God het gesê:
Die Lewe is voortdurend. Daar is geen onderbreking in die Lewe. Sogenaamde dood is nie 'n onderbreking nie. Dit is nie eens 'n breek nie. Daar is geen breke nie. Is daar sulke onderbrekings in die wêreld? Ja, daar is baie sulke onderbrekings.
Lewe op Aarde is nie 'n verduistering van die Lewe in die Subtiliteit van die Hemel nie. Hemel en Aarde is voortdurend. Daar is geen inmenging behalwe soos waargeneem op Aarde.
Lewe op Aarde is gevul met maskerballe. Hele gemeenskappe word gebou op voorgee.
Daar is selfs daardie kinders van My wat opteken vir dit wat die wêreld noem slegte mense. Ander mag kies om ontvangers van dwaasheid in die wêreld te wees. Daar word handel gedryf. As of jy lewe in die wêreld sal kies soos dit is of nie, lewe in die wêreld is perfekte lewe in die wêreld soos dit opdaag.
Nie perfek, tog perfek vertoon selfs soos enige een besit het van sy of haar fakulteite sal nie die impulse vertoon wat verskyn om somtyds oor te neem in die wêreld.
Wie in die wêreld sou verwerdig om die harte van ander oor te vat, en wie sal na vore kom soos lammers vir die slag? Wie sou kan dink om die sogenaamde ander te kategoriseer as slagoffers of oorwinnaars en goed voel daaroor? Hoe kan enige van My kinders opgepomp voel as of 'n ander se vervalling een of ander oorwinning was?
Daar is verskeie strome in die Oseaan wat geroei en genavigeer word in die nie-egte wêreld.
Hoe is dit moontlik dat die idee van vyand groei as Eenheid die Waarheid is? Daar is Een Waarheid en 'n menigte van weergawes van dit, en daar is daardie wat dit hul hoë morele plig ag om 'n ander tot dood of tronkstraf te vonnis, as of dit blydskap gee.
Die Lewe is 'n kontinueel. Nooit was die lewe bedoel om 'n straf van een of ander soort te wees nie. En, tog, selfs so, die lewe is oop tot interpretasie. Nie alle interpretasie is gebaseer op Waarheid nie, beslis nie.
En, tog, daar is die Raaisel van Vrye Wil, en elke mens vind die lewe vir homself uit.
Daar is baie veranderinge op Aarde. Die Lewe lyk of dit agtertoe en vorentoe en in die rondte gaan, en tog dikwels kom dit voor dat niks verander nie, en vooruitgang is borrelend, net soos jy, jouself, individueel en gesamentlik voel nie altyd regtig op Aarde en kan nie jouself grond terselfde tyd as wat jy so begeer om bo die lewe te vlieg soos dit homself aanbied in die wereld.
Somtyds wonder jy baie diep waar, oh, waar is Eer aan die Lewe in die Hoogste? Waar is dit heen? En tog het jy 'n herhalende geloof in dit, en daar is tye wat jy eintlik Eer ervaar en dit visualiseer en dit in jou hand vang.
Dit wil lyk of dit jou wil is. Jy is die Een. Julle is die Ene. Die Lewe is jou wil.
Geen meer dink, asseblief, dat die lewe 'n jammerte is. Die Lewe is 'n wonder selfs wanneer dit nie lyk om vol van die wonder te wees wat jy sal verkies nie. Jy mag ontsteltenis voel meer as wat jy opheffing voel.
Lig die wêreld hoër. Wanneer jy lig, is die gewig van die wêreld nie op jou nie, en, tog, die gewig van die wêreld hang wel van jou af.
Heil tot die Koning, vir God is in die Hemel en op Aarde, en Ek ken nie wanhoop nie. Moenie 'n persoon op Aarde wees wat wanhopig is nie. Moenie wanhoop handhaaf nie. Handhaaf goeie geluk en seëninge wat die Harte en Siele inspireer van daardie wat die Aarde bewoon. Jou erfenis is magtiger as wat jy voor jou mag sien, en so moet jy spring na die voorkant van die wêreld en sy gees en goed-hartigheid lig. Wees die eerste. Beslis, moenie die laaste wees nie.
En, as jy neerslagtig voel, gaan steeds vorentoe. Jy is hier op Aarde om vorentoe te seil verby enige verwarrende situasies wat jy jouself lees en hoor van of lyk te sien.
Nou is die tyd om liefde op Aarde te ondersteun en alle goed aan al My kinders insluitende jouself. As jy nie kan aspireer tot Alle Goed, aspireer dan tot die Goed van Almal.
Op alles wat Heilig is, getuig Ek van jou liefde wat die Aarde verhef en 'n hoë watermerk bereik. Geseënd wees jy vir die goed wat jy doen.
"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"