God het gesê:
Is dit nie 'n geskenk vir jou om 'n blou hemel te sien en ook 'n nagb-blou hemel, sprankelend met sterre en hoop? Wat van blare op bome wat van kleur verander wat verskyn en dan later verdwyn? En wat van babas so onskuldig en magtig en so bewus van hul behoeftes en die wete dat hulle behoeftes vervul sal word!
Jy leef in 'n groot wonderwerk van Lewe wat nie misgekyk moet word nie.
Daar is hondjies en katjies en olifante en alle soorte diere wat natuurlik net weet hoe om na hulle babas te kyk. Is dit nie 'n gegewe feit nie? Hoe merkwaardig en vol die Lewe is? Ja, wanneer daar baie melk is, hoekom sal enige een huil oor vermorste melk?
By uitstek is daar niks verkeerd met huil nie. Dit is ook deel van die Lewe, tog, is dit nodig om oor so baie te huil, soos jy mag en dalk huil se vervaldatum verleng in bewys van oorweldigende hartseer?
Vind dit wat jou plesier gee in die Lewe en dus vreugde gee van binne-in jou. Word lewendig deur goed-tevrede te wees. Maak dit maklik om tevrede te wees as om ontevrede te wees. Fokus op dit wat jou blydskap gee. Is dit so hard om jou seëninge te tel? Of is jy beter om ander se seëninge te tel en jou eie tekorte. Liewe Ene, somtyds is jy humeurig met die Lewe.
Een van die beste dinge wat jy kan doen vir die Lewe is om 'n goeie geaardheid te hê omtrent dit. Okay, die roosterbrood was verbrand vanoggend. Is dit rerig so belangrik vir jou? Selfs al was jou roosterbrood verbrand, kan jy die Lewe verwelkom. Perfeksie is nie aan jou verskuldig nie. Wanneer jy perfeksie vind het jy 'n bonus ontvang. Dit maak 'n verskil of jy perfeksie verwag, daarop aandring, of verwelkom as 'n genooide geskenk.
Hoe wil jy gegroet word? Wil jy he die Lewe moet vir jou grom?
Wanneer regte moeilikheid tref, ken jy die verskil. Jy het getalm oor treuring vir 'n mansvriend wat weggehardloop het met 'n vriend van jou. Hoe jou hart gewond was, en hoe jy gely het. Dan, wanneer jou ma of pa dood gaan, ah, ja, voel jy die verskil in jou verlies. Jy het jou hart gemors op iets minder belangrik. Nou weet jy hoe diep verlies kan wees.
So baie mense is seker hulle sal gelukkiger wees wanneer iets in hulle lewe verander, tog, is daar baie wat die skatte het wat jy na soek, en hulle het nie die blydskap wat jy seker is sal kom met dit.
Jy kyk vir die een ding na die ander om jou groot blydskap te bring. Blydskap is meer as net die ontvang van geskenke. Groter blydskap kom van gee. Natuurlike gee, bring jou groter blydskap as om te gee om terug te ontvang. Ja, wees altyd opreg. Gee vir die plesier van gee. Uitspattige gee maak nie op vir die ware ding nie.
Ja, wees waar teenoor jouself en nie aan 'n edelbeeld wat jy in jou verstand plaas nie. Sit jou ware hart voor, en dan is jy ideaal. Waarheid is 'n groot geskenk, nie 'n aangewese opbrengs op die pad vorentoe nie.
Jy soek altyd Waarheid. Dit is so 'n vrede om net waar te wees. Om jouself op die rug te klop, is nie altyd waar nie. 'n Stuk vrugte, 'n appel byvoorbeeld, kan perfek lyk en tog mag dit die geur van 'n sappige klein appel wat nie hand-gepluk was nie, maar afgeval het van die boom, kort. Jy wil die groot goedere gee en ontvang, sonder om te moet terug ontvang. Dit is jy wat moet gee met die idee dat jy wil gee, en dit is dit.
"Written by Gloria Wendroff
Translated by Dawie Steyn"