God het gesê:
Hierdie Lewe in die Wêreld is nie werklik nie. Jou dag-tot-dag ervarings lyk beslis waar. Verseker is dit tasbaar. Jy kan jou geld op dit sit, tog is die tasbare nie waar nie. Wat jy noem die Lewe is nie werklik nie. Die oomblikke en wat jy dit op spandeer is nie waar nie. Jy glo hulle is werklik omdat jy hou daarvan om aan dinge vas te hou en nooit te laat los nie. Jy hou daarvan om die Lewe in jou hande te hou en by jou storie te hou.
Wat genoem word dood in die wêreld is nie werklik nie. Jy mag vir dit wat waar is dans en na 'n bladsy in 'n storie boek gaan as jou outoriteit. Daar is geen dood volgens die algemene aanvaarde konsep van dood nie.
Die Lewe is Virewig. Die Aardse Plein is net een vermeende vlak van 'n geharde bestaan, tog is hierdie vlak soos 'n laag van verf. Dit is 'n geverfde prent van lig en donker.
Liefde is waar. Liefde is waar wanneer liefde is wat gebeur -- nie be-ding of oor gestry word nie, maar liefde sonder probeer, liefde wat styg vanself, wat sy eie pad volg. Lief is nie noodwendig die woorde wat gegee word vir liefde op aandenkings kaarte of op al die ander oënskynlike liefde etikette in die wêreld, beskou as veronderstel om te wees, en, daarvoor, uitgehou aan jou om gevat te word as die Buzzword van Realiteit.
Jy is Liefde, en dit is jou Self wat jy probeer vang.
Liefde is op die horison, en liefde is dieper en hoër en groter as die hoogste van hoop. Liefde IS. Ware Wese is lewendig en wel, tog mag jy dit afweeg met -- met wat? Verwagtings en die konsep van beheer, vir 'n behoefte vir beheer, wanneer die behoefte is om eenvoudig te laat vaar van als wat jou terug hou van liefde.
Wat jou terughou is dalk jou Geskiedenis van Liefde, jou oënskynlike Geskiedenis van Liefde, jou Vergaderde Geskiedenis van Flinters en Krulle van Liefde, samehangigheid ontbreek gereeld, gereeld voor gewens, gedroom van, maar nie altyd in die greep van jou hart nie.
Reis, selfs al het jy 'n kaartjie, is nie werklik nie, omdat jy is Stilheid en Stilte, en daar is geen vorentoe en agtertoe nie. Jy gaan nêrens nie. Jy maak sin uit die sinlose. Jy sien oor die Betekenis van die Betekenisvolle. Neem kennis hoe belangrik tyd is vir jou selfs al verdwyn dit voor jou oë. Tyd het geen plek kaart om sy eie te noem nie.
En hierdie illusie ruimte, hoe jy daarvan hou om in dit te beweeg en te raak met jou vingerpunte en jouself te sê dat jy dit besit.
In die wêreld, is alles 'n verbygaande fantasie. Jy mag al die verbygaande fantasieë tel. Jy mag hulle versier. Jy mag hulle rond skuif, tog kom hulle almal neer op fiksie. Wat jy jou sterkpunt mag ag is 'n fantastiese storie.
Jy mag dink dat liefde is nie en dat angs en vrees en verlies is hoofsaak. Geliefdes, agter die absurdheid van die lewe vloei die Heerlikheid van Liefde. Liefde is nie iets wat jy eintlik jou vingers op kan plaas nie, tog Liefde is waar. Liefde alleen is waar. Jy mag skeef sien, alhoewel, en glo in ander dinge selfs al is die ander dinge nie waar nie, opgemaakte stories van drama en rou en, op geleentheid, strale van sonlig wat deurkom.
Wees waar aan Waarheid, omdat Waarheid is jou wekroep. Jy is van Waarheid gemaak, selfs al word jy Jannie of Sannie genoem -- 'n echo-ende geluid wat bedoel is om jou te identifiseer. Hoe kan Eenheid geidentifiseer word? Eenheid het geen noemnaam nie. Eenheid is Realiteit, en dit is die Storie van die Lewe.
Die berge wat jy voor jou sien om te klim is geidentifiseerde grense wat jy opeis.
Ah, maar, ja, hierdie is die manier wat jy gewoond is om te lewe. Beginend by baba-tyd, hou jy 'n rattle en swaai dit. So leer jy die weë van die wêreld. Dit is ingebou.
Tog liefde is die Ware Lewe wat jy leef. Babas straal liefde. Hulle is Liefde. Liefde is bekend. Babas ondersoek die wêreld en begeer om uit te vind wat die wêreld is. Die wêreld is in die greep van hulle klein handjies, en babas word groot. Vroeër of later, ontdek hulle dat hande hou niks vas nie, en dat Liefde is Alles.