Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5591 God Het Geen Omheinde Gemeenskap Nie

God het gesê:

Wees vinnig om Ja te sê om ander te help of jy nou hou van die mense of nie. Enige ander persoon is jouself tot die been. In Waarheid is almal by jou deur jy.

Moenie so vinnig wees om liefde eenkant te sit nie omrede dit wat jy jouself verbeel is self-belange. Jy mag dalk opsetlik toelaat dat jou hart doodgaan op die wingerdstok wanneer jy jou rug draai op 'n ander weergawe van jouself. Dit is jouself wat jy jou rug op draai.

Hoekom sal Ek, God, luister na wêreld nuus? Ek het my eie oor op die grond. Ek het 'n verskillende weergawe van die lewe as jy en verskillend van die weergawe wat die grote wêreld uitbeeld. Die grootste verskil tussen die wêreld en My is dat die wêreld is geneig om in vrees te lewe terwyl Ek kies om in liefde te lewe. Ek verban niemand. Ek spring nie tot gevolgtrekkinge nie. Ek slaan nie deure toe nie. Ek maak harte oop. Ek seèn. Ek verwelkom.

Ek bied skuiling. Ek kies en keur nie, selfs al dink jy dat Ek somtyds teen jou diskrimineer.

Ek maak nie reèls en prosedures op nie. As iemand toegang benodig, gee Ek toegang. As iemand hulp nodig het, gee Ek hulp. As iemand hoop nodig het, gee Ek hoop. Ek stel geen limiete nie. Ek sê nie dat net mense wat soos Ek lyk kan inkom in My omheinde gemeenskap nie. Ek het geen omheinde gemeenskap nie.

Ek maak nie bangmaak stories op van al die nadelige dinge wat kan gebeur nie. Wanneer mense vlug vir hul lewens, laat Ek hulle in. Ek sien nie dat hulle 'n gevaar is vir My nie. Ek bied hulle 'n kamer in my gastehuis. Ek is nie eksklusief nie, Ek is inklusief.

Die wêreld wat Ek visioneer het nie grense nie. Daar is een land, en dit is die hele wêreld. Almal is welkom. Die bestaande wêreld, soos dit lyk, is eekhoring-ig. 'n Eekhoring begrawe sy besittings sodat niemand dit kan weg vat of sy skatte kan verminder nie. Hy hou hulle vir sy eekhoring self. Hy sien nuwe eekhorings as moontlike diewe en laat soveel in en nie meer nie en voel deugsaam soos hy sy land beskerm van mans, vrouens, en kinders, asof hy op een of ander manier koninklik is en eerste kom, asof hy bevoorreg is, en ander is nie.

En dit is hoe party die wêreld groet. Party sien hulle spasie opgekommandeer. Party sien gevaar net waar hulle kyk. Vir alle praktiese doeleindes, sê hulle:

"Bly weg. Ek is jammer jy vlug vir jou lewe, maar jy mag weg vat wat myne is. Ek sal 'n paar vlugtende siele in laat, maar, vir my eie voortbestaan, moet ek my hekke sluit. Asof jy leef of doodgaan, ek kan nie surplus toelaat op my grond nie. Lei honger tot die dood iewers anders. Word verslaan in die land wat jy vanaf kom. Ek is my broer se oppasser, en ek versorg my eie. Ek versorg nie mense van ander plekke nie wat kwaadwilligheid teen onskuldige soos ek kan veroorsaak nie. Ek diskrimineer nie. Ek onderskei. Ek is wys. Ek beskerm myself en my eie soos enige rooi-bloed mens moet doen."

Ek sal julle vertel, liewe julle, dat selfsugtigheid is nie die uitleg van die land meer nie. Selfsugtigheid is nie iets om oor trots te wees nie. Liefde is die uitleg van die land. As jy oorlewing wil hê vir dit wat jy sien as jou eie, maak dan oop julle harte.

Ek is bekend vir wat Ek gesê het: "Laat My mense gaan." Nou sê Ek: Laat My mense in."

Ek sê vir julle: "Laat My mense in."