God het gesê:
Julle, wie ookal se oë op hiedie Heavenletter is, dit is met julle waarmee Ek praat. Dit is jou Hart waarin Ek breek met die volle bedoeling om jou saam My weg te dra.
Jy sal nie verkies dat 'n seerower jou weg dra saam hom op die Hoë Seë, sal jy? Of dat 'n FBI agent jou steel en in 'n Getuie Beskerming Wegsteek Plek sit nie? Of 'n multi-miljoenêr om jou 'n tjek te skryf om na jou te kyk vir die res van jou lewe? Kan jy moontlik verkies om enige iemand of enige iets oor My te kies? Sê nie so nie.
Ek is gelukkig om jou saam My te neem, sodat jy kan weet, eens en vir altyd, dat jy met My is. Ja, Ek sal saam jou verdwyn maklik. Bestemming bekend voor Ons begin.
Oh, ja, Ons kan weg hardloop na die Hemel soos in 'n droom.
Jy sal moontlik daarvan hou om saam My te hardloop na die Grand Ball, en Ons dans en dans, wentel om die wêreld en dwarrel om planete en na die Maan gaan en liggies brand op die Sterre.
Geliefdes, Ek is nie lukraak nie. Ek hardloop nie weg saam jou net een keer in 'n leeftyd nie. Ek begelei jou enige dag van die week. Ek nooi jou op elke oomblik. Die verlede maak nie saak nie. Ek begeer om saam jou te wees en jou saam My te hê. Daar is geen uitsonderings nie. Ek is hier vir jou. Ek verander nie my gedagtes nie. Ek vertraag nie. Ek daag elke dag op in 'n pragtige vervoermiddel en sê:
"Kom saam My."
Dink jy dit kan makliker wees vir jou om weg te loop met 'n rondloper of 'n romantiese karakter in 'n boek , wanneer jy jou hand in Myne kan sit, en daar gaan Ons.
Jy sal nie na onbekende gebiede gaan saam My nie. Beslis, Ons bestemming is verseker. Noem dit wat jy wil, Ons Bestemming is Waarheid, Grootheid, Oneindigheid, die Totaliteit van Liefde, Hemel, as't ware. Ons het so baie plekke om te besoek en onthou.
Jy moet weet by nou al dat Ek is die Liefde wat jy opsoek is na. Daar is Groot Liefde op die Aardse Plein van die Lewe. As jy regtig Liefde wil ken groter as die hele wêreld, gee My jou hand nou en kom saam My. Jou oë sal wyd oopgaan. Jy sal ver sien. Kom aan, sien jou drome waar word.
Hierso, laat Ek Verwondering aan jou skenk. Laat Ek jou bande bars. Kom, vlieg weg saam met My.
Dit is onvermydelik dat jy sal 'n Wonderlike Rit saam My neem. Aanvaar. Ah, vir Ons om saam te wees. In hierdie dag en tyd, kan Ons saam wees. Ek moet bevestig dat Ons is altyd saam, maar jou oë glans oor, en, gewillig of onwillig, kyk jy weg.
Liewe Een, kan jy verkies om te verlang na alles as Ons, jy en Ek, alreeds verloof is? Wanneer Ons alreeds verloof is in liefde? Waar dink jy kom Liefde vandaan as nie van My nie? En waar dink jy gaan jou liefde as nie na My toe nie? Waar anders sal liefde vandaan kom?
Jy is dors, en Ek vra jou om te drink. Dit is onwaarskynlik dat jy sal sê:
"Nee dankie."
Maar jy mag vergeet in die middel van 'n sin waar jy is en jou gedagtes dwaal af na iets anders wat jy moet gaan doen.
Laat Ek julle iets vertel, seuns en dogters. Jy mag miljoene dinge het om te doen wanneer, die heeltyd, al wat jy moet doen is om saam My te wees. Wees saam My. Leun oor na die God van Alles. Ek sal jou hoog oplig en jou saam My neem na die Hart van Liefde waar alle skatte lê.
Beslis, jy het altyd die opsie om saam My te kom more of vanaand, tog vandag is 'n pragtige dag vir Ons samekoms. Jy kan omsien na Daaglikse Lewe op Aarde terwyl jy op die Hoë Pad na die Hemel is saam My. Laat Ons vandag omhels. Sê net:
"Ja, geliefde God, ek sal saam jou gaan. Ek hoef nie my jas te gaan haal en aan te trek voor ek saam U weg vlieg nie. Ek moet net my hand in Joune sit soos ek in Jou oë kyk wat al so lank na my uitroep. Okay, God, hier is ek, my hart is ywerig om met U s'n te smelt sonder verdere tyd vermorsing.