God het gesê:
Ek hoor hierdie uitroep wat kom vanaf jou hart:
"God, My Geliefde God, hoekom, God, benodig Ons, U kinders, gemak? Hoekom, is ons so ongemaklik en so desperaat opsoek na gemak vanaf U? Hoekom so 'n behoefte vir gemak in die wêreld?"
Hoekom? Omrede die prente wat jy in jou verstand het. Omrede dit wat jy geleer is. Omrede dit wat jy glo waar is. Omrede jy gevolgtrekkings het wat die wêreld saam sit en op ander afdwing, gedeeltes van die lewe wat minder waardevol ge-ag word of dom redes soos fisiese voorkomste of familie status.
Omrede hoe jy jou verbinb tot die fisiese wêreld en die bestaan van jou liggaam, jy is agterdogtig, en jou hart gaan af, en wreedheid word gevestig. Wette wat sekeres help en nie ander nie was gevorm.
In plaas van al die wonders van die fisiese wêreld te lief en die Weses wat die wêreld op maak, het jy die lewe gevrees vir sy einste tydelikheid. Individieë het probeer om hulle tydelikheid permanent te maak. Sekeres het hulself verhoog deur ander af te druk.
Jy mag nie rerig weet wat jy wil hê nie, en so hang jy aan. Jy vat die fisiese lewe asof dit die hele lewe is, en dat jy jouself moet beskerm of verwoes word.
Primitiewe gemeenskappe het tot groter wysheid gekom as jy. Nader aan die Stêrre en die Son en Maan was hulle. Nader aan My en Al My Glorie was hulle, terwyl meer gesofistikeerde groepe gehang het aan meer reguit en dun objektiewe bewyse en het bewyse verlang of het ongegronde teorieë opgemaak en het dit gehou as waarheid. Die sogenaamde bewyse het meer gewig gedra as die Waarheid in die Menslike Hart, en so was die Menslike Hart met feite en syfers.
Die Natuur was minder bekragtig en geignoreer. Materiële feite was beskou as meer waar selfs al is materiële feite dikwels ge-openbaar as selfvoldaanheid eerder as Waarheid. Harte was verskeur, en die wêreld het afgewyk. 'n Mooi prentjie was nie eens geverf nie.
Beslis, terselfde tyd, was daar altyd daai groot en klein helde wat verder gesien het en wie omgegee het vir al die Weses en die wêreld oop gemaak het.
Vir die meeste dele, het vervulling meer belangrik geword as Self Wees. Die hart was afgespeel. Oortuiging van ander mense was maklik. Verontagsaming vir die eerbied van Menslike Lewe en 'n oplewing van oneerbiedigheid en die onvervangbare het vervangbaar geword. Meer vrees het die wêreld gevul.
Die liggaam het ultra-belangrik geword, en die liggaamlike bestaan van ander het nie meer soveel saak gemaak nie. Die roep van die natuur het oorgeneem, en gevriesde harte was afgekap.
Nou, restoreer die lewe homself. Daar is 'n groot herlewing van die menslike hart, en die leeu en die lam lê saam neer. Vriendelikheid en Vrygewigheid word die goeie ouens.
Die tyd vir die wedergeboorte van die Aardse wêreld het gekom. Selfsugtigheid struikel, en inklusiwiteit, nie eksklusiwiteit nie, heers. Meer pragtigheid om die wêreld te vul arriveer elke dag. Wenner en slagoffer sal nie meer naamborde dra nie. Hierargie in die wêreld hersien hulself.
Die wêreld word ligter van hart. Die wêreld bedien vreugde vir elkeen meer ernstig. Die klokke van liefde lui. Die menslike hart her-insamel liefde en stoor dit op vir almal om dit te gee en te ontvang. Die idee van eienaarskap vervaag, en Eenheid is aan die styg. Eenheid trek saam. Die buiskrale van die oorlog groei dowwer.
Oorlog word nie meer gesien as lewensvatbaar in die wêreld wat Ek gemaak het nie. Oorlog was nooit lewensvatbaar nie. Oorlog was woede se begeerte. Woede het oorgevloei.
Eens op 'n tyd, was militantheid gesien as meer pret as vrede. My kinders het gehou daarvan om 'n oorsaak te hê, en hulle het gehou daarvan dat nuus nuus is. Oorlog was vermaaklikheid.
Die Goedheid van die Wêreld kom nou in sy eie in. Liefde is aan die styg, en niks kan dit stop nie. Vrede is verklaar.
"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"