Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5680 Teken Ons Kontrak Ooreenkoms

God het gese:

Oh, ja, Ek hoor jou uitroep:

"God, gaan ek ooit tevrede wees met die lewe en met myself en ander? Sal ek ooit?"

Jy dink jy het die antwoord. Die antwoord wat jy met jou saamdra is "Nee, nooit nie." Dit lyk of jy hardkoppig geheg is aan 'n harde tyd.

Dierbares, jy het nog altyd 'n heuwel na 'n heuwel geklim, gestruikel om 'n piek te bereik. Dit is nie maklik vir jou om te herken hoe hoog jy al geklim het. Herken dit nou.

Daar is geen DIE boonste nie. Daar is meer om te kom. Jy hoef nie daarna te koester nie, tog sal jy dit het. Jy is geneig om jouself op te trek by jou skoenveters. Dit beteken jy sal nie of wil nie, vir die lewe van jou, deur die lewe gaan in 'n sorgelose manier nie, is dit waar?

Beslis, selfs dit is okay, omdat jy A-OK is.

Jy is pragtig in My boek. Jy is 'n goue diamant wat gekom het om groot seeninge te besoek. Jy en ek, Ons is 'n Sirkel van Eenheid. Soos 'n vlieer, vlieg Ons rond in die wereld, en hoop seening op seening. Ons vou Onsself op, en Ons gaan op 'n towertapyt na hoe plekke soos Een, Ons vlieg saam op die Een Selfde Vlieg Plan.

Ons het 'n reis saam. Ons bly op een plek, tog reis Ons ver. Distansie bestaan nie. Ons is by geen distansie nie, tog lyk dit so vir jou, waarby die feit is dat Ons is vervat in mekaar. Nie vervat, nee, dis nie dit nie. Daar is geen ander. Ons IS. Ons is DIT!

Eenheid alleen is. Daar is geen wegkom van hierdie roemryke nuus nie. Ons is Een, selfs al maak jy 'n storie op van verwondering.

Vir jou verslane hart, is dit asof ons 'n duet speel wanneer, die heeltyd, is dit een paar hande wie se vingers vlieg oor die ongesiene klavier sleutels. Wie is die Luisteraar? Wie is die Speler? Ons kan nie Ons Een Self apart wys nie, en so ook kan Ons nie apart geskeur word nie. Jy dink Ons is apart geskeur, en, soos jy dink, oortuig jy jouself. Begin op 'n ander baan.

Jy mag ontsteld verskyn aan jouself, tog is hierdie 'n spel van Twee-heid wat jy speel. Jy rol die dobbelsteen tot jou voordeel en nadeel. Somtyds, in jou gewoonte, rol jy die steen in vreugde om te verloor, asof jou taak is om te bewys dat jy onbekwaam is. Op hierdie tye, voel jy bevestig en bekragtig, asof om te verloor jou punte wen en jou op die voorpunt plaas. Jy het gester in foute en lyk of jy dink deur jouself te bewys in foute 'n triomf van beskeidenheid is.

Daar is geen behoefte om jouself te bewys op een manier of 'n ander nie. Ek het gepraat. Ek praat namens jou. Jy kom uit jou Cocoon van Skeiding, hierdie gedagtelose gedagte wat jy rond dra asof jy die reg het om na jouself skeef te kyk. Jy is My kind. Stel jou denke reg. Ek het jou die Erwenaar van My Wil benaam. Ek maak jou Testateur van My Wil. Dit lyk of jy verkies om weg te skram van die mag wat Ek aan jou bemaak het.

As jy nie in jouself kan glo nie, kan jy nie in My glo met jou hele hart en mag? Wat is jy bang voor sal met jou gebeur as jy My Mantel om jou skouers gooi? Hierdie is nie 'n groot oorgawe nie. Dit is 'n klein oorgawe om 'n sug te asem en te se: "Ja, God, ek is Joune. Eens en vir altyd, is ek Joune."

Kyk, Ons het 'n kontrak gemaak lank gelede, en nou is dit tyd om jou naam te teken by Ons kontrak hernuwing. Ek plaas My seel op dit. Sweer jouself in. Teken hier. Ons is belowe in die Hemel en op Aarde. Maak dit nou amptelik.