Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5503 Wat 'n Merkwaardige Geheime Plan Wat Jou Storie Het

God het gesê:

Jy mag dink dat jy nie 'n wonderlike tyd het op Aarde nie. Jy mag jou self oorreed het en die wêreld het jou oorreed dat onder jou omstandighede, moet jy 'n moeilike tyd het, en so het jy die baadjie van wanhoop of woede of 'n slagoffer wees aangetrek. As jy kon weet voor die tyd dat jou spesifieke omstandighede het meriete en sal 'n goeie uitkoms het, hoekom, dan kon jy jou self geniet het die hele tyd.

Ek bedoel, wat 'n storie waarin jy is, wat 'n merkwaardige geheime plan en wat 'n magdom van moontlikhede! In ieder geval, jou huidige omstandighede hou nie aan vir ewig nie, en, gou genoeg, sal jy in ander omstandighede wees. Jy mag alreeds in nuwe omstandighede wees, en, tog, wat doen jy om steeds die verlede te berou?

Kyk, jy ken jou self. Selfs onder wonderlike omstandighede, hou jy aan bekommer want, deur en deur, hierdie wonderlike omstandighede sal nie by jou bly nie, en wat dan? Jy raai dat meer ellende na jou toe sal kom, en dan is jy weer in die putte.

Is jou modus operandi nie iets soos dit nie: Of jy wag om uit te kom van ellende of gevaar of wat ook al jy kies om dit te noem, of jy wag vir die byl om te val en jou klein bietjie tyd van blydskap te verloor. Hierdie manier van dink sal jou vas hou in hulpeloosheid.

In dieselfde omstandighede, vry van bekommernis, kan jy regtig die Dans van die Lewe geniet, een dans na die ander, 'n gooi van die dice, en 'n draai van die Dans van die Lewe. Wat se merkwaardige of verregaande ontknoping is om elke hoek. Verseker, die Lewe flip-flop. Die Lewe is altyd aan die beweeg, en jy mag net sowel saam dit dans. Wees 'n gewillige vennoot. Wees lig van voet. Hierdie is jou lewe reg waar dit is totdat dit op 'n ander plek is, of jy is.

Dit is as of jy 'n tuxedo gehuur het, en jy dra dit in goeie gesondheid. Hoe jy ook al aantrek, jy is steeds jy. Jy verander nie met die klere wat jy dra nie. Die uiterlike is net die uiterlike. Dit is definitief nie die ewige nie. Wat se klere jy ook al in verander, slegs die mantels rondom jou siel verander of word herrangskik.

In die wêreld is veranderings onvermydelik. Hierdie is die natuur van die wêreld.

Jy kan in 'n klein huis bly, en jy is jy. Jy kan in 'n paleis bly, en jy is steeds jy.

Ongeag van jou omstandighede, jy is so gelukkig as wat jy jou self toe laat om te wees. Omstandighede is net omstandighede, 'n baadjie wat jy dra volgens die weer.

Beslis, dit is lekker om op Maklike Straat te wees. En wanneer jy oor die wonder van lewe op Maklike Straat kom, bly jy net so gelukkig as wat jy jou self toelaat om te wees.

Vroeer of later, kom dit neer op jou en die blydskap kwota wat jy jou self toeken.

Een manier om blydskap te verkry, ongeag van jou omstandighede, is om van 'n ander hoek te kom. Dink aan hoe jy blydskap aan 'n ander kan gee. Onderlyn hierdie: Een weg na blydskap is om op te hou dink aan jou self. Te veel aandag op jou self is soos om te oor eet. Jy pleister jou self oor hoe en wat jy voel. Jy sluk dit als af. Glo My, fokus op jou omstandighede is bedoel om te eindig, dis beslis nie oneindig nie.

Dit is 'n bietjie pynlik om te dink aan die tyd en aandag wat jy vermors op jou self. Jy bou jou Tee van Lewe met bekommernis wanneer jy vir 'n ander kan glimlag.

Wanneer jy dink aan iemand anders, verbreed jy jou horison en hulle s'n. Jou gedagtes reik uit. Jou gedagtes word ontvang, somtyds direk, en somtyds sonder kennis vir jou en die persoon waarop jou gedagtes is.

Dit is wat Ek jou vra om te doen: As jy ly, maak nie saak wat die rede, dink aan iemand anders wat jou lyding sal weg vat. Lig 'n ander se hart, maak nie saak hoe liggies, en jy sal jou hart ook op lig, en so aan na die wêreld.

"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"