God het gesê:
Om jou plek in die Son te deel is een soort van vrygewigheid. Sekere van My kinders vind dit moeilik om die kollig te deel. Dit mag onsekerheid wees wat na vore kom. Jy mag dalk daarvan hou om iemand vorentoe te help, en dan, wanneer jy wil help, mag jy begin voel as of jy agtervolg word. Jy vind dat jy is nie so gelukkig om die sitplek langs jou te klop en te sê vanuit jou hart: "Welkom. Sit hier langs my."
Jy baklei met jouself, jy voel jy wil nie hê dat iemand anders die glorie het wat jy het wanneer, volgens jou verstand, jy nie kan sien dat hulle dit verdien nie. Jy mag wens dat jy dit kan voel, maar jy doen nie. Jy mag voel dat jy jou self verkeerdelik verteenwoordig het.
Almal is nie gelyk aan jou op een of ander manier nie. Dan sê jy vir jou self: "Oh, as ek maar net nie oordeel nie. Oh, as ek maar net nie eien nie. Ek moet wonder of ek nie een van daardie mense is wat die Fraaiste van Almal moet wees nie. Is dit hoekom ek bekrampt voel om met die persoon te deel?"
Jy mag voel dat die ander jou goedere sal neem. Jy hoef regtig nie die beste van almal of beste van alles te wees nie, maar tog sien jy nie die persoon as jou gelyke nie. Dit mag wees dat wat so hard vir jou is, is die behoefte om jou self te vertoon as liefdevol wanneer jy regtig nie is nie, kan dit wees?
Jy is ook bewus dat die persoon langs jou is ook jou self, en jy wonder hoekom jy nie gelukkig kan wees om die kollig met hom te deel nie? Tog hunker jy, selfs al weet jy almal is jy, dat jy almal is, en almal jy is, selfs al weet jy dit, uiteindelik, is dit Ek, God, Wie langs jou of oorkant jou sit. Jy weet dat Ek begeer dat almal gelyk is aan My.
Tog is daar 'n ander element hier vir jou. Jy mag 'n wonderlike rok ontwerper wees, kom Ons sê, en jy mag regtig regtig nie die ander persoon se ontwerpe bewonder nie. Jy wil nie 'n opponent wees nie. Dit is baie hard vir jou om te glimlag as of jy die ander se werk lief het. Jy wil nie lelik wees nie.
Verseker, jy kan die part van 'n ondersteuner speel, tog in jou hart, is jy nie. Dit is jou dilemma.
En daar is tog 'n ander moontlikheid hier, dat die ander trap bewustelik of onbewustelik op jou tone. Miskien begeer hy of sy om voor jou te wees, en dit is waarteen jy reageer. Miskien tel jy op dat die persoon het 'n behoefte om verby jou te gaan.
Jy wil nie deel wees van hierdie energie nie, ongeag waar dit vandaan kom. Jy wil nie hê die denke moet jou volg nie, en tog hou die denke aan opkom, en jy voel deurspek met die ander se hoop en behoeftes. As of jy nou vervolg word, of die ander is te veel onder jou mikroskoop, jy weet net nie hoe om weg te kom van die denke nie.
Jy voel nie goed oor die ander nie. Op 'n sekere manier voel jy negatief omtrent die persoon, en jy voel skuldig dat jy doen. Skuldgevoel is negatief dieselfde as vyandigheid. Jy het ook 'n gevoel van bejammering vir die individueel, en dit is ook nie 'n goeie plek vir jou om in te wees nie. Jy sal lief wees om uit die hele situasie te kom, en tog lyk jy nie instaat om jou self emosioneel te verwyder nie.
Somtyds in die Lewe, is daar sekere situasies wat jy net nie weet hoe om op te hou reageer teen nie. Jy sal lief wees om jou self van emosionele betrokkenheid te verwyder.
Liewe Ene, hou aan vorentoe gaan en behandel die situasie soos reën en laat dit van jou rug af rol.
Jy wens jy het geweet hoe om jou self los te maak. Dit is jou ware moeilikheid. Wat ookal die oorsaak mag wees, dit is moeilik vir jou om jou self los te maak. In hierdie geval, die onvermoë om jou self los te maak is soos om verslaaf te word. Dit kan oorkom word en jy sal dit oorkom. Jy sal minder dink aangaande die situasie. Hierdie gedagtes hoef jou nie die heeltyd te okkupeer of op jou te druk nie. Alle gedagtes sal verbygaan, geliefdes.
"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"