Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5551 Om Dit Oor Die Brug Te Maak

Heavenletter #5551 Om Dit Oor Die Brug Te Maak

God het gesê:
Wanneer jy oorweldig is met die lewe soos dit gebeur, dan vra Ek jou: "Wie is oorweldig? Is die lewe die Doener in hierdie geval? Of, dink jy Ek is die Doener Wie aandring dat jy oorweldig is?" Dit blyk te wees dat hy of sy wie oorweldig is is die oorweldiger.

Jou arms is vol. Jou kop is vol verantwoordelikheid. Gegewe, die dinge wat jy dra is te veel vir jou. As jy hout gedra het en jy kan nie 'n duisend kilogram oor 'n brug dra nie, dan sal jy die las verminder wat jy dra. Jy sal van dit los en terug gaan om 'n tweede reis van dit te maak. Op 'n eenvoudige fisiese vlak, is oplossings makliker vir jou. Jy sal nie van jouself verwag om te veel te dra op een slag nie. Jy sal nie voel dat jy onverantwoordelik is om van die las neer te lê vir 'n ruk en 'n ander weg vind om dit te hanteer.

Die gewig wat jy nou dra is 'n storie wat jy jouself vertel. Jy boks jouself in. Op die sielkundige vlak, het jy nie net 'n groot gevoel vir verantwoordelikheid wat aan jou behoort nie maar ook 'n groot gevoel vir dringendheid. Addisioneel, het jy dringendheid op jou self opgelê. Jy is, inderdaad, verantwoordelik vir jou gevoel,van dringendheid. Dringendheid is die room op die koek van jou oorweldiging. Dringendheid is oorweldiging en nie regtig die verantwoordelikheid self nie.

Hoe help jou gevoel vir dringendheid en jou prossessering daarvan jou? Glad nie!

Dringendheid en oorweldiging is jou manier om uit te roep: "Wee is ek. Alles is te veel vir my. Ek kan dit nie alles doen nie."

Jy diagnoseer jouself met 'n oorweldigende diagnose en, daarvoor, oorweldig jy jouself. Jy het hierdie gewig op jouself gelaai, dieselfde as wanneer jy oor-eet, jy mag optel, en dan kla dat jy gewig optel.

Jy mag in albei gevalle sê dat jy dit nie kan help nie. Wie, geliefdes, gaan help? Dalk wag jy steeds in die lewe vir 'n genie om te verskyn?

Jy vergroot die gewig van las, en so is jy die een wat nodig is om jouself 'n breuk te gee van oorweldigende las. Alles mag dieselfde bly. Dieselfde moelikhede mag jou volg, tog is jy die een wat oorweldiging moet verlaat. Oorweldiging is nie vir jou nie.

Hoekom so baie van jou energie weg gee in onproduktiewe fladderende rondom wat nêrens gaan nie? Wow, gebruik daardie vermorste kommer energie, en jy sal alles kry wat jou nou oorweldig sal van jou skouers af val. Eintlik, het jy jouself in gedrang gebring.

Dit kan ook gebeur dat die gewig wat jy dra is gemaak van situasies wat nie direk onder jou beheer is nie en jy kan dit nie uitlos nie. Byvoorbeeld, kom Ons sê jou oorweldiging gaan oor 'n ongeluk of siekte wat gebeur het in jou direkte familie. Die gewig op jou is smart. Dit is maklik om te sê jy moet die smart laat vaar, tog is die smart oorweldigend vir jou en lyk net of dit op sy eie tyd sal gaan.

Oorweeg dit op hierdie manier: As jy 'n werk het, moet jy 8 uur by die werk wees. Asof dit maklik is of nie om by die werk te kom optyd, jy kry jouself daar. As jy jou werk wil behou, dan maak jy seker jy is by die werk optyd elke dag.

In die geval van hartseer, jy sal wel weer ten volle funsioneel wees in die lewe. Gee jouself bietjie aftyd, en dan gaan jy terug en werk weer aan jou lewe en jou liefde vir die lewe.

In elke geval, vat jy die volgende stap en die volgende en die volgende.

Wat is jou ware verantwoordelikheid? Hartseer of die lewe?

Wanneer jy klein kinders het, word dit van jou verwag om elke dag te ontmoet ongeag die staat wat jou hart in is. Selfs wanneer jy 'n hoofpyn het, gee jy eenvoudig om vir jou kinders sonder vraag.

Jou Ware Wese dra jou deur . Almal het Ware Wese. Ongesiend. Ware Wese is steeds Ware Wese. Vroeër of later, sal jy dit oor die brug maak. Maak dit vroeër.

"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"