Heavenletter #5484, Bring 'n Broer Saam Met Jou
God het gesê:
Jy mag by my voete wees en vra:
"God, asseblief laat my familie die lottery wen, of, op een of ander manier, God, laat Goeie Geluk nader kom sodat ons volgende in lyn kan wees vir rykdom. Nou, soos ek U dit vra, voel dit nie reg vir my om U dit te vra nie, want dit kan moontlik my ego wees wat vra. Dit is nie dat ek nie baie hard gewerk het nie, God, tog, iets voel nie rerig reg vir my om dit van U te vra nie.
"So, ek vra dit nou anders. Liewe God, mag my familie en ek vervul dit wat ons s'n is om te vervul? Het ons moontlik ons eie begeertes geblok? Het iets binne my, my familie se begeertes verdruk? As ons 'n blokasie het as gevolg van 'n sekere vrees of bedreiging binne ons, dan, iets binne ons moet dit ontblok wat ons terughou om ons belangrikste begeertes te vervul. God, help ons asseblief om groot handhawende geluk te herken. Laat ons dankbaar wees vir alle soet winde wat waai."
Ja, antwoord Ek jou, hoekom sal Ek nie? Dit sal My plesier wees. Sommige mense moet 'n ruk wag vir hulle wil om te blom of hulle Ware Wil om te kom vanaf 'n ander rigting. Dalk moet jy wag. Dit is iets wat kom vir 'n rede van jou eie. Dit is nie iets wat Ek bepaal nie. Dit is iets wat jy beveel.
Hier is hoe Ek voorstel jy opstaan elke oggend:
Staan op met die idee dat baie seëninge is oppad na jou toe.
Gaan elke aand bed toe met dieselfde soort idee in jou verstand. Dink:
"Wat ek begeer behoort aan my. Laat my geseënde gedagtes alle seëninge verlig. Ek het hierdie gedagtes in my eie verstand as vreugde vervullende gadagtes. Laat dit wees dat my gedagtes soos 'n lappie wat silwer poleer is. Ek trek die kragtige gedagtes dat my begeertes vervuld en gedeel is, aan.
"Ek gee my begeertes 'n ligte politoer wanneer ek wakker word en wanneer ek gaan slaap, slegs 'n mooi ligte polering. Geen groot werk nie. My begeertes sal my vind. Kalmte sal my gedagtes verlig wat my harts begeertes aantrek en verkondig. Ek is nie angstig nie. Ek is goed bewus. My begeertes vind hulle pad na my toe nou."
Jy verstaan dat die begeertes wat jy uitdruk vra om opgedateer te word. Jou begeertes wil na vore kom sonder enige moeite. Maklik doen dit. Jy is nie gretig en ook nie behoeftig nie. Jy moet dit nie hê nie. Jy wil jou begeertes ontmoet en aanvaar net soos jy 'n appel aanvaar wanneer iemand jou 'n appel aanbied. As appels die genies van jou gedagtes is, dan sal appels na jou aangetrek word en sal wil hop in jou arms in.
Ek offer Myself aan jou in dieselfde manier. Ek is ywerig om jou te ondersteun. Om jou te ondersteun is om My te ondersteun. Ek ken nie die verskil nie. Ek staan werklik nie op seremonie nie. Ek sien geen verskil tussen om jou te bedien of Myself nie. Wanneer Ek hard kyk, sien Ek net 'n verskil in jou siening van My en die Lewe en al sy vertakkings terwyl Ek jou sien as die liefdeslig wat voortspruit vanaf jou oë. Oorgelaat aan My Eie aksies, is dit wat Ek sien. Ek wat alles weet vind dit baie moeilik om te verstaan hoekom jy My nie wil aanvaar as Jou Eie Self.
Ek herhaal en herhaal dat Ons is Een. Jy kyk na My liefdevol, tog kyk jy na My as of Ek te onskuldig is vir hierdie wêreld. Om Hemels naam, Ek het die wêreld geskape, en Ek het jou geskape vir My Eie Vreugde. Gee My My Vreugde. Gee dit vir My gretig soos wat Ek nou voor jou staan. Moenie voorgee nie. Ek offer Myself aan jou. Ja, ja, ontvang Jouself van My af nou onmiddellik.
Beslis, sal Ek Myself vir jou offer sonder uithou. So snaaks soos dit mag lyk, jy hou terug. Kan jy jouself voorstel die verhoog wat vir jou opgestel is voor jou! Laat Ek dit kort-af sê:
Wanneer God jou uitnooi om nader te kom, sê, "Ja, God." Bly by My met selfvertroue, of verbysterheid, dit maak nie saak nie. Die belangrikste ding is dat jy by My bly. Ten minste skuif nader aan My.
Regtig, wat maak dit saak as Ek nader aan jou skuif, of jy nader aan My skuif? Dit is wat Ek vir jou sê. Hou aan om nader aan My te skuif en trek voordeel van jou erfenis. Hoekom op Aarde sal jy soos 'n vader-lose kind optree as Ek reg hier is saam jou met My liefde? My liefde was altyd vir jou bedoel. Altyd, is daar 'n warm plekkie in My hart vir jou.
Wanneer Ek jou 'n feesmaal aanbied, moenie wag totdat elke laaste man op Aarde ge-arriveer het nie. Kom, sit, en aandete sal bedien word. Binnekort sal baie kom, of dalk, sal jy mêre kom en 'n broer saam bring met jou.
"Written by Gloria Wendroff
Translated by Dawie Steyn"

