God het gesê:
Wat is benoudheid anders as jou hartstringe wat styf trek? Taal somtyds beskryf spanning as 'n opwenning. Benoudheid is 'n sametrekking van jou hart. Dit is jou hart wat jy styf trek, asof jou hart die boog is wat gereed maak om die pyl los te laat, maar nooit loslaat nie. Jy hou aan om jou hart styf te trek asof om die lewe styf en belaai te maak sonder ophou.
Taal vertel jou ook om te ontspan.
Jou hart is soos 'n viool se string.
Jy trek jou hart te ver terug en knoop jou hart in knope.
Jou hart is opgehou met vrees. Watter erge ding sal gebeur as jy jou opgeboude spanning sal vrylaat en jou kloppende hart ontknoop van spanning?
Vryheid sal gebeur.
Jy het te veel lug in jou hart inge-asem asof jou hart 'n ballon is. Laat van die lug uit sodat jou hart 'n lewensvatbare hart kan wees en nie 'n hart wat styf gedruk is nie.
Jy weet nie eens wat jy voor bang is nie. Jou vrees is veralgemeen sonder afmeting. Dit is 'n onbekende oorweldigende vrees wat jou kronkelend hou. Kronkelende vrees druk op jou, oorweldig jou, onderdruk jou. Vrees is soos 'n toerniket wat jy te styf opwen.
Jy is soos 'n hardloper wat nie kan ophou hardloop nie. Selfs in slaap, hou jou bene aan beweeg.
Jy is bang dat jy gedaan sal wees as jy nie styf opgewen is nie. Jy is bang, dat jy sal omval, terugval wanneer jy verval in spanning in. Beslis, hierdie ontspanning is presies wat benodig word.
Wat doen spanning as jou lank-lewende genoot?
Gooi koue waters oor jou bangheid. Gee jouself 'n breuk.
Jy mag voel dat jy die lewe tromp-op ontmoet wanneer jy eintlik weg hardloop vanaf die lewe. As jou lewe 'n pakket was, kan Ons sê jy het dit te styf toe gedraai.
Haal asem, geliefdes, haal asem. Asem vrede in, en asem spanning uit, net soos jy twee aksies het wanneer jy swem. Vind jouself in ongebonde vryheid. Jy is nie beperk tot spanning nie. Jy is vry om vreedsaam te wees. Plaas jou spane van jou hart in die meer, en dan trek die spane stadig uit die meer.
Vang jou asem, en laat dit uit.
Ons kom terug na: "Laat vaar, laat vaar." Geliefdes, jy mag vashou aan dit wat jy nie wil nie. Is dit nie wat jy doen as jy so styf opgewen is nie? Wie sê vir jou om dit te doen? Ek sê vir jou om terug te lê en te dobber.. Stop die stryd. Vis is in stryd net wanneer hulle gevang is. In wat se net is jy in vas gevang? En jy is nie 'n gehokte voël nie.
Wees op jou gemak. Laat drukkende waters oor jou rol. Laat vaar die berg van weerstand wat jy saam jou dra asof weerstand jou verdediging is. Ontspan aanranding in jou lewe, aanranding wat jy vooraf beplan het teen jouself. Jy hoef nie gestut en gebind en oorgestuur te wees nie. Bevry jouself van vrees. Laat vaar vrees. Vrees moet nie jou meester wees nie. Ongenoemde vrees dien jou nie. Dit dien niemand nie. Bevry jouself van die bediening van anonieme vrees. Vrees is skrikwekkend. Laat vaar dit. Vir eens en vir altyd, laat vaar vrees.
Jy het genoeg van vrees gehad. Jy het te goed aan dit vasgehang. Wees klaar met vrees. Maak los die knope wat jy gemaak het. Maak hulle los. Sien jouself al die onnodige knope los maak. Voel hoe vrees se hou op jou los gaan. Moenie langer meer bevrees wees nie.
Bevry jouself. Sê totsiens aan vrees. Verban dit van jou koningryk. Hierdie is jou lewe. Jou lewe behoort aan jou regmatig - nie skrikmatig nie. Jy is self-beskik. Jy is nie gebind aan die gewoonte van vrees nie. Verlaat vrees. Vrees beskerm jou nie. Dit ondermyn jou. Vrees is tot jou nadeel. Moenie langer met vrees assosieer nie. Daar, daar, nou, moenie langer buig vir vrees nie. Verban vrees, jy het nie vrees nodig nie. Jy het My.
"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"