Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5530 Om Te Woon In God Se Tuin

God het gesê:

Om gemaak te wees deur God, om geliefd te wees deur God, om te woon in God se Tuin en om 'n reis op Aarde en om terug te keer na Hemel -- hierdie is 'n goue een-keer-in-'n leeftyd geleentheid vir jou om blydskap op Aarde te roer. Dit sal vreugde wees as My kinders net die geleentheid sal omhels. Maar, die geleentheid broei vrees. Jy mag selfs die geleentheid betreur asof die geleentheid 'n warm patat is wat vrees en bewing veroorsaak of jou verdoof of jou aan die slaap maak.

Jy mag dalk meer bewing het as vreugde. Hoe verander Ons dit? Waar was jy gewees?

Jong kinders in die lewe weet hoe om vreugde te hê. Hulle verbeter in dit.

Hoekom dan stres en spanning in My geliefdes se lewens? Gaan dit in sonder jou wete daarvan? Word jy gyselaar gehou deur die wêreld? Waar kom al die vrees vandaan?

Hoe kan dit wees dat jy wil weghardloop vanaf die lewe? Jy sal hou van 'n rusplekkie, 'n klein uit-die-pad toevlug vir 'n ruk, 'n breek sodat jy kan herstel, en dan terug gaan na die geveg. Is dit hoe jy die lewe sien somtyds?

Wat beveg jy? Die skepping van jou drome? Die risiko van hulle? Ek moet jou vra: Wat is die risiko van jou drome in jou daaglikse lewe? Is dit die daaglikse lewe wat jou onder kry?

Jou koninklike lojale hart werk vir jou dag in en dag uit. Jy kan nie die kloppe tel nie. Jy kan silwerware tel en jy kan 'n dollar opbreuk in kleingeld, en tog weerstaan jy die vreugdes wat jou omring en aan jou behoort. Sommige dae grou jy 'n sloot en jy wil nie sien nie omrede jou lewe wat jy begeer om te verander het verander verby jou wil, en jy vrees verlies en oorskiet en terug-val. Die mite van tyd lyk of dit inbreuk maak op jou. Jy mag die klop van die klok hoor meer as wat jy die klop van jou hart hoor.

Wanneer jy 'n klein kind is, kan jy nie wag om op te groei nie, en wanneer jy groot is, dan voel jy verlate. As die dae lank of kort is, koud of warm, vol gebeure of nie, jou hart bly klop.

Dit kan nie wees dat jy verveling soek nie, tog mag jy ook vertraag om vorentoe te gaan. Jy mag dalk nie weet watter pad is vorentoe en watter pad is terug nie. Dalk ry jy op 'n trein en jy sit in die teenoorgestelde rigting as waar die trein na gaan.

As jy vreugde kies, sal jy dit nie hê nie? Kies vreugde of kies moegheid. Kies. Kies om vorentoe te gaan. Maak 'n goeie vangs vandag. Geniet selfs die verbygaan van tyd. Kyk anders na die lewe.

Gaan vorentoe in die lewe met entoesiasme. Staan op. Open jou hart. Verwelkom jouself. Sing 'n anderste lied.

Jy het afgedwaal. Jy, My pragtige kind mag dalk plat gelê het op die werk van die lewe, dalk het jy die lewe afgesit tot eendag wat jy jouself vra:

"Wat het ek gedoen? Het ek my lewe gemors? Het ek dit afgesit? Wat het ek gedoen? Ek het gedink ek het al die tyd in die wêreld. Was ek 'n agteros in die lewe in plaas van 'n voetganger? Wat het geword van my begeertes? Waar is hulle nou? Ek is moeilik om tevrede te stel.

"Dit is asof ek myself iewers afgelaai het. Ek het nie gedink nie. Ek het vergeet van die rooskleurige dagbreek en sterre en middernag en die gelui van klokke. Ek het vergeet en is nie heeltemal instaat om te onthou nie. Ek het in 'n diep slaap verval. Is ek al wakker? Wanneer sal ek die komberse afgooi en uit die bed spring vir die vreugde daarvan?

"Wanneer het ek my sintuie verdof in plaas van om hulle te verskerp? Het ek myself uitgesit om te wei? Wanneer het ek begin voorgee dat ek lewendig is en eerder geslaap? Kan ek nou opstaan? Kan ek my kop lig en my oë oopmaak? Van wie moet ek toestemming vra om weer te sing en vrolik wees? Van niemand behalwe myself nie"

"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"