God het gesê:
Daar is meer tot die lewe as die kaal bene wat jy meesal na kyk. Die Lewe is meer as wat die wêreld sê dit is. Die Lewe, soos dit lyk vir die wêreld, is 'n versteekte geheim, wat, diep onder, almal wel weet. Dit is asof jy die kwessies van die lewe aanraak en dan eerder kies om te gesels. Die lewe wat jy leef is gereeld 'n geheim wat jy van jouself hou en jy ondergaan groot moeite om dit nie te sien nie. Wat jy nie sien nie kan jou nie seermaak nie, sê jy vir jouself, soos jy jou oë wegdraai.
Daar is 'n deur wat oopgemaak moet word wat jy huiwerig is om te doen. Jy begeer blydskap en jy mag nie ernstig wees daaroor en dit aanvaar met alles wat jy werd is nie. Jy mag dalk weg hardloop van die einste lewe wat jy begeer en jy noem dit jou bestemming.
Daar is so baie maniere om die lewe te ontvlug as wat daar maniere is om My te bereik. Jy kan lewe opgaar. Jy kan om dit dans. Gereeld vind jy die lewe as 'n afgaande situasie of onwerklik. Dit is moeilik vir jou om die werklike van die fantasie te skei. Jy wil nie die lewe bekyk en die huidige leegheid wat so swaar op jou druk, wat, sover jy weet, jy nie sal weet wat om sonder mee te doen nie.
Gaan terug na die klein plesiertjies. Die klein plesiertjies is die saad vir jou lewe. Laat vreugde na bo styg.
Gaan na die woude, geliefdes. Gaan vir uitstappies. Vind My. Vind My. Ons is Een. Daar is geen enkeles nie. Die Lewe probeer nie om jou te ontvlug nie. Die Lewe soek vir jou by elke hoek. Wees hier.
Ek is hier.
Jy hoef nie rigtingloos te wees nie.
Gooi af dit wat jou bedruk soos 'n ou trui wat jy gehou het net omdat jy dit al lank het, dalk blykbaar vir ewig.
Dit is moontlik vir jou om 'n nuwe kontrak op die lewe te kry. Kry dit.
Dit is moontlik om al die ou boeie wat jou bind af te gooi. Gooi hulle af.
Dit is moontlik vir jou om te vlieg. Lig jou vlerke nou. Lig hulle. Gaan na die horison wat nou vir jou wag.
Ek sal lief wees vir die lewe om vir jou vreugde te wees en minder van 'n straf. As jou lewe soos 'n naelbed voel, staan op. Slaap op die gras.
Genade kom in 'n duisend maniere. Genade is soos die sterre wat skyn. Al die sterre en al die prag en goedheid van die groot wêreld plaas Ek hier om jou te verwelkom hier by jou huis weg van jou Huis.
Moenie jou vensters blok nie, asseblief. Gooi oop die blinders. Open die vensters. Laat die Lewe in. Ry op die wolke. Maak los die dinge wat jou bind. Plaas 'n verwelkom teken by jou deur. Open die vensters en deure wyd. Laat in die sonlig en vars lug.
Jy het vergeet dat jy dit toegemaak het. En nou onthou jy.
Hierdie is die tye wat die harte van alles op Aarde raak. Dit is nie tyd vir skaamheid of 'n vergelyking van dit nie. Hierdie is die tyd om 'n Gedig vir die Lewe te skep wat almal mee kan saamstem. Hierdie is jou debuut in Vrye Wil in.
Vrye Wil, verseker nie twyfel, moet jou lei. Volg Vrye Wil. Dit is jou keuse. Ek kies dit vir jou. Vrye Wil is die einste Natuur van die Lewe. Vrye Wil beteken nie dat enige iets gaan nie. Hierdie is 'n verantwoordelike Vrye Wil wat Ek jou gegee het. Dit is jou vryheid. Dit is bedoel vir jou. Die leeu is vry om te lê met die lam.
Vrye Wil merk op Eenheid en skuif nader.
Vrye Wil is bevrydend.
Jy was bevry lank terug. Jy het dalk nie opgemerk nie. Jy mag dalk diens verkies het vir jy-weet-nie-wat nie en jy kan nie jouself kry om dit te laat vaar nie. Jy hoef nie te weet hoe nie. Laat jou drome styg soos 'n honderd ballonne in die lug. Jou lewe moet gelief word op die vlerke van jou drome.
Ou feite is nie meer genoeg vir jou nie. Ou feite kan jou nie meer onderhou nie. Dit is jou Vrye Wil om te lief en om meer te lief en die moë wêreld te lig met jou liefde totdat jou liefde almal en alles bevry. Neem liefde na jou hart.
"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"