God het gesê:
Lewe in die wêreld, soos jy dit sien, is ‘n gemengde sak.
Jy kan ‘n heilige wees, en jou huis of grot kan steeds met miere oortrek wees wat jou byt.
Het jy dalk gedink dat heiliges dit altyd maklik het? Het jy gedink jy is al een op Aarde wie se lewe dalk ‘n nommer op jou doen. Dink jy dat almal word ergernis en weë gespaar behalwe vir jou?
Die lewe skenk ook seëninge. Dit betaam jou om als wat die lewe jou gee te aanvaar en nie so baie daarin te lees en magteloos te word nie. Versteek binne als wat jy sien as ‘n terugslag lê die hand van God, en God gee net seëninge maak nie saak wat jy van die lewe dink of sê oor die lewe nie.
‘n Seëning hoef nie ‘n wens van jou te wees wat waar geword het nie. ‘n Seëning kan ook ‘n moeilike tyd wees. Van wat jy sien as teenspoed, mag jy ongelooflik groei. Eendag mag jy dalk die seëning in dit sien.
Daar is ‘n storie van ‘n seun wat verlam was. Die wêreld kan die onvermoë om te hardloop as teenspoed beskou. Tog, die verlamde seun wat nie kan weg hardloop nie het geleer om alles in die oë te staar.
Ek het dit tevore al gesê en sê dit ongetwyfeld weer. Jy mag My sien bo in die Hemel waar als wonderlik is, en jy mag My sien sit op My berg top, waar ek net uitverkose probleme vir jou maak. Verontagsaam die gedagtes. Ek plot glad nie. My mikpunt is gewoontlik op meer as net jy gemik. Daar is ‘n hele konfigurasie van lewe. Ek sal geen verskoning maak vir hoe dinge lyk vir jou in jou persepsie van die wêreld. Jy en ek wens jy sal onmiddellik soos Ek sien.
Liewe Een, moenie dink dat ek nie verstaan hoe jy voel nie. Ek verstaan baie wel hoe jy voel.
Maar, kyk, as enige van Ons sy of haar persepsie moet uitbrei, sal dit nie Ek wees nie. Het jy rerig gedink dat Ek moet verander wat gebeur in die lewe? Wanneer iets gebeur in die lewe wat jou gelukkig maak, is jy reg om te aanvaar wat jy sien as My plan en vrugbaar vir jou. Wanneer iets gebeur in die lewe wat jy sien as ‘n strafmaatreël vir jou, natuurlik wil jy dit nie hê nie en sou jy dit wou weg vee. Jy sal dit verban van jou gedagtes, asof jy kan.
Wanneer jy wanhopig is dat ek ooit van jou sal leer, is dit baie moontlik dat Ek in jou gedagtes is meer as die wat deur dik en dun by my staan. Maak dit enige sin vir jou? Daardie wat voorgee om nie in My te glo nie, fokus sekerlik baie op My.
Sou dit wees dat daardie wat My lief het so baie op My fokus!
So baie hang af van hoe jy gebeure in die lewe lees. Wat jy ook al mag dink, jy speel ‘n rol in jou lewe. ‘n Groot rol. Jou lewe is jou gedoente, geliefdes. Jy is nie sonder verantwoordelikheid vir jou lewe, maak nie saak wat nie. Op dieselfde tyd, hoe onskuldig jy mag wees van jou verantwoordelikheid.
Natuurlik, wanneer jou lewe is wat jy sal noem goed en presies is soos jy van dit hou, gee jy somtyds nie om om krediet te vat nie, tog weier jy verantwoordelikheid wanneer jy seker is dat niemand in sy regte gemoed ooit so ‘n ervaring vir hom self of haar self sal inroep nie. Jy is deel van wat ‘n grand ervaring mag wees. Jy is nie rerig ‘n skeidsregter van ‘n bofbal spel waar jy skreeu “vuilspel” en jou Wil word gedoen.
Onthou asseblief, jy doen goed om My nie te interpreteer as of Ek jou blameer. Blaam bestaan nie in My hart nie. Ek volg nie ‘n pad van blaam nie. Daar is geen manier dat My hart homself om die konsep van skuld en blaam kan kry nie. So ook kan Ek nie blaam en skuld op jou hoop nie. Natuurlik verstaan Ek jou onskuld.
Of jy dit nou glo of nie, Ek is ‘n God van Liefde, en jy kan net sover sien as wat jy kan sien.
“Written by Gloria Wendroff
Translated by Dawie Steyn”