Heavenletter #5661 Gebruik Jou Stil Stem
God het gesê:
Wat ookal jy gee, watse diens jy ookal uitvoer, doen dit namens My. Doen dit in die Naam van God en in die Naam van Liefde. Wees vrygewig. Wees sagkens. Wees sagkens met alle siele. Tenminste, wees 'n seën vir jouself.
Moenie regverdige woede bedink nie, woede is nie vir jou nie.
Die Lewe gaan nie oor die verhoging van jou selfbeeld nie. Die Lewe gaan nie oor om jouself te bewys as dieselfde waarde of meer as ander nie. Jou lewe is nie om iets te bewys nie. Jy hoef nie in drama ingetrek te word nie. Jy kan die dinamika van jou interaksies verander met ander wat jy hierdie lewe op Aarde deel maak nie saak hoe onredelik ander mag wees of selfs bewys om te wees nie.
Jou lewe is omtrent dien. Dien My. Dien My met goeie karakter. Goeie gemoedheid is iets wat jy moet bied aan daardie rondom jou. Hoe jy My dien is deur ander te dien. Hoe jy jouself dien is deur ander te dien. Maak nie saak hoe subtiel jy ander verontagsaam of op hulle trap, jy onteer jouself en die groot wereld daar buite.
Leer ander maniere om te deel met dit wat jou aanstoot gee. Jou gewoontes in die lewe het 'n uitwerking op die lewe om jou. Kyk weer.
Ek het jou Bewaring van die Wêreld gegee. Ek het jou nie 'n rol gegee as reël-maker nie. Wees 'n eksponent van hoe lewe in die wêreld bedoel is om geleef te word. Gebruik jou stil stem. Korregeer jouself en nie so baie ander nie.
Ek vra jou nie om Liefde te fake nie. Nee, moenie liefde fake nie. Om die waarheid te sê - wanneer jy rusie maak - dan fake jy antagonisme. Antagonisme is nie waar nie. Antagonisme is een of ander skild of wapen wat jy foutiewelik dink jy benodig as 'n verdediging om te verhoed dat genade of dalk, in sommige gevalle, om selfs liefde van jou af weg te hou. Jy het nie bedreig gevoel nie, hoekom sal jy met ander baklei en probeer om bo uit te kom? Wat is dit wat jou laat voel dat jy moet beter as 'n ander wees? Is dit so 'n groot ding om die opgeblaaste top-dog te wees?
Eerder as om aan te val, inisieer 'n nuwe benadering.
Staan stil 'n oomblik. As jy nie gereageer het nie, hoe anders sal jy dan reageer op 'n situasie wat jy nie verwelkom nie? Verseker sal jy respond eerder as om te react.
As jy nie reaktief was nie, hoe sal jy die liefde in jou eie hart vermeerder? Dit is nie soveel iemand anders se antagonisme waarmee jy moet deel nie. Dit is jou eie antagonisme waarmee jy moet deel. Die Lewe is besig om jou te leer om eerder te respond as om te react. Die Lewe probeer nie om jou te leer om 'n warmkop te wees nie.
As jy 'n chili pepper eet en jou mond en keel is aan die brand, eerder as om te baklei met chili peppers, weet jy om eerder koue water te drink.
Kyk vir ander maniere om streef te benader. As nie vreedsaam, tenminste, hoef jy nie 'n bom te wees wat wag om te ontplof nie.
Wat as, iemand sy stem verhef tot jou, kan jy joune verlaag?
Wat as jy kan weg loop van ou gewoontes van reacting? Wat verhoed jou?
As iemand ongeskik is teenoor jou, watter wet sê jy moet ook ongeskik of meer ongeskik wees sodat ander jou kan respekteer?
Wanneer jy ander seermaak, wat dink jy kry jy? Kry jou eie self-respek, en, dan, hoe sal jy deel met die wêreld wat gesê is, verkeerdelik, dat dit buite jou lê?