God het gesê:
So natuurlik soos die Lewe is, voel die Lewe soms snaaks vir jou.
Daar is ‘n ou liedjie genaamd Stranger in Paradise, Stranger in Paradise is nie die Waarheid van jou nie. Jy is geen vreemdeling in Paradys nie. Paradys is baie bekend aan jou. En, tog, hier is jy om ‘n rol te speel vir ‘n ruk op Aarde.
Om die waarheid te sê, jy is ook nie ‘n vreemdeling op Aarde nie. Elkeen wat jy ontmoet, ken jy alreeds. Jy onthou nie bewustelik nie. Nie te min, jy reageer.
Enige iets is moontlik op Aarde. Daar was so baie lewens gewees, so baie stories, en nie een dieselfde nie. So baie mense, een na die ander, en nie twee persoonlikhede dieselfde nie. En, tog, elkeen van die variasies is Een met My, net soos jy Een is met My.
Lewe op Aarde is ‘n teenstrydigheid. Op die Aarde, het als grade, en alles het sy teenoorgestelde of baie teenoorgesteldes. Die Aarde is ‘n plek van teenoorgesteldes. En so het ons woorde soos naby en vêr, regte-kant bo, en onderstebo, nou en dan, en hoekom en hoekom nie. Die Aarde het baie lae oral waar jy kyk. Die Aarde is ‘n vreemde land. Paradys is waar jy vandaan kom. Paradys is waar jy meesal leef en skool toe gegaan het. Paradys is die skool waar elkeen eers gegaan het en vanwaar jy presteer het. Op die Aarde is daar menig soorte terreine.
Nou het jy wat neerkom op ‘n uitstappie op Aarde, selfs al wil jy vlug vanaf die Aarde en reg terug gaan na Paradys. Jy mag wel Paradys verkies. Ten spyte van die verskille tussen Paradys en Aarde, ten spyte van die feit dat die Aarde blyk te vat van jou, gee die Aarde jou fantastiese ervarings, en Ek is met jou in elk geval.
Die Aarde en Paradys elkeen bied jou sy eie spesialiteit. Jy ontwikkel. Somtyds kan jy omtrent nie glo hoe baie jy leer nie. En dit wat lyk of dit ‘n ruk vat is Oneindig, wat eintlik geen tyd is nie. Kom, word gemaklik, waar ookal jy is.
‘n Oase en ‘n speelgrond albei bied jou groot geleentheid. Gryp geleentheid na jou toe. Jy het ‘n goue geleentheid selfs al sien jy geen.
Gooi jou Lewe wyd oop.
Staan op en dans waar ookal jy mag wees. Skud ‘n been. Daar is iets die moeite werd vir jou om te groei mee, ongeag wat omstandighede na mag lyk. Daar is liefde om te hou en daar is liefde om weg te gee. Daar is ‘n leer van die Lewe om te klim. Daar is sap in elke lemoen. Daar is sterkte van mag, en daar is die sterkte van sagkuns. En so ontwikkel jy. Nou leef jy jou evolusie. Dit meen jy ontwikkel, en so groei jy, en so vlieg jy, en so styg jy, en jou hart groei groter, en so seën jy ‘n wêreld wat honger is vir jou seëninge.
Jy vind troef kaarte binne jou wat jy geen idee van gehad het nie. Al die skatte is van binne. Toebehore is toebehore. Die regte goud is binne jou, en jy begin sien hoe jy die Lewe kan aanspoedig deur dit te leef, deur dit te vat, en om dit te laat gaan. Jy begin om jou Lewe te eien, en maak dit wat jy wil. Jy maak jou Lewe, en die Lewe brei uit. Jou visies brei uit. Die wêreld is soos jy daarna kyk.
Jy maak jou weg in die Lewe, en jy maak jou Lewe wat dit is ongeag van buite omstandighede. Die wêreld aan die buitekant is nie wat jou maak nie. Jy maak jou. Jy maak jou weg in die Lewe. Jy maak jou Lewe.
Jy het baie geleenthede om jou Lewe te spandeer vanuit sy hoogste tak. Jy is nader aan die Son en Sterre as wat jy weet. Jy jaag na hulle, en hulle jaag na jou. Daar is ‘n samekoms van glorie. Binne jou hart is glorie, op die uitkyk vir sy ewe in die wêreld.
“Written by Gloria Wendroff
Translated by Dawie Steyn”