Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5608 'n Veld Van Madeliefies

God het gesê:

Slegs in die greep van tyd kan jy spyt het. Soos jy talm, mag dit vir jou lyk dat die presiese oomblik vir 'n keuse vir iets goeds is verby. Jou lewe het 'n klopslag gemis, en so, bou spyt in jou. Wees klaar met spyt wees. Wat is spyt werd in die lewe in elk geval?

Jy mag verby 'n veld van madeliefies gaan en nie een pluk nie. Of jy pluk 'n hele klomp, en die madeliefies verlep te gou. Of hulle verlep later. Verlep is altyd te gou. En so verlep jy jou hart. Jy huil vir die madeliefies wat dood is. Maar, die madeliefies was daar vir jou. Jy was die teenwoordigheid van madeliefies gegee en, dalk, 'n verlore liefde.

Wat 'n wonderlike oomblik is dit om blomme te pluk en te waardeer. Wat 'n offer vir jou is 'n veld van madeliefies. 'n Veld van madeliefies word vir jou aangebied.

Madeliefies hou daarvan dat jy na hulle kyk. Hulle knik vir jou soos jy verby loop. Madeliefies is nie spyt as jy net verby loop of hulle pluk of nie pluk nie. Madeliefies mors nie hulle lewens op spyt nie. Hulle is madeliefies en weet van beter. Hulle forseer nie spyt op hulle tydelikheid nie. Hulle gee oor. Hulle gee nie eintlik oor nie. Hulle geniet die lewe soos dit na hulle kom.

Madeliefies waai in die wind, en dit is so ver as wat hulle gaan. Natuurlik, hulle blare kan deur die wind op getel word en iewers gewaai word. En hulle sade.

As 'n hele veld vol madeliefies afgemaai word, sal madeliefies nie treur nie. Hulle sal nie berou nie. Hulle sal nie roep: "Nooit weer nie."

Madeliefies weet die lewe is altyd oppad iewers heen en dat die lewe is pragtig mak nie saak hoe die wind waai nie.

En wanneer sneeu 'n veld van madeliefies bedek, dan stem hulle saam: "Ah, om te dink aan die liefdevolle hand wat ons veld met sneeu bedek om ons warm te hou wanneer ons slaap."

Verloor die idee dat die lewe het jou gemis, of dat jy die lewe gemis het. Wat jy doen en wat jy nie doen nie is die lewe vanself. Waar het jy die idee gekry dat jy uit gemis het op die lewe? Wie sê dit? Jy sê dit. Beter om soos 'n madeliefie te wees.

As jy 'n pad gevat het wat verskillend was van eintlike pad wat jy geloop het, wat mag jy oor spyt wees nou? Wat het jy om te wen deur die lewe wat jy leef? Jy leef die lewe, en dit is wat die lewe is - wat jy leef. Dit is jy wat sê of jou lewe goed of nie goed is nie. Wie is jy om jou tot spyt te verminder, een na die ander? Wie het vir jou gesê om die lewe te onderskat? Spyt is niks anders as om jou gedagtes te verander nie. Jy hoef nie jou gedagtes te verander nie. Of, as jy jou gedagtes verander, hoekom nie?

Ek sê: "Wees lief vir die lewe. Wees lief vir ewig." Wat gee jy om as die kraai skreeu: "Nooit weer nie."

Jy is 'n besoeker tot die lewe in die wêrerld. Jy leer soos jy aan gaan. Bedank die lewe. Sê dankie vir jou lewe sagkens of hard uit. Jy is 'n besoeker tot die lewe. Wie is jy om te sê: Nee Dankie vir die Lewe. Geniet die lewe eerder.

Hoor die Lewe uitroep: "Eis my. Eis my. Kom kry my vir ewig."

As die lewe op Aarde 'n boom was, mag jy dalk die boom hoor uitroep na jou:

"Kom onder my blare. Hoor hulle geritsel. Kyk hoe die sonlig skyn deur my blare. Voel my bas. Sit en lê teen my stomp. Net vir nou. En dan beweeg aan na jou volgende plekkie onder die Son vir 'n rukkie...vir ewig."