Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5489 Bestanddele Om 'n Koek Te Maak

God het gesê:

'n Vergelyking vir lewe soos dit gebeur kan toegepas word deur om 'n kok of moeder wat 'n koek bak te vergelyk. Daar is spesifieke bestanddele wat bymekaar kom, baie kom van die land waarin die bakker bly, tog sekere bestanddele reis van ver-af lande, soos byvoorbeeld, vanilla vanaf Zanzibar.

In terme van die ma, sy het dalk nie 'n spesifieke bestanddeel by die huis wat benodig word vir die koek. Miskien het sy nooit eens gedink om hierdie koek te maak nie, totdat die buurvrou vars geplukte appels voor haar deur gelos het, en nou wil die ma 'n appelkoek bak.

Somtyds gaan twee skepe verby mekaar in die donkerte, of, in kontras, twee lang verlore broers van teenoorgestelde kante van die Aarde ontmoet skynbaar in 'n onverklaarbare wyse.

In terme van 'n deeg kok, dalk het 'n verkoopsman 'n sekere proefie agter gelaat wat gelei het tot 'n spesifieke resep. Dit is nie rerig een persoon wat 'n koek maak nie, is dit? So veel en so baie dra by tot die resep. Dit kan gesê word dat 'n spesiale resep 'n gelukkie was, of, dit kan gesê word dat die resep bestem was. Eintlik, jy mag dalk ponder oor hoe daardie spesifieke resep en daardie spesifieke bestanddele wat gelei het tot 'n merkwaardige koek, bymekaar kon kom so maklik soos dit het. Dinge in die lewe kom bymekaar.

Jy kan ook wonder hoekom daar nooit einde is aan nuwe resepte nie. By nou al, is nie al die moontlike bestanddele alreeds bymekaar gesit sodat geen nuwe kombinasies oor is nie? Tog, nuwe kombinasies blyk nooit te end nie.

Jy mag ook wonder, hoe 'n sekere getal van beperkte letters in die alfabet van enige taal oneindige woorde kan herproduseer. Jy wonder of die dag sal kom wanneer al die woorde gebruik kan word in alle moontlike maniere. Jy mag ook wonder dat daar steeds maniere oor is om woorde te rangskik in 'n oneindige getal stories. Nie te min, alle moontlike stories hou aan verskyn. Miskien is daar nie ophou nie. Miskien is woorde en stories oneindig.

Name in een land mag snaaks klink vir mense van ander lande wie se taal nie sulke name het nie.

En hoe is dit dat vrae nooit ophou nie? Hoe kan dit nie wees dat al die vrae van die wêreld nog nie gevra of beantwoord is nie?

Daar is 'n woord in elke taal wat vordering beteken. Net die idee van vordering impliseer dat vrae kan vir ewig aangaan en dat daar is altyd iets nuut en nuut en nuut.

Baie mense mag dalk begeer om te lewe in pleiner tye sonder 'n TV en selfone toe die lewe minder vinnig was. Daar blyk altyd iets anders te wees. Wat eens so modern was mag nou uitgedateer wees. Wat nou gemors is mag eens op 'n tyd 'n skat gewees het. Wat eens gemors was mag nou 'n skat wees.

Alles in die wêreld verander deur en deur. En jy verander. Buie is nie die enigste ding wat verander nie. Terselfde tyd, lyk dit of sekere dinge nooit verander nie.

Liefde is altyd nuut, tog liefde verander nie. Valse liefde gaan ook aan, dalk met 'n nuwe verf, tog, steeds dieselfde storie wat dit altyd was.

En tog, Ware Liefde vul die wêreld ook. En moedersliefde en broederlike liefde bestaan. En My liefde is 'n konstante. My liefde het nie een bietjie verander nie. My liefde mag dalk ten toon gestel word in verskillende maniere, tog is My liefde onveranderd.

Jy mag lief wees om te hoor van Eenheid. Jy mag dalk 'n klein voorsmakie van dit kry elke nou en dan. Eenheid ondersteun die wêreld. Liefde hou die Heelal aanmekaar. Liefde is in jou hart nou.

"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"