God het gesê:
Vir wie is dit om te sê watter kleur van die reënboog is die beste kleur? Vir wie is dit om te sê -- wat dieselfde is as om te verklaar -- watter oomblik in die lewe is uiteindelik beter as 'n ander? Wie is die verklaarder wat alles verklaar?
Wie maak die stelling dat sy gesondheid word slegter, en hoekom sal hy? Beter om te glo in gesondheid en nie so baie in siekte nie. Gesondheid is natuurlik. Siekte is... wat? 'n Woord. 'n Skim.'n Versinsel wat uit gedink is en voor neer gebuig is en op gehou is in geboue en universiteite en groot tekste.
Christus en ander Grotes het die mensdom genees omrede hulle nie die siekte gesien het om genees te word nie. Hulle het die seëning van God se Wil en God se Liefde gesien. Hulle het Genesende Lig gesien. Hulle het nie siekte gesien nie. Siekte was nie waar nie. Hulle het Waarheid gesien. Hulle het nie vir die skadu gedans nie. Hulle oë het deur die skadu gesien. Hulle het My gesien waar ookal hulle gekyk het. Hulle het geweet dat die dood is nie en dat ewige liefde roep vanaf die Hemele. Hulle het geweet dat net gesondheid alleen is die Waarheid.
Christus het nie siekte ondersoek nie. Hy het die Waarheid gesien, en hy het die Waarheid bevestig.
Christus het nie op water geloop om iemand te beindruk nie of om 'n talent ten toon te stel of 'n wonderwerker verklaar te word nie. Hy het op water geloop ten einde iewers te gaan.
Waarookal sy voete gegaan het, sy teenwoordigheid het genees. Wat is genesing anders as die seëning van gesondheid erken?
Christus was altyd opgelig. Hy het nie nodig gehad om enige iets te doen nie, omdat hy was soos hy was. Hy, net soos jy, was die Lig van die Wêreld. Hy het nooit anders gedink nie, so ook is dit vir jou behalwe dat jy dit nie glo nie.
Dalk het Ek genoeg gesê vandag. Dalk is daar niks meer om te sê nie, net meer vir jou om te besef.
Christus was wat jy sal noem Self-Besef wat beteken dat sy hoof bekommernis was nie omtrent homself nie. Hy het nie nodig gehad om oor homself te dink nie, omdat hy alreeds geweet het Wie hy was en hoekom hy op die Aarde was in diens van My en die wêreld wat Ek gegee het vir almal om in te speel.
Christus was heilig want hy het heiligheid gesien. Hy het deur fiksie gesien. Hy het eenvoudig net nie die fiksie gesien nie. Hy het Waarheid gesien. Christus was Waarheid wat Geloop het
Geseën was sy voete wat op die Aarde geloop het, omdat sy teenwoordigheid het die Aarde opgelig. Hy het liefde en lig op die Aarde aangesteek. Hy was nederig. Hy het lief gehad met 'n liefde wat bo Aardse Liefde is. Hy het hoër en groter lief gehad as wat jy gedink het was menslik moontlik, tog was hy 'n menslike wese. Hy was 'n verhewe menslike wese omdat hy so eenvoudig was, gevul met Lig soos hy was.
Christus was nie die enigste Groot Geestelike Een om op die Aarde te geloop het en die harte van so baie aangeraak het nie. Menigte Grotes het die Aarde geloop. Baie is bekend, tog almal was of is nie bekend nie. Hulle hoef nie bekend te wees nie. Hulle het Lewe op Aarde dieselfde geraak. Natuurlik, Ek het meer as net een seun. Julle is My Verligte seuns en dogters van Lig, as julle maar net weet.
Christus behou geen vyandigheid nie. Hy het nooit vyandigheid gehad in die eerste plek nie. Hy het die gesonde verstand gehad wat nie so algemeen is wat Godelike Verstand genoem kan word nie.
Het Christus sy Uitgestrektheid geken? Hy het niks anders as Uitgestrektheid geken nie. Hy het nie nodig gehad om te dink aan Uitgestrektheid nie, omdat hy Uitgestrektheid was. Hy het sy Lig geskyn.Hy het dit gewillig gegee. Dit is wat hy gedoen het, en hy kon nie minder doen nie.
Hy het vir niks gevra behalwe om te wees Wie hy was. Hy het nie sy lewe weg gegee nie, verstaan jy. Hy het sy lewe geleef. Hy was Wie hy was orals. Wie hy was, was nie altyd gesien nie, en dit is hoe dit is in die wêreld.
Met genoeg Lig op Aarde, sal die harte van almal gesien word. Daar sal nie 'n groot hullabaloo wees nie. Al My kinders sal skyn soos Groot Ligte van die Wêreld soos die Son.