bygedra tot die afskaffing van slawerny en die hoogmoedige aanname dat enige mens kan minder wees as 'n siel wat Ek, God, gemaak het in liefde en Vrye Wil gegee het.

En daar was die Hollandse seun wat sy vinger in 'n gat in die wal gesit het en sodoende 'n vloed terug gehou het en 'n held geword het. Wie weet of dit die seun se groot daad was of dalk 'n ander meer subtiele, dalk.

Tog 'n groot bestemming hoef nie geidentifiseer te word as 'n fisiese gebeurtenis van volmaat nie. Iewers, op 'n manier in elke lewe op Aarde, is daar iets genadig, of selfs edel. Dalk, selfs een glimlag, een gedagte, een persepsie wat die Lewe hoër lig of net een ander individueel.

Ek sal vir jou 'n geheim vertel. Jy het of sal meer as een groot daad of begrip het wat 'n ander siel op Aarde sal verlig of verlig het. Jy het 'n ander geseën, en sal, wetend of onwetend, 'n ander seën en dalk 'n ander en sodoende die wêreld oplig na Nuwe Hoogtes.

Onthou, hierdie is nie 'n uitvoering waarvan Ons praat nie. Dit is 'n Styging in Bewussyn. Hierdie seën van die Styging van Bewussyn betree die wêreld deur jou.