God het gesê:
Ek spreek My Liefde vir jou, vir jou, My kind, jy is die Inspireerder van My Liefde. Ek benodig geen inspirasie, jy verstaan, tog is jy soos die Son vir My Hart. Soos Ek jou met Liefde geinspireer het, soos Ek die asem van jou in die Bestaan ingeblaas het, so het jy gestyg na die Stêrre en om die Maan gevlieg, en die Son het 'n nommer op jou hart gedoen. Toe hoor Ek jou sê:
"Maak gou, God, jy het 'n wêreld geskape. Jy het 'n wêreld geskape met my in dit. Die daad is gedoen. Ons is vir ewig. Die wêreld is gemaak. Die res is peek-a-boo, en die Skepping herskep dit self in 'n siklus van Liefde en Prag.
"God, U leer ons om te glimlag en om die wêreld wat U gemaak het te seën. U het die seë wat styg en die golwe wat glimlagge bring gemaak. U het branderplankry en alle soorte van vreugde in die blink van 'n oog geaktiveer. U het aan als gedink. U het ons met Maanstof bedek. U het ons die toorkuns mag van liefde gegee.
"God, U het gesê, soos Ek U gehoor het:
'Ek het vir jou al die speelgoed in die wêreld gemaak. Ek het Moonbeams gemaak. Jy is opgevang in hulle. Jy aanbid My met dans. Ek het jou die Heelal gegee om op te dans, en jy sing met jou hele hart. Jy sing 'n lied van God, en jy is die lied wat jy sing. Ek sit stil met My arms toegevou, en Ek knik My kop soos jy liefde laat voortbestaan en jy klap jou knieë en twang die banjo van jou hart.'
"Ek, U kind, ek sê dankie. Dank U. Ek onthou U, God. Ek onthou al die stories wat U my vertel het, en die liedere van moed en helde wat U gesing het. U het my verklaar. U het my aangekondig. U het myself aan my Self voorgestel. U het gefluister dat ek is U huldeblyk. U het my vertel dat ek is gemaak vir vreugde, U s'n en myne.
"U het 'n nota vir my geskryf. U het die papier in agt stukke gevou. U het gesê dat ek vir ewig sal soek om die nota oop te maak wat U my gegee het wat my sal openbaar aan myself. Ek het vergeet waar ek die nota gesit het. Kan U onthou waar ek die nota gesit het wat u vir my gegee het?
"Ek het vir dit gesoek in die Stêrre en om die Maan. Het die nota wat U vir my geskryf het en vir my gegee het vir veilige bewaring -- het dit opgebrand in die Geel van die Son?
"En toe,God, het U vir my gesê:
'Die nota wat Ek vir jou geskryf het, My kind, is verseël in jou hart. Open jou hart, en jy sal die nota sien soos Strale van die Son.'
"U het voortgegaan soos ek U gehoor het:
'Ek het twee woorde geskryf. Ek het ook die twee woorde in jou oor gefluister, of het Ek drie woorde geskryf en gespreek? Ek sou nie die derde woord vergeet nie. Ek kan nie. My geheue is roemryk. Kom, ek sal die eerste twee woorde nou fluister. Kom nader.'
"God, ek het nader aan U geleuen, en U het die twee woorde gefluister. U het gefluister:
'Lewe.'
"En U het gefluister, 'Liefde'
"U het gevra dat ek die twee woorde vir myself fluister.
"Ek het die twee woorde vir myself gefluister. Die twee woorde het my bloedstroom gevul. Die woorde klop in my polsslag.
"Ek het U gesmeek, God, om die derde woord te spreek, en U het gefluister dat U die Heilige Woord aan my sal fluister op 'n ander tyd wanneer die Son en die Maan en die Stêrre gesluit is in 'n omhelsing van Groot Betekenis. U het gesê ek sal die Woord hoor in die wind, en dit sal deur my weergalm, en ek sal dalk deur die Heelal geblaas word deur die klank van die Woord.
"Ek hou aan om te soek vir die Woord. Ek het baie woorde geraai.
"Ek het ONS geraai. Ek het EEN geraai. Ek het EENHEID geraai. Ek het ONEINDIG geraai. In drome in die aand, het die Woord na my gekom, maar wanneer ek wakker word, kan ek nie die Woord onthou nie. Hierdie is 'n Woord van God wat ek moet onthou.
"Ek het HEMEL geraai. Ek het GEBOORTE geraai. Ek het GOD geraai. Ek het HART geraai. Ek het GESKENK geraai. Ek het MOED geraai. Ek het EWIGHEID geraai. Ek het GLORIE geraai.
"Ek het ook ander woorde onthou wat ek toe vergeet het en dit was nie moontlik om hulle terug te bring nie. Oh, ja, LIG was een van hulle. Ek soek vir die ontbrekende Woord, tog, het ek hom gevind? Is dit onder die woorde wat ek gelys het?"
"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"