Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5491 Waar Kruip Jou Liefde Weg?

God het gesê:

As jy selfsugtig is, waar kruip jou liefde weg? Selfsugtigheid is nie eens liefde vir jouself nie.

As jy maak of jy lief het, wat doen jy?

As jy jouself opoffer, hoekom?

As jy jouself verwaarloos, waar kan jou liefde wees?

As jy jouself af druk, druk jy jouself af.

As jy probeer om almal tevrede te stel, dan is jy nie suksesvol om enige een tevrede te stel nie. Meeste van als is dat jy jouself ook nie tevrede stel nie.

As jy ongelukkig is, wat doen jy behalwe om jouself te verlaat? Daar is beter dinge vir jou om te wees en te doen.

As jy jouself nie waardeer nie, wie gaan jou waardeer? Begin nou, asseblief. Plaas 'n hoër prys op jouself.

Wanneer jy nie eerlik is met jouself nie, wie bluf jy?

As jy nie goedhartig is aan ander nie, dan weerhou jy liefde van jouself. As jy jouself lief het, sal jy goedhartig teenoor almal wees.

As jy nie iets omtrent jouself doen nie, wie gaan dit doen? Daar is geen keuse behalwe om jouself op te lig nie. Doen dit wat jou sal help om na jouself te kyk met liefde en sodoende na die wêreld te kyk met liefde.

Om jouself stukkend te werk, help nie om jouself lief te hê nie.

Om lui te wees help nie om jouself lief te hê nie.

Om jouself nie lief te hê nie is nie 'n keuse om te maak nie, tog te veel maak hierdie keuse as een of ander vergelding.

Geen meer jouself oorsien nie. Geen meer van jouself weerhou nie. Geen meer selfbejammering. Geen meer loop op 'n hoë- tensie draad nie.

Geen meer valse bravade nie. Geen meer jouself bluf nie. Geen meer jouself afsny nie. Geen meer skielike rigting verander nie. Geen meer ander blameer nie. Geen meer besluit dat ander is verantwoordelik vir jou woede of depressie of geluk nie.

Waarheid van nou af.

Waar is jy en wat moet jy doen om iewers te kom? Ja, jy moet iewers kom. Ten minste, tensy jy jouself lief het, moet jy uitkom van waar jy jouself vas gemaak het. Verwaand is nie jouself lief hê nie. Om verhewe te voel oor ander is om nie lief te wees vir jouself nie.

Jare van stadige self weerhou is nie okay nie. Self weerhou is nie waardig van enige kind van My nie, en julle is almal Kinders van My wie Ek lief het.

Wie is jy om te dink jy is ongeliefd? Hoeveel siele trek jy af, en hoe waag jy? Jy is op die Aarde om die son te laat skyn.

As jy jouself viktimiseer, is dit nie My Wil nie.

Kom praat met My. Kom Ons klaar die Lewe uit. Kom Ons klaar dit uit nou.

Wees My liefde en wees al die genade wat Ek jou ontwerp het om te wees. Kom Ons doen dit nou, nie later nie. Nou. Kom oor hier na My toe op die dubbel, onmiddellik. Klip, klop.

Laat die verlede agter. Styg nou.

"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"