God het gesê:
Hoe kan Een God Alwetend, Alomteenwoordig en Almagtig, Al-Welwillend en gemaak wees van Goddelike Eenvoud. Geen van hierdie is denk vermoeëns nie. Ek hoef nie te onthou nie. Ek maak nie 'n lys nie. Ek voeg nie by 'n nie-bestaande lys nie, so ook merk Ek nie items af nie. Hierdie is nie 'n opeenhoping vir My nie. Ek is nie 'n rekenmeester wat 'n bril dra om die fynskrif te lees nie. My bevoegdheid is nie 'n truuk nie. Dit is nie 'n woordspel nie. Dit is nie aangeleer nie. Dit is hoe dit is. 'n Oomblik van ewigheid openbaar als. In een sekonde is als bekend.
Jy het 'n kyk van die Als-Wetenheid jouself. Jy ken jou Self. En jy weet deur en deur wat genoem word My Self as jy maar net waag om dit te besit en dit te eien. Soos dit is, mag jy My bevoegdheid laat gly deur jou vingers.
Ek zero in op al My Kinders in een Sekonde van Ewigheid. Ek hoef nie te onthou, so ook vergeet Ek nie. Jy mag kies om hierdie Eenvoudige Bewustheid van My die verstand van God, die Liefde van God vir die Hele Skepping wat uiteindelik My Eie Self wat jy uiteindelik is, te noem. Al die Bewustheid wat Ek is, is Jy. Andersins, wat anderste kan, Ons is Een, moontlik beteken?
Dit is nie dat jy My het nie. Jy het My nie. Ek is nie iets wat jy opgetel het by die hoek kafee nie. Jy is My Eie Self! Ons reis rond in ewigheid saam, alhoewel daar net eenvoudig Een van Ons is, Een Een.
Jy IS die Kennis wat Ek IS. Dit is nie regtig dat jy dit bekom nie. Jy was nooit sonder dit nie. Jy is nooit sonder dit nie, dis net dat dit weggebêre is iewers weg van jou Bewustheid en selfs jou Geloof. Buite Geloof. Buite jou aanvaarding as Waarheid.
Dit is nie so baie dat jy beskeie is nie. Dit is nie so baie dat jy in verwondering is nie. Dit is meer soos of jy jou kennis gedagtes weggesit het iewers in 'n kas, tog is jy nie seker watter kas nie of waar die Kennis lê binne die kas nie. Dit is daar iewers agter 'n netjiese pure gordyn. Versigtig kyk jy nie daar nie. Selfs soos Alles joune is, jy maak asof jy onvermoë het om te eis wat joune is. Hier is jy die Wyste van Wyses, tog jy maak asof jy nie weet nie. Dit is nie onkunde nie. Hierdie is meer soos 'n dubbele wet.
Die Lewe is te veel vir jou, glo jy. Sonder hierdie bewustheid en gebruik van hierdie ingebore vermoë van jou, met hierdie eenvoudige vermoë bedek met motballe iewers, is die Lewe eintlik nie genoeg vir jou nie, nie by 'n lang skoot nie. Geen wonder jy vind jouself ontnugter met die Lewe nie. Jy weet daar is baie meer, en tog..., en tog..., jy sien dit nie reg voor jou nie. Jy het dit weggesteek, en jy het vergeet waar, en, so, versteek jy dit van jou Self.
Geliefdes, hoe kan jy nie jou Godgegewe vermoeëns aanvaar nie? Hoe kan jy so maklik ontslaan Wie Jy Is? Hoe kan jy wegdraai van die Stem van God wat Jy Is en wat smag om uit die kas te kom?
Jy is nie 'n aparte part van My nie. Jy is als van My. Jy het My Paleis verlaat en jy waag nie heeltemal om te aanvaar dat die Paleis ook joune is. Jy sien 'n Paleis met Een Kamer, en jy verwerdig jou nie om in te gaan nie.
Natuurlik, die grap is dat jy hier is. Jy is hier! Jy is Een met My behalwe vir jou aanvaarding van jou Ware Natuur en die Ware Natuur van al daardie wat ook jou broers en susters is.
Nooit is jy verlaat nie, tog het jy jouself verlaat. Jy sê vir jouself dat al die Waarheid kan later kom. So, jy sê vir jouself, selfs soos die tyd, die sogenaamde tyd, nou is.
"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"