Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5687 Soos 'n Man Dink

God het gesê:

Miskien het jy nie enige moeilikhede nou nie, tog het die lewe sy bumps gehad vir jou. Jy mag dalk hoog vlieg vandag. Terselfde tyd, kan jy wed dat daar is daai wat oorval is met wat die wêreld identifiseer as moeilikhede. Elke Heavenletter is vir jou iewers in jou lewe.

As jy sonder dit is wat jy as ongeluk bestempel, goed so! Bly so.

En as jy is met wat jy bestempel as ongeluk, tot enige graad, verdraai die idee van ongeluk om in seëninge wat gaan kom. Wees reg vir geluk. Geluk val op almal.

Jy het tot hier gekom. Ek sê jy het stralend deur gekom. Die lank en die kort van dit is dat jy is die een wat jouself diagnoseer as verdruk of af-van-hart.

Jy weet baie goed dat jy mag depressief of verslaan of afgeblaas voel vandag. More mag niks aan die buitekant verander het nie, tog kan jy more eenvoudig beter voel. Jou gedagtes is die metronoom van jou bui van goedheid en net so van wanhoop.

Natuurlik mag jy hieroor stry, maar wat is die punt? Hoe doen die stryery vir die meriete vir jou redes vir wanhoop, wanhoop verminder? Skaars.

Werk vir jouself, en nie teen jouself nie.

Seën die wêreld, en seën jouself.

As jy 'n kanoe roei op 'n rivier, en jy het 'n keuse om opdraend of afdraend te roei, sal jy aandring om opdraend te roei? As jy van rigting kan verander, hoekom op Aarde sal jy nie? Sal jy regtig vashou aan 'n nie-helpende idee wanneer daar helpende idees is om van te kies? In plaas van vashou aan 'n ou uitgetrapte idee wat jou dieper in die doldrums grawe, kies nuut. Wat is algemene kennis in elk geval?

Wat Ek voorstel is inderdaad om realisties te wees. As jy werklik 'n verandering in die temperament van jou lewe wil hê, is dit inderdaad realisties.

As jou huidige lewe is soos jy dt wil hê, meer mag vir jou. As jou huidige lewe nie is soos jy dit wil hê nie, hoekom op Aarde wil jy daaraan vashou? Om Hemels naam, as jy 'n kar het wat nie wil aanskakel nie en jy het oor en oor probeer, hoekom nie iets anders doen wat jy al solank probeer nie?

Ek sal herhaal dat die lewe is nie iets om aan vas te hou en hou soos dit is nie. As jou lewe afgedruk was en jy wil vorentoe gaan, dan is daar veranderinge vir jou om te doen. Die veranderinge is gewoonlik in die manier wat jy dink. Daar is 'n dial vir jou om te draai.

As jy voel of jy 'n slagoffer van die lewe is, verander jou denke. Modereer jou denke. Jy hoef nie aan te hou dink soos jy gedink het nie. Eerlikwaar, jy is nie slimmer as die ander nie, en jy moet nog ver gaan om by My denke uit te kom en My visie. Begin nou.

Wees oop vir nuwe denke.

Die Lewe verander. Help die Lewe om te gaan in die rigting wat jy wil gaan. Jy is nie hulpeloos nie, en so moet jy ook nie sonder hoop wees nie. Ek sê vir jou dat jy die vermoë het om die klimaat van jou lewe te verander. Dit is 'n ongekompliseerde proses om jou lewe los te draai. Die formule is eenvoudig. As jy jou lewe wil omdraai, draai jou gedagtes om. Jy sal alreeds hierdie formule gebruik het as jy nie so gierig was om hardkoppig te wees nie. As jy jouself ingegrawe het, grawe jouself uit nou.

As jy siek in die bed is, deur watter wet moet jy siek bly? Dit is nie 'n wonderwerk wanneer jy beter word nie. Dit is nie 'n groot moeite om beter te word nie. Dit is glad nie 'n uitgemaakte saak dat jy siek moet bly nie. Wie sê jy moet siek bly?

Moenie die krag van die verstand onderskat nie. Moenie die krag van jou verstand onderskat nie.

"Soos 'n man dink."