God het gesê:
Jou drome mag op die buitewyke wees en wag om vervul te word. Omhels jou drome. Al jou drome hoef nie waar te word reg voor jou oë nie. Om jou drome te hê is 'n spesiale soort van vervulling. Om die moontlikhede van drome te droom, groot of klein, is 'n begeerte wat homself vervul. Om 'n droom te hê is sy eie soort van vervulling. Dit is soos dit:
Beslis, jy mag die hele pasty van jou droom ontvang, tog hoef jy nie die hele pasty te hê nie. Jy hoef nie die hele pasty of selfs nie die helfte van die pasty te hê nie. Jy hoef nie eens een stukkie van die pasty te eet nie. Om uit te sien na die pasty is sy eie vreugde. Jy kan die pasty geniet voor dit voor jou is om te eet. Jy kan kyk na 'n pasty in die venster van 'n bakkery en dit geniet. Jy kan 'n potret van pasty geniet en jou mond sal water. Jy kan dit geniet voor die tyd. Jy lei jouself na die prys van die pastei wat jy van droom.
Dit kan wees dat jy blueberry pasty begeer. Dalk is dit 'n appel pasty wat na jou toe kom nou. Geniet die appel pasty. Jy kom nader aan die blueberry pasty. Die appel pasty is 'n voorsmakie.
Hoe meer jy die lewe aanvaar, hoe meer sal die Heelal jou gee van wat jy sal lief wees om te aanvaar. Weier die Heelal, en jy mag jou toevoer stop. Jou ideaal moet dalk nog kom. Moenie uit die hand die begin van die vervulling van jou drome weier nie.
Ja, laat jou mond water vir die volle pasty van jou begeertes. Beslis, dit is sotheid om jou te weier voor die feit. Moet nooit sê: "Dit sal nooit gebeur, dit is net 'n droom."
Ek sê vir jou hard en duidelik om jou drome na te streef.
Beslis, jy besef Ons praat nie van 'n opdragstuk van buite jou nie. As jou droom, byvoorbeeld, is om op die voorblad van die koerant te wees, dan wag jy vir vir iets van buite jou om te gebeur. Beslis, jy is vry en geregtig om selfs klein drome te droom. Hulle dien ook op Aarde.
En, ah, jy kan ook jou deelname in jou droom droom. Jy kan begeer om 'n filmster te wees. Jy kan ook droom van die pad om daar te kom. Jy kan begeer om aksie te neem. Jy kan rolle in prente of toneelspelle begeer. Jy kan begeer om 'n gebruikte akteur te wees. Gaan vir jou drome.
Maak jou drome waar word. Oefen. Ondersteun jou drome. Drome hoef nie uit die blou te kom nie, alhoewel hulle somtyds doen.
As jy begeer om 'n groot skrywer te word, tel die kuns van skryf by jou droom. Begeer om te skryf. Begeer om die stappe van jou vordering te geniet. Begeer met jou hele hart. Bevorder jou drome. Lei die weg na jou drome om waar te word.
Julle weet, geliefdes, jy wag nie net vir 'n wonderwerk om te gebeur nie. Beslis, terselfde tyd, geliefdes, alles in die lewe is 'n wonderwerk.
Selfs al maak Ek dit duidelik dat dit is begeerlik om te werk na jou drome en reg te wees om te ontvang, somtyds gebeur dit dat drome aan jou gegee word wanneer jy nie kyk nie. Jy mag drome het wat waar word wat jy nie eens gedroom het nie. Jy het nie geweet jy het hulle nie. Ja, sekere drome verskyn reg voor jou oë.
Die eintlike punt is om die droom te begeer. Jy is 'n menslike wese wat begeer. Terselfde tyd, is jy bewus dat, van jouself, is jy betekenisvol, en jou lewe is betekenisvol met of sonder jou drome wat waar word. Jou drome mag verander in ander drome. Laat hulle. Spesifieke drome hoef nie waar te word nie. Jou liefde vir die lewe is nie afhanklik van 'n sekere vlak van manifestasie van jou drome nie. Jy weet dalk nie al die vlakke waarop drome waar word nie. Drome is voor jou.
Jy het uitgereik na jou drome. Jy doen goed om uit te reik.
En jy is nog nie klaar nie.
"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"