Heavenletter #5656 Die Goue Lig Van Realiteit
God het gesê:
Wat jy wil wees, is jy alreeds. As 'n akker die saad van die Eikeboom is, dink jy jy is minder as 'n akker? Doen jy regtig? Wat wil jy wees? 'n Luiaard? Of 'n bate? 'n Hulpelose slagoffer gewaai deur die briesie? Jy kan bekwaam op jou eie twee bene staan.
Tensy jy die Dirigent van die Orkes van Jou Lewe is, sal Ek jou eerlik sê dat jou visie is redelik beperk. Ek sal sê jou visie is heeltemal te klein. Wow, het jy die Heelheid van die Waarheid van jou oorgesien? Jy weier om daarna te kyk. Jy kyk nie na jou Self nie. Jy vergeet jou Self asof jy nie deel is van die Skepping en asook 'n Skepper nie.
Wie het vir jou gesê dat jy 'n vroetelende half-mas skepper is?
Jy maak jou lewe vol gemors. Jy neem aan dat jy die gemors venself is wat rond gestrooi is. 'n Helder Stroom van God loop deur jou. Jy bedek hierdie stroom met blare en takke. Verwyder die gemors, en jy sal die Goue Lig van Realiteit sien. Wanneer alles gesê en gedoen is, wie is die Goue Lig van Realiteit? Wel, jy is.
Jy versamel baie goed wat nie jy is nie, en jy mag aanhou byvoeg tot die hoop goed wat jou vreugde vir die lewe weg vat.
Jy is die lug vanself wat jy inasem. Jy is die Son wat jou warm maak. Jy is die hoogtes van die berge wat jy klim. Jy is die Grootheid wat jy voor jou sien, maar jy gee die Grootheid die skamele naam van Hoop eerder as sy ware name wat Grootheid en Liefde is. Jy is bang dat jy sal verdwyn in Grootheid. Jy mag selfs 'n klein vastrapplek in onkunde verkies. Jy wil nie regtig durf loop waar Heelheid is nie.
Jy dink: "Wat as ek dit nie maak nie? Wat as ek dit maak en later, onbevoeg bevind word, en uitgegooi word.?"
Jy kan nie die gedagte verdra nie, so jy wil nie eens jou weg maak na die wagkamer nie. Jy mag jouself uitgooi voor jy enige plek kom naby waar Vryheid le. Jy is onseker dat Vryheid bevrydend is.
Natuurlik, dit is als jou keuse. As jy in lyding is, is jy die een wat lyding kies. Jy mag dit protesteer wat Ek sê, tog is jy die een wat die keuse maak. Beslis, dit is duidelik dat jy kan nie kies om te bly waar jy huidiglik is verewig nie.
In die knip van 'n oog, kan jy lyding ontkies.
Wat is dit waarvoor jy wag?
Die uiteindelike Waarheid is dat jy sal onvermydelik Vryheid en Heelheid kies. Om weg te hardloop van Waarheid hou nie virewig nie. Niks van jou kronkelings is waar nie. Kronkels is tydelik. Enige iets wat tydelik is kan nie waar wees nie. In die fisiese wêreld, tydelikheid kan feitelik wees. Feitelik is nie Waarheid nie. Waarheid is Virewig. Waarheid is virewig waar, tog is dit nie gemaak van tyd maar eerder die Heelheid van Oneindigheid. Daar is geen begin of einde aan Oneindigheid nie. Oneindigheid kan nie stop nie. Daar is geen onderbrekings tot Oneindigheid nie, dan sal dit nie Oneindigheid wees nie.
Slegs in die fisiese wêreld is daar 'n pouse.
Jy is in vir wat in die wêreld genoem word die long haul, tog die long haul hoef nie 'n haul te wees nie. Jy kan dit besluit. Tensy jy die besluiter is, kan jy net die slagoffer wees. Beter om 'n besluiter te wees as 'n slagoffer. Beter om verantwoordelikheid te vat.
Vat verantwoordelikheid vir waar jy nou heen gaan.
Met verantwoordelikheid kom eienaarskap. Die werk is joune. Jou lewe word jou lewe en nie iets wat op jou forseer word nie. Die Kaptein van Jou Skip eerbiedig God. Jy is die Kaptein van Jou Skip, en jy vat verantwoordelikheid vir jou einste lewe wat voor jou is.