God het gesê:
Jy is liefde. Ten spyte van al die manewales in die wêreld wat jy in deel of die Waarheid wat jy nie toelaat nie, jy is liefde. Ongeag van enige iets, jy is liefde, vir, so, het Ek jou gemaak. Elke menslike wese is gemaak van liefde. Maak nie saak of jy pyle gooi na liefde nie, jy is gemaak van liefde. Maak nie saak hoe jy uit gaan om liefde te minag nie, jy is die einste liefde wat jy minag. Jy is die liefde wat jy aanval en sal ontken. Jy -- wat liefde so graag wil hê -- jy veg teen jou erkenning van liefde. Jy verklaar non-liefde vanaf die pilare. Jy verdraai liefde. Jy het dit verdraai. Jy woed teen dit. Jy bevoordeel 'n oproerigheid teen liefde.
Kan jy so heelhartig teen liefde woed tensy liefde bestaan, en jy is lief vir dit of sal lief wees vir dit as jy daarin kon glo? Liefde is so 'n onderwerp. Bely dat jy in liefde glo. Dit is jouself teen wie jy veg. Liefde is so belangrik vir jou, jy sal liefde se einste voetspoor vernietig in verdediging teen liefde.
Is daar enige een meer dwaas as jy? Hier is jy, jy eis liefde by jou einste weggooi daarvan asof liefde 'n gebreekte speelding is wat vir jou gegooi is, en nou gooi jy dit weg sover jy kan.
Dalk sien jy liefde nou as te min, te laat. Ego sal gou aan jou bewys dat liefde is nie veel werd selfs al bestaan dit nie. Jy het 'n vendetta teen liefde. Jou minagting van liefde het noodsaaklik geword vir jou. Dit mag dalk wees waarvoor jy lewe, om te bewys liefde is waardeloos of dat dit nie bestaan nie. 'n Pok op liefde, verklaar jy. Jy sal liefde ontbloot as 'n homp, asof jy 'n wenner is in 'n geveg waarin niemand kan wen nie. Jy lig jou arm omhoog en verklaar jouself as die wenner. Verklaar jouself soos jy wil. Jy kan nie liefde inhou nie.
Rose van liefde bestaan. Liefde kan nie onder gehou word vir lank nie. Liefde kan nie eenkant gegooi word nie. Liefde groei. Die gety van liefde kan nie gestop word nie. Liefde is 'n groot vors, as jy daarvan hou of nie. Al die minagting in die wêreld kan nie liefde stop nie. Jy mag net sowel jou geveg opgee. Hoe ookal jy liefde wil verdruk, liefde sal nie verdruk bly nie. Spring op liefde net soos jy wil. Steeds ken liefde geen perke nie. Dit is jy wat perke ken.
Daar is Helder Son wat bo skyn. Noem liefde al die name wat jy wil - liefde is steeds. Kap liefde op net soos jy wil, jy kan nie liefde vernietig nie. Probeer soos jy wil, jy kan nie 'n duik in liefde maak nie. Liefde is aan die opgaan. Die fontein word nooit droog nie. Rebel teen liefde net soos jy wil, tog styg liefde. Liefde kan selfs in jou hart styg maak nie saak hoe jy daarteen is nie. Maak nie saak wat nie, jy het nie meer mag oor liefde as 'n voëlverskrikker nie.
Ek stel voor jy kom tot jou besinning. Sit jou brille op. As jy iets moet bewonder, bewonder liefde. Jy is 'n stroper wat jou tyd mors. Maak nie saak hoe baie jy seermaak nie, jy is op 'n dwaas se pad. Jy kan nie liefde terug trek nie. Jy kan ontken en ontken, en dit maak jou steeds nie 'n held nie. Dit maak jou meer 'n nie-held.
Gee oor aan liefde.
Liefde gaan jou kry. Liefde sal sy vlerke om jou vou, en jy sal roep, "Oom."
Erken jy lief. Jy kan stop om jou liefde te gee vir vyandigheid. Jy kan stop om van 'n geveg te hou. Jy kan stop om van vuur in jou bloed te hou. Jy wil regtig nie opgaan in vlamme nie. Maak oop die sluise van jou hart. Open, open, open.
Dit is als reg dat jy verkeerd was. Foute is die trappe na jou openbaring. Wees braaf. Erken dat jy na liefde smag. Verwelkom liefde in jou lewe in.
"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"