God het gesê:
Somtyds voel jy dat jy nie nog een oomblik kan vat van wat ookal jy deurgaan nie. Die situasie is ondraaglik vir jou, geliefdes, omdat jy jouself oordeel as 'n ongelukkige hulpelose slagoffer. Moenie oordeel nie. Moenie jouself oordeel as 'n slagoffer nie. Moenie jouself oordeel as 'n martelaar nie. Moenie oordeel nie.
By verre, jy is 'n self-aangekondigde slagoffer van jou eie gedagtes, of jy mag verkies om te sê omrede jou gebrek aan versiendheid en jou oorwig van onskuld. Ja, dit is ook waar, tog dit is wyser vir jou om jouself verantwoordelik te ag vir die situasie waarin jy jouself gekry het en verantwoordelik is vir die vooortgaande uitdiening van 'n self opgelegde vonnis van slagofferskap. Jy is die aankondiger van jou eie wonde.
As iets ondraagliks is vir jou, hoekom aanhou om sy banier te dra?
Moenie dink dat Ek sê die die lewe is 'n bries. Ek sê jy is die een wat die prys bepaal wat jy betaal. Geliefdes, moenie lyding betaal nie. Lyding is nie die regte pad nie. Moenie lyding aanvaar as 'n feit nie.
Gereeld dink jy dat jy verruil een lyding vir 'n ander. Somtyds dink jy, as maar net. Daar is so baie, as maar net's. Op een of ander manier, het jy jouself in 'n lokval gelei. Jy mag dink jy het daarin geval maar jy het jouself daarin ingegooi.
Die lewe is gemaak van keuses. Meeste van die tyd het jy geen idee van wat jy kies nie en, somtyds, nie eens dat jy kies nie.
Vroeër of later, mag jy die idee in die lewe het dat jy betaal die pypspeler. Jy mag die idee het dat vroeër of later, dat die lewe jou eenvoudig by die nek gryp. Jy mag iemand wees wat te veel dink, of jy mag dalk glad nie dink nie.
Jy kan regtig nie hierdie dans uitsit nie, geliefdes. Jy is 'n vennoot in jou lewe. Op 'n manier, iewers, het jy dit op jouself gebring.
Hierdie is nie iets vir jou om te sit en skuldig voel oor nie. Skuldgevoel is 'n mors van lewe. Skuldgevoel is verseker nie die doel van jou lewe nie. Skuldgevoel is nie 'n waardige doel om jou aandag op te plaas nie, omdat skuldgevoelens is 'n dooiepunt wat jou hou waar jy is. Gooi die hele halter van skuldgevoel af en word verantwoordelik om die lewe vorentoe te vat.
Wat se situasie ookal jy jouself ingekry het wat lyding veroorsaak is vir jou om te verander deur hoe jy dink - hoe jy jou eie lewe uitwys aan jouself.
Wat se paaiment van jou lewe waarin jy tans in is, daar is 'n ander paaiement wat vir jou wag. Jy ly twee onsekerhede:
1. Die Lewe bly dieselfde.
2. Die Lewe bly nie dieselfde nie.
Albei maniere is pynvol. Jy wil jou lewe dieselfde hou, en/of jy wil jou lewe anders maak.
Jy het ontdek dat as die lewe 'n standpunt neem, kan jy dit nie beinvloed nie. Jy kan dit nie deur ondervinding beheer nie. Dit maak jou 'n mens wat die lewe leef in die wêreld. Somtyds, is die lewe soos jy dit wil hê, en somtyds is die lewe die teenoorgestelde van dit wat jy wil hê. Jy ly verandering in jou lewe, of jy ly deur 'n gevoel van vasheid.
Wat as jy nie die idee hoef te hê dat lyding is jou verdienste nie? Ek sal jou vertel omomwonde dat lyding is nie jou verdienste nie. Liefde is jou verdienste. Begin om jouself te lief nou. Hoe meer liefde jy dra in jou hart, hoe meer liefde sal jy voel, en die meer eg jou liefde sal wees. Liefde is nie bedoel om iets te wees wat jy moet volhou nie.
As jy moet laat vaar van wat ookal jou liefde terug hou, sal jou liefde skyn op sy eie. Jy is gemaak van My liefde. Jy is die einste bestaan van My liefde. Jy is gemaak in My beeld, maar jy het 'n versteurde beeld aangeneem en dit jou genoem.
In plaas van so hard probeer om die lewe se onrus te herstel, dalk kan jy dit laat vaar. Jy kan dit afskud van jou skouers af en 'n lyn maak vir jou lewe se doel. Jou lewe se doel is beslis nie om te ly nie. Jou doel is groter as om net jou lewe te red.
Jy moet My Lig skyn sodat almal dit mag sien. Wat hou jou terug behalwe jou gereedheid en vermaak van dit en dat wat jy lyding noem. Maak die verlede ongedaan, en kom oor na My. Wat van nou?
"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"