Heavenletter #5623 Om Saam God Te Ry
God het gesê:
Hoekom sal enige iemand weg draai van My? Hoekom sal iemand 'n blaaskans van My wil vat en dink dit is slim? Tog is daar menslike weses in My Skepping wie kies om hulle rug op My te draai. Kan julle dit glo? Slegs menslike weses, omdat daar geen ander weses is wat liefde eenkant sit en My ontken. Slegs menslike weses doen dit. Slegs menslike weses teiken My eerder as om My te lief. Om My te lief is natuurlik. Geen wese weier My. Menslike weses, alhoewel, vermoedelik voel hoog en magtig of baie ongewaardeer en mag hulle bewerige ego's verplaas en My weg skuif vanaf hul harte.
Die sagmoediges sal die Aarde erf. Die woord sagmoedig beteken sonder grootpraterige ego.
Hierdie is die downside van Vrye Wil. Tog is daar altyd 'n upside. Die upside is dat daar geleentheid is om weer te kyk.
Daar is daardie wat seker is Ek is 'n uit-hou Wie van hulle vat eerder as om vir hulle te gee. Daar is daardie wat weg draai van My af. Daar is daai wat my stomp. Daar is daai wat My vloek. Daar is daai wat hul verantwoordelikheid vir hul lewens op My gooi, asof om hulle teleur te stel My plesier gee. Daar is daai wat negatiwiteit uitoefen op My. Hulle weet nog nie dat God is nie ver weg in die lug of 'n ander planeet nie, maar dat God is God binne in hulle einste self. 'n Persoon se weiering van My is sy weiering van sy einste self. As iemand voel hulle moet My weggooi, is dit homself wat hy weggooi. Dit lyk of hy 'n behoefte het om God te sien as 'n anti-God wat teenoor hom staan.
Vroeër of later, sal ontkenners hulle kinderlike maniere weg sit. Hulle vind deur te lief maak meer sin as om te debateer -- meer sin om 'n vriend te sien as 'n vyand -- meer sin om te luister as om 'n tirade te het. Hulle kom af van hulle groot perd.
Hulle mag voel dat hulle af kom om oor te gee, tog styg hulle. Hulle gee hulle trots op in wat hulle vir hulleself projekteer.
Ons kom terug na die idee om nie die lewe so persoonlik te vat nie. As jy kan kom van die konteks van liefde, waar sal iemand teenoor jou bestaan? As jy kan kom van liefde, wat sal die kapasiteit het om jou hart seer te maak in die eerste plek?
Net soos jy 'n boek lees en 'n boekmerk gebruik om jou plek in die boek te hou, so sal liefde jou op jou pad hou. Daar is geen ander pad om te vat behalwe as jy van die chaos van vyandskap hou.
Daar is rowwe paaie om te vat, en daar is gladde paaie om te vat. Daar is langer en korter paaie. Hoekom sal iemand doelbewus 'n langer pad vat?
Daar is gemaklike sitplekke om op te sit, en ongemaklike sitplekke om op te sit. Wie sal ongemaklike sitplekke kies om op te sit?
Tog is hierdie klein oorwegingtjies wanneer die belangrikheid oorweeg om saam God te ry teenoor belediging. Ek stuur nie 'n posse uit om te veroorsaak dat jy weg hardloop vanaf My. Ek is die Beste Vriend wat jy het. Dink jy regtig Ek is uit om jou te kry, jou te trip, jou te mock, of jou te straf? Dink jy Ek sal my genot daaruit kry?
Wys 'n bietjie genade aan jouself.
Ek hou jou, en Ek hou jou met Liefde. Ek ken niks anders behalwe liefde nie. As Ek minder as liefde geken het, sou Ek nie 'n God gewees het nie. Jy is dan reg in die sin dat die God wat jy projekteer kan nie God wees nie. Dit maak geen sin vir jou om kwaad te regverdig en dit op My uit te haal nie.
Laat vaar kwaad, en kom na My.