Heavenletter #5549 Die Oseaan Vloei Na Homself
God het gesê:
Almal op Aarde is 'n Soeker. Almal soek iets. 'n Paar soek vermaak. Sekeres, vergetelheid. En sommiges soek My vanuit die dieptes van hul harte.
Jy kan slegs soek wat jy begeer om te vind. Jou begeerte vir Eenheid met My mag diep begrawe wees in die dieptes van jou hart, tog, uiteindelik, is dit Ek wat jy soek, omdat Ek blydskap is. Niemand begeer afwesigheid van blydskap nie. Almal soek baie blydskap.
En almal in die Skepping se harte sal gevul word deur My, in hul harte. Almal sal My gait het, en almal sal saam My as Een ry. Almal, omdat dit My wil is.
Ek sal niemand uitlos nie. Ek het jou na My geroep lank terug, en, jy kan nie My Wil weerstaan nie. Jy mag dalk hardkoppig wees vir 'n ruk en afsondering verklaar, tog sal jy jou storie verander deur en deur.
Hierdie is een parade om by aan te sluit, die parade waarin My Wil en jou wil inlyn is, identies is, is hoogste, en die lyne vul. Daar gaan 'n tyd kom wanneer daar geen Verlore Seuns is nie, omdat alle siele bewus is dat hulle Tuis is.
Vrees word onbekend. Geen fraksie van vrees hou aan nie. Vrees gee op. Vrees se go is uit. Vrees is weg. Daar is geen kommer vir vrees meer nie. Vrees abdikeer die troon en word weg gestuur na 'n verlate eiland. Vrees is nie meer in die prentjie nie. Assebleif, verbeel jou die lewe sonder vrees, omdat dit is besig om waar te word.
Verbeel jou die lewe sonder vrees en sonder die vrees van vrees. Kommernis gaan by die deur uit, om nooit weer gesien te word nie. Verbeel jou 'n kommer-vrye lewe. Verbeel jou jou hoë energie dan. Daar is niks om jou te laat struikel nie, en die lewe is opwindend.
Geen vrees, geen bekommernis. Wat bly dan oor? Dit moet wees dat liefde 'n by-produk is van blydskap. Oh, om te dink dat liefde die leier van die pak is. Oh, om te dink aan liefde en te sien hoe liefde groei soos die dae van somer. Oh om te dink om oor te gee aan liefde, en almal selfbeheersing op te gee, of liefde af te draai. Liefde is aan die styg. Liefde het gewag vir sy opheffing. Liefde het die weg voorberei vir spanning om weg te gaan. Geen meer spanning nie. Geen meer stres nie. Hoekom op Aarde sal iemand vas hou aan sulke kleinighede? Liefde het sy sê en vat oor, en die lewe is ongebonde blydskap en vreugde.
Wanneer almal gelukkig is en vry is om heelhartig te lief, wat meer kan daar wees om voor te vra? Jy, wat liefde is, kom na vore. Drome word waar, getrek deur die Slee van Liefde. Klim op! Kom, Ek het 'n plek gemaak vir jou om te lief en om jouself te lief soos Ek jou lief het.
Hoe goed jy sal leer om te glimlag en lag en by My te bly. Ek hou jou hand vas, en Ek hou jou by My Hart, en hoe gelukkig jy sal wees. Hoe gelukkig Ek sal wees. Hoe gelukkig Ons sal wees. Hoe gelukkig in Eenheid Ons is.
Ons marseer af na waar liefde is en net kan wees. Daar gaan Ons na waar jy nog altyd was en nie bewus was nie. Nou hoor jy liefde. Ons kan nie sê dat jy opgestop is met liefde nie, omdat, sodra jy liefde ten volle ontvang, los jy die bindinge, en jy gee liefde weg, en jy gee oor aan liefde. Jy is ten volle gevul met liefde. Jy bars van liefde, en liefde kom uit.
Liefde skyn soos die son. Liefde neem die wêreld oor en kry die wêreld reg. Almal se liefde is in die regte plek. Liefde is soos die Oseaan, tog hou liefde nie op nie. Die gety van Liefde is altyd tot bo gevul. Daar is geen vermindering van liefde nie. Liefde heers.
Voel jy asof jy swem in 'n Oseaan van Liefde, en dat jy liefde is, en dat jy die Oseaan is wat na homself jaag?
"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"