God het gesê:
Daar is kere wat jy na die lewe kyk asof dit 'n boksgeveg is. Die Lewe - die boks kampioen - en jy, die niksvermoedende, geslaan en uit geslaan vir die telling buiteperd. Dan sien jy jouself weggedra word van daardie spesifieke arena om weer 'n ander geveg op die lewe se aandring te ontmoet.
'n Gebied van jou lewe is weg gevat, en 'n ander gebied gelos wat jy desperaat is om te vermy en/of begeer terselfde tyd. In elke geval, jy hou styf vas en hou jou voete waar hulle ookal is. Somtyds wimper jy op die lewe om te bly net waar jy wil hê dit moet bly.
Jy mag bewustelik of onbewustelik die draaie besluit wat die lewe vat, tog voel jy dat vroeër of later, die lewe vorseer jou. Die lewe laat jou stuier en stamp jou van jou voete af. Beslis, keer op keer, staan jy weer op.
Dit is 'n goeie idee om die idee dat die lewe iets is wat jy moet in die gesig staar te laat vaar. Wie wil die lewe in die gesig staar asof die lewe 'n magtige opponent is wat in jou pad kom, dieselfde manier wat jy nie 'n regter se hamer of 'n dokter se naald in die gesig wil staar nie.
Wil jy nie eerder die lewe sien as 'n vriend wie jy ontmoet en mee saam loop, arm in arm? Wat van 'n vriend wat vir jou omgee en gereeld jou gedagtes hoor en baie graag wens hy kan reageer op jou wense?
Jou wense is nie apart van jou gedagtes nie, gespreek of nie. Op 'n sekere vlak, vertel jou gedagtes en woorde die lewe wat om vir jou af te lewer. Jy en die Lewe is soos 'n tweeling. Die lewe is die tweeling wat weet wat jy aan dink en sal enige iets vir jou doen, jou selfs onplesier as dit is wat nodig is.
Die lewe is onskuldig. Die beste wat die lewe kan doen is om jou te reflekteer.
Jy is verantwoordelik vir jou gedagtes. Die lewe is 'n opdrag-nemer. Ek praat van nou, en nie van die lank terug of gespekuleerde ander leeftye nie. Ek praat van die lewe wat jy nou leef. Dit is vir jou om jouself te korregeer. Die lewe is jou dienskneg. Dit bedoel om na jou pype te dans, en Ek kyk in op jou en lief jou elke oomblik. Sal jy My glo?
Die Lewe is jou konstante metgesel gedurende jou verblyf op Aarde. Ek, God, is ook jou Konstante Metgesel. Jy, Ek, en die Lewe is 'n Heilige Drie-eenheid.
Nie een dag gaan verby wat nie 'n wonderwerk is nie. Ek is bewus dat jy mag voel dat jy afgeskeep is. Jy het geen idee hoe jy na omgesien word nie. Jy mag so besig wees om die Lewe in die gesig te staar dat jy nie die Wonderwerke sien wat jou omring en jou hoër oplig. Hierdie hele Storie van Jou Lewe is 'n Wonderwerk. Jy jouself is 'n wonderwerk, 'n ongelooflike wonderwerk van soort wat jy nie hartlik omhels nie.
Seën die grond waarop jy loop en almal wat jy ontmoet en al die ander wat jy nie ontmoet nie, maar wie se harte met joune gekoppel is - al die broers en susters van jou wat die Aarde bewoon saam met jou, en wie verhef is of afgetrek word deur elke lewe. Jy is so verweef, jy kan dit skaars glo.
Jy was so verdiep in jouself as 'n aparte individueel, nederig en arrogant terselfde tyd. Selfs so, jy is soveel meer, en jy maak 'n veel groter indruk op die hele wêreld as wat jy kan dink.
Begin om leidrade te kry nou. Net soos wanneer jy en 'n vriend op elke kant van 'n bed sal spring, affekteer jy julle geweldig. Die idee dat die Wêreld Een is, is nie net 'n gesegde nie.
Dit is die scoop: Jy affekteer almal op Aarde. Jy affekteer almal se lewe, en almal se gedagtes, aksies, dade, en gemoed. Jy is 'n katalisator vir die lewe. Jy is 'n ingewikkelde deel van elke lewe. Jy affekteer die lewe van jou buurman langs jou, en jou buurman affekteer jou lewe. Dieselfde is waar as jou buurman langs jou bly of in 'n ver weg land. Daar is geen ver weg as dit kom by Bewustelikheid nie.
"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn