Heavenletter #5510 Lewe In 'n Soort Tussen-In Land
God het gesê:
Geliefde, weereens hoor Ek jou praat vanuit die dieptes van jou hart. Ek hoor jou sê:
"Geliefde God, waar wil U my vandag heen vat? Van watter moedeloosheid sal U my lig en na watter hoogtes?
"Dit lyk dat ek geslaap het my hele lewe. Ek het nie geweet nie. Ek was skaars wakker. Ek het nie geweet waar ek was nie. Dis asof ek in 'n soort tussen-in land was, tog het ek ook aan angs gely en my bes gedoen om dit te ignoreer.
"Ek het ook deur dit gegaan wat ek gedink het was vreugde, tog, dit lyk vir my nou, was nie so baie vreugde nie, dalk 'n bietjie verslapping van die toue. Die vreugde was opgemaak. My hele lewe was opgemaak en dat ek nie rerig lewendig was nie. Ek was passief en gevoelloos. Ek was iewers heen, en ek was ook nêrens nie. Ek moes deur die lewe geslaap het. Soms het ek my oë oopgemaak en dan weer toe gemaak. Wat ek gedink het was genot was nie rerig nie. Dit was harder geraas of, dalk, 'n breek in die geraas. Ek was opgesluit in 'n sel van my keuse of wat ek voor volstaan het. Ek wil die lewe ken soos dit bedoel was om geleef te word en bedoel was om te lief. Help my, O God."
Geliefdes, hoe julle gereeld hierdie benadering en verwyt herhaal het tot die lewe. Jy het gevoel of die lewe jou verby gegaan het.
Het al jou drome waar geword, sou jy dieselfde lied sing, omdat jy opgemerk het dat jy 'n kyker is. Jy was 'n kykvoël wat kyk na 'n kykvoël wat kyk. Jy was 'n waarnemer met, dalk, een oop oog.
Die lewe het jou nie verby gegaan nie. Jy, geliefde, het gedut, nie totaal wakker en ook nie totaal aan die slaap nie, maar tog vergeetagtig, sal Ons sê, onwaarneembaar sal Ons sê, nie wakker, ja, tog nie totaal onbewus nie. Jy was sekerlik bewus van wat nie jou harts begeerte was nie, en so het jy jouself oor gesien. Dis waar - jy het nie geweet wie jy was nie. Ons kan sê jy was in 'n sluimering.
Hoeveel dae het jy in die skool gesit, opgelyn, nie begryp wat jy gedoen het nie, nie daar gehoort nie, nie geweet wat skool was nie, tog het jy daar gesit. Jy het gewag om lewendig te wees. In baie gevalle, het jy verkies om te slaap deur dit wat jy gesien het as 'n kaal bestaan. Jy het daar gesit, 'n outomaat van jouself, 'n opgewende speelding wat gedoen het soos dit moes. Jy het ander se gedagtes gekoop en dit as jou eie beskou. In 'n sekere soort gedagtelose wedren, het jy nie durf voel nie.
Jy is reg. Jy het nie geweet wat jy gedoen het of wat jy gedoen het daar in die veronderstelde plek wat jy jouself in bevind nie. Jy het jou lewe gesien, in werklikheid, as 'n verlate eiland. Jy het jou lewe gesien as die draai van 'n kaleidoskoop wat jy in geloer het. Jy was verlore vir betekenis. Jy het deur gekom. Jy het jouself as lewendig gesien. Om so te sê, jy het nie jouself geken nie. Jy was huiwerig om gesien te word. Jy wou nie gesien wees nie. Jy wou nie sien nie.
Jy het oomblikke hier en daar gepluk om op jou bulletin bord van jou verstand te pin.
Jy het meer geleef in verbeelding en in die blaaie van boeke as wat jy gedoen het in die lewe voor jou. Jy het na buite gekyk vir regverdiging van jou voorkoms op Aarde, en jy het dit nie gevind nie. Jy was 'n onbekende tot jouself.
Nou word jy wakker van jou slaap. Jy wil wakker word. Jy wil vry wees van huiwering. Jy is soos Pinocchio. Nou wil jy 'n regte seun wees, 'n geklede pop wat wil lewendig word. Jy wil werklik wees.
Eens, het jy jou lewe oor gesien. Nou wil jy die lewe aan draai en jy wil 'n sekere idee hê van wat die lewe is en wat om lewendig te wees kan wees.
Is jy gewillig om die sogenaamde verlede te laat vaar en hierdie minuut nou hier te betree? Ja, dit is ryp vir jou nou om in hierdie oomblik van die lewe in te loop en jouself te dompel in dit en te sien hoe dit is om 'n deelnemer in jou lewe te wees, om te kyk, nie soveel jou lewe sien verby gaan nie, maar eerder jouself te bekyk. Jy kom uit jou wegkruip plek, en jy sê:
"Ek is hier. Ek is nie op die rand van die lewe nie. Ek is Lewe, en God is hier saam my."
"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"