God het gesê:
Wat wil jy hê? Wat wil jy waarlik hê? Wat ook al dit is waarna jy smag, selfs sy vervulling is nie heeltemal genoeg vir jou nie. Daar is 'n onbeskryflike iets wat kort is in jou lewe. Jy weet nie heeltemal wat dit is nie. Jy het dit nog nie. Somtyds voel jy dat jy dit nooit sal kry nie, dat jy iets ontbreek.
Jy is besig om uit te vind dat al die seëninge van die wêreld is nie heeltemal genoeg nie. Jy weet nie hoe om dit te beskryf wat ontbreek nie. Jy weet wel dat die iets wat jy ontbreek is nie van hierdie wêreld nie, maar, hoe kan jy beskryf wat jy jouself voorstel jy ontbreek as jy nie weet wat dit is nie? As jy iets ontbreek, dan ontbreek jy dit. As jy nie kan sien presies wat jy ontbreek nie, voel jy nogtans 'n groot tekort daarvan. Jy weet nie eens die naam van die iets wat ontbreek. Tot jy weet dat jy dit het ontbreek jy dit. Daar is 'n holte in jou hart. Hoe kan jy sy naam weet as jy dit nie het nie?
Jy begin om te weet dat wat jy ontbreek is iets buite die vlak van die wêreld. Jy het gedink geld sal dit doen, maar geld doen nie. Jy het gedink status sal dit doen, maar status doen dit nie. Snaaks, tekort van geld en tekort van status kan lei tot ongelukkigheid maar nie tot gelukkigheid nie, hmm.
Tekort lei jou nie tot gelukkigheid nie. En die koms van dit wat jy kort of dink wat jy kort, gee jou ook nie genoeg van die gelukkigheid wat jy na verlang. Dit blyk dat in die wêreld, alles eindig een of ander tyd. Dit is nie omdat jy nie volheid verdien nie. Wat kort is wat kort. Dit blyk vir jou dat Ware Lang-Houdende Geluk is nie vir jou op hierdie Aardse plein vir 'n lang tyd of ooit nie.
Wat as jy soos die diere was wat nie so ver vorentoe kyk nie? Jy mag dalk net gelukkig wees met die Verligting wat joune is nou. Hoe kan dit wees dat diere het meer tevredenheid en gelukkigheid as jy? Miskien weet geseënde diere meer as jy. Dit blyk hulle is met min tevrede, en jy is nie.
Die katte en honde wat jy ken is ver meer tevrede as jy. Hulle vra nie vir so baie soos jy vra nie. Jy mag dalk kon dink hulle weet minder as jy. Ja, sekerlik blyk dit dat diere eintlik meer weet as jy. Hulle het sekerlik minder ontevredenheid as jy. Tog hou jy aan strewe. Ontevredenheid is nie genoeg vir jou nie, en moet ook nie wees nie.
Dit moet wees dat 'n onderliggende ontevredenheid moet 'n aanduising wees dat daar is meer wat voor jou lê. Daar is meer tot jou as wat jy weet, en jy moet uitvind wat dit is. Daarvoor soek jy meer van die onbekende kwaliteite.
Terwyl jy op Aarde is, mag jy dalk altyd meer en meer soek. Jy mag daardie soeke meer as ontevredenheid vertaal. Wat as jy ontevredenheid sal vertaal as 'n soeke en nie ontevredenheid nie? Wat as jy jou soeke interpreteer as net reg? Dalk kan jy dan smag na meer van My en tevrede wees met meer van My.
Strewe hoef nie tekort te bedoel nie. Dalk kan jy tevrede wees met strewe en vorentoe gaan. Hierdie is groot vordering. Is dit 'n goeie ding om nie te wil hê nie? Dan hoekom sien jy om te wil hê is om meer ontevredenheid te kry?
Dalk, huidiglik, is daar niks om jou tevrede te stel nie. Dit kan wees dat jy dink om ontevrede te wees is beter as om tevrede te wees, en jy smag om die Hoogste te wees. Dit is egter dat jy die Hoogste is. Dit het dalk net nog nie by jou ingesink nie. Dit sal, geliefde. Dit sal.
"Written by Gloria Wendroff
Translated by Dawie Steyn"