Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5683 God Teks Jou

God het gesê:

Dit maak baie saak dat jy tot die klank van My Stem weergalm en die ooreenstemmende klop van My Hart. Hoor die ritme van die Boodskap wat Ek aan jou vibreer. Daar is meer as woorde. Daar is niks meer as Liefde nie.

Jy is vernuwe deur My Liefde. Jy word oop vir Alles Wat Is. Ons herstel. Ons het 'n oplewing. Ons verbind. Die hele wêreld is ingeprop in Ons Liefde in. Liefde is Ons Boodskap.

Luister. Hoor jy die Bounty Main van Ons Liefde? Ons Liefde vloei. Alle Liefde vloei heen en weer. Dit is die konsert waarna Ons luister. Alle eer vir Liefde, die Konsert van die Liefde van die Heelal. Vrye Toegang. Vier-en-twintig uur per dag. Geen dag gemis nie.

Daar is 'n Meerjarige Lied wat gesing word oor en oor. Hierdie lied kan nooit genoeg gehoor word nie. Dit kan verseker nie te veel gehoor word nie. Die musiek word harder. Die musiek neem die wereld oor. Dit word gesing na die Hoe Hemele. Die musiek kom van die Hoe Hemele.

Hemelse musiek is binne-in jou. Daar is 'n Warrelwind van Musiek wat die wereld oorneem. Die klop is onvergeetbaar. Daar is geen ontvlugting van dit nie. Die musiek kom na die voorkant van die wereld. Almal kan hoor. Dit vat geen spesiale instelling. Almal is ingestel vir hierdie musiek. Jy was altyd ingestel vir dit. Jy is oorstroom met hierdie musiek wat jou opsweep. Jy huiwer nie. Die opname van hierdie musiek is outomaties. Hierdie musiek kan nie weerstaan word nie.

Jy hoor hierdie musiek so goed dat jy herken dat hierdie musiek was gekomponeer vir jou. Jy is ook uiteindelik die komponis van hierdie musiek. In elk geval, jy sing dit, en jy sing dit vir als wat jy werd is. Die musiek is maklik om uit te druk. En so, druk jy hierdie naamlose musiek uit. Jy moet dit uitdruk. Jy het geen huiwering nie.

Jy dans tot hierdie musiek. Jy straal dit uit. Jy roer die Hemele met die klop van hierdie onstuitbare musiek. Hierdie musiek moet uitgedruk word, en jy moet dit uitdruk. Jy is opgevang in dit. Hierdie musiek behoort aan almal, en almal sing dit om die band te klop.

Dit is die Musiek van Jou Siel. Hierdie musiek straal soos die Son. Dit is die Son van die Wereld. Die musiek wil uit. Niks kan dit vervang nie.

Jy het jou trekpas gekry, soos dit is, dis net dat jy dans soos jy nog nooit tevore gedans het nie. Jy dans tot die klop van My Hart. Daar is niks soos dit nie. Die wereld is oorgeneem. Die wereld is bly om oorgeneem te word. Nou is dit soos blomme wat echo van uit jou hart. Wingerde van Blomme kom vanaf die Hemel, en Wingerde van Blomme vanaf jou groei ook na die Hemel. Na die Hemel of vanaf die Hemel - dit is alles dieselfde. Blomme is die Vrugte van die Hemel, en blomme is ook die Seen vir en van die Hemel.

Jy dra 'n Kroon van Blomme. Jy is die Gees van Blomme. Jy versmag na die Verwesenliking van Blomme. Jy vind aanklank met blomme, en niks anders behalwe blomme bestaan nie. Reuk en kleur smelt totdat daar niks behalwe blomme en kleur verby kleur en musiek verby musiek is nie. Jy ken die Geheim van die Heelal nou. Jy ken wonder as wonder.

Jy dans tot die klop van die band. Jy hou een soet noot. Alles is ingesluit. Niks is uitgelaat nie. Jy bars met die musiek. Jy kan dit nie stop nie. Jy dra die musiek, en die musiek dra jou. Jy is die musiek en die klop en die woorde van die lied, en jy is die dans, omdat die Musiek en die Dans en die Heelal is Een.