Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #2443 Engele

God het gesê:

'n Tiran kan nie bestaan as almal hul eie soewerein is nie. Hoe kan daar 'n boelie wees as almal sterk is in hul eie waardigheid? Daar sal nie 'n boelie wees of geboelie word nie.

Regeer jouself. Moenie oproerig wees nie. Verstel na 'n groter gesag.

Julle is nie onderdane in die wêreld nie. Julle buig nie julle knieë vir enige persoon nie, julle buig vir almal. Buig vir jouself.

Die wêreld is joune. Dit is nie iemand anders s'n nie. Ek noem dit nie eens My wêreld nie, alhoewel Ek dit geskape het. Ek het dit geskape en na die mees verste realms van die Heelal gegooi., en Ek het dit op die waters gewerp, en Ek het jou in My beeld geskape. Daarvoor, skape Ek jou in skoonheid, krag, glorie, en die soetigheid van liefde. Ek het jou getender as 'n sagte wese, geliefdes. Niemand moet sagheid aanval nie. Niemand mag een gram van jou krag of skoonheid van jou vat nie. Jy moet dit als gee, nie as 'n teken van vriendskap nie, maar in getrouheid aan My en daarvoor na jou medemens. Ek gee jou oor aan alles wat goed is. Jy is goed. Nou gee jouself oor.

Jy is nie gemaak in 'n valse beeld nie. Jy is nie vals nie. Jy is gemaak in 'n beeld van Waarheid. Daar sal geen tiranne op Aarde wees nie. Daar sal geen getiraneerdes wees nie. Daar sal engele op Aarde wees, en jy is een. Gee in, geliefdes, gee in tot jou ware natuur.

Engele is nie noodwendig engele nie. Hulle hoef nie prentjie-perfek te wees nie. Engele kan rakkers wees wat baie plesier het, maar nooit ten koste van 'n ander nie. Al My engele, op Aarde of in Hemel, is sterk en hartlik. Hulle is nooit minder nie. 'n Engel in 'n steenkoolmyn is steeds 'n engel.

Nou sal jy begin om engele op te merk op Aarde. Jy is omring met engele, en jy staan saam hulle. Ja, jy is een van die engele wat Ek na Aarde gestuur het. Ek het jou gestuur as 'n seëning. Ek het jou geseën om die Aarde te seën en al sy inwoners. Julle is saam-regeerdes op Aarde, gestuur om dit voorteberei, gestuur om siele te oes soos rose, om harte te voed sodat almal hulself kan ken en hul ware karakter en waarvan hulle gemaak is.

Jy is gemaak van My liefde. Jy is nie gemaak van enige iets anders nie. Jy is nie 'n karton-karakter nie. Jy is 'n engel van goud. Dit is nie te goed om waar te wees nie. Dit is waar.

Wat anders kan jy wees as 'n engel op Aarde? Jy kan nie so ver van Hemel wees as wat jy geglo het nie. Jy is glad nie ver weg nie. Binne in My Hart, is jy in Hemel, en hemellik is jy as jy My nou glo of nie. Maar glo My, en vlerke van Ons liefde sal begin te spruit voor jou einste oë.

Dalk het jy 'n valse prentjie van Hemel. Pêrel wit hekke is 'n metafoor. Hemel Self is 'n metafoor. Als van die lewe is 'n metafoor. Wat sal Ek jou mee vergelyk? Ek kan jou net met Myself vergelyk. Daar is geen ander vergelyking nie. Jy is My Ware Liefde. Ek het een ware Liefde, en dit is jy. Ek het jou lief met My hele hart. Ek lief die wonder van jou. Jy is wonderlik in My hart. My hart is vol van jou.

Waar kan jy wees behalwe in My hart? My hart is een met joune. Ons is verlief. Ek is beslis verlief op jou. Daarvoor, jy is diep in My hart, diep in die Hart van Liefde wat die wêreld verower het met Liefde Self, omdat daar is niks, geliefdes, daar is niks behalwe liefde nie, en nou is jou hart geteister met liefde wat te sê is dat dit voorbereid en vet is met oorvloedige liefde. Hoor die liefde. Voel die liefde. Ek pomp jou hart met liefde nou.

"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"