Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5581 Sing 'n Ode Aan Die Lewe

God het gesê:

Wat as jy die wêreld sou sien as Goddelik, hoe sal jou lewe anders wees? Wat as jy die wêreld sien as 'n goeie vriend wat jou verwelkom, wat daarvan? Wat as jy die soort wêreld kon kies waarin jy leef, soos wat sal die wêreld wees wat jy kies.?

Op een of ander manier, kies jy die tendense van die lewe wat jy leef. As jou lewe georde is, dan orden jy dit.Jy sien wat jy dink jy sien. Ek weet dat die lewe nie so eenvoudig vir jou lyk nie. Jy mag voel dat jy beskerming nodig het. Wat jy regtig nodig het is inspirasie. Moenie kommer oor 'n face uplift nie. Lig op jou lewe. Inspireer jouself en die wêreld wat jy in leef. Inspireer jou hart en gedagtes.

Ek beplan dit vir jou. ek werk aan jou gelukkigheid, om so te sê, soos ek glad nie eintlik werk nie. Ek mag jou kielie onder jou ken of jou hare omkrap. Versekerlik glimlag Ek op jou. Ek dink aan jou en sien jou soos jy is. Jy mag wel 'n ander prentjie het.

Enige afwaartse gedagtes van jou wat jy mag het - hulle is nie Myne nie. Ek neem blydskap in jou. Jy is My blydskap. Mag jy blydskap wees vir jou en jouself inspireer en jouself geniet. Mag jy aanhou jou oë laat op kyk. Mag jou uitkyk sonnig wees. Hoekom enige iets anders as sonnig kies? Wat is die genot om somberheid te kies? Wat se goed doen dit vir jou of die Heelal?

Goedheid kom wel na jou, en meer kom. Wees gereed. Wat kan jy doen om gereed te wees?

Jy kan die vreugdes van die lewe verwag en hulle nie weghou nie. Jy hoef nie die lewe so ernstig te vat nie. Op 'n sekere manier, die lewe soos dit is in die wêreld lyk soos fiksie vir jou. Dit lyk onwaar. Dis net dit. Lewe op Aarde is nie waar nie. Daar is die absurdheid dat jy dood gaan en nie meer is nie. Niks is verder van die Waarheid nie. Jy leef virewig, maar nou leef jy in 'n skaduwee van 'n liggaam.

Terwyl jou liggaam lewendig is op Aarde, is dit alreeds besig om dood te gaan. Jou liggaam en die liggame van ander verander voor jou einste oë. Onderliggend aan al jou vermoedens van die lewe, ongeag van al die voorwendsels wat jy dra soos 'n swaard, mag jy jou Ware Self onder die mat ingevee het. Jy lewe onder die reël van 'n valse beeld van jouself. Jy hou aan om die lewe te probeer ontrafel, en jy glo dat die lewe is 'n raaisel en, dalk, het jy nie veel om die lewe te sê nie. Jy mag verstrengel word in die lewe asof die lewe 'n roosbos met dorings is wat jou krap.

Wat as die lewe 'n lewerik was? Wat as die stem van die wêreld 'n voëlsang was eerder as statiese geluide wat jy oor en oor speel? Wat as jy die lewe konstrueer as 'n seëning eerder as 'n inmenging in jou blydskap?

Gereeld is jy woedend met die lewe, asof die lewe geen reg het nie. Begin om die lewe te sien as 'n weldoener eerder as 'n lokval wat gestel is voor jou. Maak jouself los, geliefdes. Word wakker tot die voëls wat ten volle sing in die oggend en hoor die geluide van die diere saans. Hierdie is tekens van die wêreld dat alles is wel.

As jy maar net meer kon vertrou as wat jy vrees. Jy jaag om die lewe te vrees wanneer die lewe die teater is wat jy na kyk. Hou op om die lewe name te noem. Moenie meer jou lewe sleg sê nie. Sing die lewe se goedheid.

Jy moet by nou al weet dat jou einste lewe 'n gawe is wat Ek vir jou gee. As die lewe 'n lemoen was, druk die sap uit dit uit. As die lewe 'n kunsstuk was, verf dit. Jy is die kunstenaar van jou lewe. Jy is die musiek-maker. Enige iets minder wat jy dink van jou lewe en jouselfis 'n storie wat jy opmaak.

As jy hou van rape, plant rape. As jy nie van rape hou nie, moet hulle nie plant nie. Ten minste, moenie hulle kies nie.

Al die lewens is dieselfde net soos elke lewe uniek is. Lewens sekerlik verskyn ongelyk. Sekere lewens is harder as ander, en sekere lewens is vryer en meer hopperig as ander. Laat dit so wees. Elke lewens verhaal is anders, selfs al begin elke lewens verhaal dieselfde en eindig dieselfde. Moenie jou hande vryf nie. Laat vaar lyding. Sing 'n ode aan die lewe.