Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5684 Lig Buig Jou

God het gesê:

Selfs lig buig, tog word dit nie gesê dat Lig ingee nie. Lig bewaar energie. Dit is Lig wat die teenoorgestelde kies as om energie te mors. Lig stap om of oor 'n hindernis, groot of klein. Lig verkoop nie uit nie. Lig val nie inmekaar nie. Lig gee nie in nie. Lig gee nie sy idees op nie. Lig word nie oorval nie. Lig baklei nie tot die einde nie. Lig buig en skuif oor en gaan vorentoe.

Wanneer dit moontlik is om 'n bietjie te buig, maak hardkoppige weerstand nie sin nie. Dit maak nie sin vir My kinders om die Pad van die Lewe te veg soos met swaard en spies nie.

Dit is okay om 'n bietjie te buig. Eintlik, wanneer dit kom by die lewe, en 'n daad is gedoen, maak nie saak hoe gekant jy is teen 'n Akte van die Lewe, as die daad gedoen is, kan dit nie terug getrek word nie maak nie saak hoe jy daaroor storm nie. Watter sin maak dit om te veg met al jou mag dit wat alreeds gebeur het?

Die buiging wat Ons hier van praat is dieselfde as om te laat gaan van die verlede. Jy weet -- wat gedoen is is gedoen.

Trots kom nie in nie. Eintlik is dit hoe jy onoorwonne is. Lewe is nie 'n saak van wen of verloor nie. Die Lewe moet nie aan gedink word as nederlaag of oorwinning nie. Die Lewe is die Lewe.

Dit is nie dat jy kompromie maak met die Lewe nie. Jy eenvoudig hou op skop en skerm. Jy tel jouself op, en jy hou aan vorentoe gaan.

Wanneer jy nie jou eie weg in die Lewe kry nie, bedoel dit net dit, in hierdie geval, jy het nie jou eie weg gekry nie of dit wat jy gedink het was jou weg nie. Jy het nie daar gebly en bewe nie.

Dit is nie vir jou om die Lewe of My of enige een te blameer nie.

Herhinner jouself dat die Lewe hoef nie te kowtow volgens jou begeertes nie. Wanneer dit lyk of die Lewe nie kyk wat jy wil he nie, is dit nie vir jou om dit persoonlik te vat nie. Jy word nie gestraf op een of ander manier nie.

Wanneer jy 'n gebroke vingernael of 'n gebroke hart het, maak dit baie saak vir jou, tog in die lank en kort van die lewe, is daar geen profyt om enige iets persoonlik te vat nie, pro of con.

Ek is lief vir jou dieselfde nou as 'n uur gelede. My Liefde is konstant. My Liefde is joune dag in en dag uit. Liefde is soos die Son wat skyn. Die Lewe wil jou nie sonbrand gee nie. Die lewe wil jou ook nie straf nie. Die Lewe vanself is onpartydig. Moenie die Lewe misgis nie. Die Lewe wil jou nie seermaak nie. Dit kan wees dat jy jouself seermaak.

Wanneer dit lyk of die Lewe teen jou is, en jy vonnis die Lewe tot onregverdigheid, dan dra jy die hemp, en dit is jy wat jouself seer maak.

Wees versigtig om die Lewe te oordeel en die Lewe se gebeurtenisse.

Wees onpartydig. Moenie die Lewe jou slagoffer maak nie. Moet ook nie jouself die Lewe se slagoffer maak nie.

As jy van die trappe af val, is jy die een wat van die trappe af val. As jy van die trappe af val, is dit jy wat jouself moet optel.

Kyk, in die Lewe, is daar niemand om jou vinger na te wys nie. Geen misdaad is gepleeg maak nie saak hoe dit lyk nie. Die Lewe het een manier uit gespeel en nie 'n ander manier nie. Tel jouself op, en klim in 'n ander arena in. Dit is nie vir jou om jouself plat te hou vir die telling en daar te bly nie. Jy wag nie vir 'n paramedic om jou hulpeloos te verklaar en jou resussitasie te gee nie, en so wag jy ook nie vir 'n hof om te se die Lewe het jou seer gemaak en bied jou restitusie.

Dit is vir jou om aan te hou begwee en die volgende hartklop van die Lewe op te tel. Gaan ontmoet dit. Jy moet nooit opgee in die Lewe nie. Omhels die Lewe oor en oor.