God het gesê:
Wees van mening dat alles wat jy sien in die lewe is 'n metafoor. Daar is 'n boodskap in alles. Natuurlik is die boodskap oop vir interpretasie. Die punt is dat daar is 'n boodskap vir jou in alles in die lewe.
Die Lewe leer jou, geliefdes. Gereeld onderrig dit jou in prente en woorde. Woorde is ook prente. Daar is interpretasie op so baie dimensies.
Asof jy liefde sien of die blykbare afwesigheid van liefde, liefde is die storie. Op watter vlak jy ookal is, als gaan oor liefde, die beklemtoning van liefde, en deur jouself op te tel met liefde, en oor jou groei na groter hoogtes. Jy is die verteller van jou storie. Somtyds, blykbaar, maak jy besluite oor die storie wat jy vertel, maar woorde van jou droom kom voort vanuit jou mond asof jy geen sê het nie. Die gedagte is daar, en die gedagte word gespreek voor jy weet jy het dit.
In die wêreld, is alles 'n storie. Alles blyk opgemaak te wees. Jy hardloop met die storie, of die storie hardloop opdraende of afdraende met jou.
In terme van Oneindigheid, stories gaan nie in nie. Stories, by hul einste natuur moet foutiewe ruimte en tyd het om in te bestaan. Stories benodig uitdagings. Stories benodig onvervulde begeertes. Wow, jy is goed om na stories te luister en dalk baie van hulle te maak.
Terselfde tyd, stories gevul met fiksie hou ook Pitte van Waarheid binne-in. Sekere stories kom tot 'n einde - of doen hulle?
Stories wat vertel word, kan hulle onvertel word? Kan 'n storie terug getrek word? Is daar 'n ander storie wat die een voor dit kan vervang, of vir die een daarna? Kan stories herskryf word? Hoe kan daar so baie stories wees!
Hier is drie soorte stories in 'n neutedop:
Hy't gekom, hy't gesien, hy het verower.
Hy het haar gelief. Hy het haar gesoen. Hy het weg gegaan.
Wees lief vir my, moenie lief wees vir my. Ek het lief, maar miskien nie.
Daar is drome wat waar word. Daar is drome wat jy nooit aan dink nie en nie waar word nie. Daar is drome wat nog nie jou bewustheid bereik het nie, selfs so, hulle word waar.
Om die Waarheid te sê, daar is geen drome wat nie nie waar kan word nie. Vroeër of later, alle drome kom waar deurdat jy hulle het, en hulle is waarlik joune om te droom. Selfs onvervulde drome in jou leeftyd dra vrugte iewers op 'n manier.
Drome is gedroom vir goeie redes. Jy hoef nie die redes te ken nie. Drome is vir jou om te droom.
Drome roep uit na jou. Hulle roep uit:
"Droom my, droom my, sodat ek waar kan word. Ek het 'n verlange om gedroom te word. Kies my, kies my. Ek sal virewig joune word. Ek is die droom wat jy moet droom. Ek plaas myself voor jou. Ek sal binnekort na jou to kom, en ek sal blom in die wêreld in. Ek is bedoel om van gedroom te word. Jy is bedoel om van my te droom. Ek behoort in jou wêreld. Ek het bestaan lank voordat jy gebore is. Ek het gewag vir jou om my op te tel en my hoog te lig. Mag ek jou droom word wat waar word.
"Wat saak maak is dat jy my droom. Op hierdie manier word ek waar vir myself. Op hierdie manier bestaan ek. Op hierdie manier haal ek asem. Ek lewe in meer harte as joune. Ek, die droom, is 'n Droom-Vervuller. Net dat ek van gedroom was maak my lewendig kom.
"Dit is nie dat ek soos 'n weeskind is wat 'n huis nodig het nie. Eerder, ek word jou nuwe huis. Een droom lei na 'n volgende een. Mag jou nuwe plek in jou hart gevul wees met drome soos ek. Vind my, en jy vind jouself. Jy is bestem om 'n dromer van drome te wees en drome waar te maak. Lank lewe drome. Mag die drome wat jy droom jou hart vul met liedere. Ek staan reg voor jou. Vat my hand. Begelei my deur jou lewe. Mag die Son op ons skyn voortdurend, van droom tot droom, elke droom anker in jou hart. Ons drome is nie far-fetched. Ons drome is sinvol. Ons is gesonde verstand, net soos hekke wat oopgaan reg voor jou eie oë.