God het gesê:
Wanneer die lewe, soos dit verskyn, te veel word vir jou, rus en gaan aan, rus en gaan aan.
Alles verander in die wêreld. Jy gaan verander. Jou wêreld gaan verander. Lewe in die wêreld staan nie stil nie.
Selfs 'n pragtige sonsopkoms staan nie stil nie. 'n Sonsopkoms styg in 'n oomblik. 'n Minuut terug was dit nie 'n volle son nie. Helfte van die son was steeds onder die horison. Nou is dit 'n volle son. Die son hou aan styg. In 'n paar minute is die son so helder in die lug dat jy die sonlig en sy refleksie sprankelend helder sien, en dan is die son se buitelyn nie te siene nie.
Dan in die aand sal die son weer sink onder die horison en sal nie weer gesien word nie. Tog is dit waar dat die son steeds wakker is. Die sonsopkoms mag aan die anderkant van die wêreld wees. Die son sal weer opkom aan jou kant van die wêreld.
En so is blydskap, en so is gemak, en so is vrede. Hierdie eienskappe is altyd hier in afwagting om te styg, dieselfde manier soos wat jy gretig vir hulle wag. Luister na die sonsopkoms. Die Aarde se son styg altyd.
Jy kan weet die son se aanbreek is op hande. Die son stel jou nie teleur nie. Op die oomblik, mag jy styg om die son te ontmoet. Wees hier om die son te ontmoet soos dit kom om jou te ontmoet.
Die son wag altyd vir jou. Wanneer dit nag is, is die son steeds hier. Wanneer dit reën, volg die son die reën met vertroue. Wees jy soos die son en styg. Hou aan styg.
Maak nie saak hoe somber die lewe mag voel vir jou op 'n spesifieke oomblik nie, die lewe is soos die son wat styg na jou toe. Verwelkom blydskap om te styg in jou. Gee blydskap toestemming om die son te wees in jou hart. Wil jy regtig 'n kruislappie wees in jou hart? Jy kan doen om sonder somber te wees. Jou hart is nie bedoel om gesleep te word nie. Plak eerder 'n smiley op. Hoekom, jy kan glimlag en groot glimlag. Glimlag, selfs al moet jy die eerste een wees wat glimlag. Glimlag is die hart se sonskyn.
Gee dit uit wat jy begeer om te ontvang. As jy aanmoediging benodig, dan bemoedig ander se harte. Sit 'n reiker blomme in iemand se hart. Dan kyk hoe jy voel, en neem kennis van jou lewe en die skuiwe waat dit maak. Wie is jy om die toestand van jou hart te vererger?
Jy is nie bedoel om jou hart te vererger as jy 'n Verligter van Harte moet wees. Hartseer gesigte inspireer nie groot moed nie. Wees die son wat skyn.
Moenie grom nie. Tel jou seëninge. Die waarheid is dat jy nie hoog genoeg kan tel nie. Laat vaar die idee dat jy ontneem is. Hierdie is 'n keerpunt. Klim af van die baan wat jy op was. Trek op die skakerings. Sit 'n briek op klaery. Hou vreugde hoog.
Verander jouself en die wêreld voor jou einste oë.
Wat sal jy met jouself doen as jy nie heeldag hoef fout te vind en klagtes maak nie? Jy mag dalk op 'n verlies wees. Hierdie soort verlies is verdienstelik. Hierdie soort verlies maak jou 'n wenner. Ja, probeer op 'n verlies wees. Blaas eerder 'n soen aan die Heelal.
Sê: "Dankie", in plaas van "Ag tog, nie alweer nie."
Wees 'n armoedige persoon as dit kom by pessimisties wees. Wees optimisties. Stel jouself reg. Wees op die kant van goedgesindheid. Maak staat op jouself vir jou blydskap eerder as om te verwag dat ander jou moet gelukkig maak. Maak vordering. Jou tyd is oppad. Maak gereed vir dit. Maak gereed vir dit nou en nie later nie. Dit is wat jy moet doen as jy dalk teneurgedruk is.
"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"