Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5685 Jy Is 'n Danser Van Lig

God het gesê:

Jy wag nie vir die wêreld om jou te inspireer nie, doen jy? Beter dat jy jouself inspireer, en so die wêreld inspireer.

Hierdie is nie 'n vertoning waarvan Ek praat nie. Jy is 'n cheerleader, tog gooi jy nie 'n silwer baton nie. Groter as 'n cheerleader, dit is so dat jy 'n Wese van Bewussyn is.

Wanneer jy 'n kers aansteek, dan skyn die lig van die kers op almal. Verder, as gevolg van jou, het ander die vermoe om hul kerse aan te steek met joune. Die lig wat jy in die wereld inbring word vermenigvuldig. Jou bewussyn verlig die wereld. Bewussyn leef!

Moenie langer wegkruip van hierdie verligting nie.

Geliefdes, julle is nie op parade nie. Julle is nie 'n produksie nie. Julle is die Ware Ding. Julle is Lig Draers. Julle is Wereld-Verhelderder. Julle is die Lig van die Wereld wat lank terug aangekondig was. Wees dit.

Julle het nie horings en trompette nodig nie. Wanneer jy aangesteek is, dan is die kamer verlig. Jou lig dien. Jou lig is nie privaat besit nie. Dit is onmoontlik om nie jou lig te deel nie. Gaan uit en deel jou lig.

As Ek Lig is, dan is dit jy wat My lig skyn.

Jy moet dit nie wegsteek nie. Jy moet die wereld vonk. Jy is die lig skakelaar van die Heelal. Jou Wese reflekteer My Lig.

Vat 'n diep asem. Wees gemaklik om die wereld te verlig. Dit is onvermydelik dat jy dit sal doen. Dit is outomaties. Jy is Goddelike Lig, en so skyn jy.

Dit is almal se bestemming. Dit is jou bestemming. Jou lig gaan aan oral oor die wereld. Skouspelagtig!

Moenie vir My se die wereld word nie helderder nie. Moenie vir My se daar is nie meer glimlagge nie, meer vriendelikheid, meer sagheid reg voor jou oe. Moenie vir My se dat jou eie lewe nie meer onderbreuk word met 'n groet wat jy lank al na verlang nie. Hierdie sensitiwiteit kom uit van jou ook.

Moenie vir My se dat die wereld het nie verander reg voor jou oe nie.

Daar is baie in die wereld wat verander het. Kyk vir dit, en stuur dit aan.

Jy het 'n plek in die wereld. Dit word oop gehou vir jou. Betree dit nou, en seen die wereld en almal in dit. Seen jouself.

Wie in die wereld kan nie meer seeninge gebruik nie? Nie die minste jy nie.

Jy is prominent in die wereld. Daar is geen uitsonderings nie. Daar is geen verskonings nie. Tel die klop van My Hart op nou. Vang dit. Kry die klop.

Daar is 'n Dans Stap in die lewe wat jy leer. Neem waar.

Staan voor die wereld en betree die dans. Dans voor die Heelal. Dit is nie 'n klein ding nie. Dit is toonaangewend. Die Aarde is hier vir jou om op te dans. Laat daardie bene beweeg. Geen meer terug hou nie.

Moenie dink dat jy dit naboots nie. Nee, jy leef. Jy het op die troon gesit lank genoeg. Staan op vanaf die troon. Verras die wereld en jouself. Jy is 'n Danser van Liefde, en, so, dans jy. Dit is hoe jy uitvind Wie Jy Is, nie deur te sit nie, maar deur te dans. 'n Danser dans. Jy is 'n Danser van Lig.

Jy moet vir niemand wag nie. Jy moet sekerlik nie wag vir jouself nie.

Moenie vir jouself se dat jy wag vir My om eerste te gaan nie. Jy is eerste in lyn. Jy is die Trompetter van die Wereld.

Dit is jy wat die wereld voor wag. Draai jouself onderste bo en binne na buite en dans soos jy nog nooit gedans het nie.

Jou hart dans. Liefde dans. Jy is 'n Beginner van Liefde. Jy is 'n Dans Onderwyser. Selfs al het jy nog nooit gedans nie, nou dans jy tot die Klop van My Hart.

Lig van Hart, nou sien jy dat jy ook Lig van Voet is.

Maak jou verklaring nou. Maak wakker die wereld, en maak jouself wakker.

Jy is nie 'n klein fragment van die wereld nie. Jy is die wereld. Jy is die Een wat Ek gestuur het.

Steek aan daardie Kerse. Laat die Vlam van Liefde jou oe verlig. Dit is jou beurt nou. Sien hoe goed dit voel.

Okay, jy is aan.