Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5512 Onsigbare Geleentheid Omring Jou

God het gesê:

Geleentheid blom rondom jou. Jou lewe is oorvloedig met geleentheid wat jy nie sien nie. Jy mag dalk nie vir dit kyk nie. Jy mag vermy om dit te sien, so gewoond is jy om oorblyfsels te ontvang, nada, en, ja, wat ek blatant sal noem as nalatigheid. Ek sal jou eerlik vertel dat, gereeld, en selfs een keer is te gereeld vir jou om te sien soos jy tans doen.

Jy mag wel nog nie jouself ge-open het tot die idee dat dit als reg is vir jou om jou hartsbegeertes te ontvang. Jy mag dalk jouself opdrag gegee het dat jy nie mag ontvang nie, dat jy dit ontken moet word, dat dit reg is vir jou om Nie te ontvang nie, dat jou regmatige gevolg is onverkryging, en, op een of ander manier, maak jy onverkryging jou realiteit.

Beslis, as hierdie jou gevoel is, is jy 'n valse profeet, en jy wil eerder dieselfde bly as om vorentoe te gaan. Jy is so seker jy is reg. Jy is so seker dat jy bedoel is om verwaarloos te wees deur die Heelal. In die perverse manier, hou jy jouself as 'n martelaar voor. Somtyds sal My Kinders enige iets doen om dinge te hou soos dit is.

Jy het jouself heeltemal oortuig dat die Heelal nie kan nie, en wil jou ook nie seën nie. Jy het 'n sekere tevredenheid daarin om te stroewel eerder as om die seëninge van die Heelal te ontvang.

En, so, jou huidige beeld van jouself sal jou nie weerhou word nie. Jy sien jouself as 'n harde geluk persoon en jy sal nie jou selfbeeld weerhou nie. Jou selfbeeld is skeef. Jy is dol oor minder as wat jy verdien. Jy is geneig om minder te maak as wat jy verdien as jou cause celèbre. Vir jou verstand, is jy nie eens genoeg om 'n martelaar te wees nie, tog vat jy daai rol aan.

Geliefdes, daardie van julle wat in hierdie kategorie val, hersien jou huidige weergawe van jou plek in die lewe. Jy is die ontkenner van jou God-gegewe regte. Jy weerhou van jouself. Jy vat groot trots in dit. Jy, die buiteperd. Jy, onder die radar. Jy, 'n ongelowige in jouself en trots op jou struwelinge vir geen goeie rede anders as om jou stand te behou, jy, die val-man.

Ek vra jou nou om op te staan van jou spykerbed. Waarlik, jy is gereed vir onvermoë. Jy is verbind om te bewys dat jy is, in effek, buite sig van die seëninge van die wêreld. Niemand anders moet so hard struikel soos jy nie.

Jy mag struikel om te verhoed om ontluikende geleenthede te sien reg voor jou. Jy dra 'n valse beeld van jou. Jy verloën jou meriete in die wêreld. Jy kies terugslae. Jy maak jouself Cinderella wat nooit uit die kombuis kom nie. Jy is op een of ander manier verplig om die wêreld verby jou te laat gaan.

Jy mag harder werk as enigeen anders in die wêreld om jouself te verslaan.

Jy loop reg verby geleentheid wat reg voor jou voete is. Jy verseker dat jy dit nie sien nie. Jy het 'n perverse sin van 'n oorwinning. Om te verloor is om jou reg te bewys. Om te wen sal jou valse beeld vernietig.

Ek vra jou om jou visie te vergroot. Jy verdien als wat goed is. Jy verdien om te ontvang. Jy mag hard probeer om nie te ontvang nie, slegs omdat jy skik vir niks of skik vir 'n klein loon. Jy mag 'n vegter wees vir onreg as dit by jouself kom.

Dit is nie onselfsugtigheid nie, liewe Een. Dit is die hoogte van selfsugtigheid. Jy is meer as geregtig op 'n opeenvolging van sukses. Jy ontken jou regmatige seëninge en beoefen swakheid, en noem jou uithouvermoë sterkte. Jy saboteur jouself regs en links en beskou jouself as seëvierend.

Kom af van jou hoë perd. Sal jy ophou om trots te wees op jouself om jouself as onwaardig te bewys. Stop om jouself te bedrieg. Die blind kan sien. Klim af van die ou treadmill wat jou hou waar jy is. Klim op na 'n nuwe platform wat Ek voor jou plaas.

"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"