God het gesê:
Geliefdes, jy maak jou los van jou gehegdheid aan jouself op die manier wat die wêreld jou geprofeteer het. Jy laat gaan. Jy het 'n hoë berg geklim. Nou sal jy af gly aan die ander kant, wat 'n ander manier is om te sê jy styg hoër. Jy, jy kan 'n skets van jouself agter los. Jou siel styg.
Daar was 'n potret van jouself eens geskilder, en nou styg jou Ware Siel op uit die potret soos mis. Jou siel en die self-potret wat jy van jouself gemaak het was nooit identies nie. Jy is groter as wat jy kan dink. Jy is groter as wat die wêreld kan dink. Lei jouself.
Jou vermoedelike self-potret was gedoen in stukkies, 'n byvoeging hier, en 'n byvoeging daar, 'n probeerslag om te wees wat die wêreld voor neerbuig. Jy wou goed wees. Jy wou reg wees in die oë van die wêreld, en so het jy jouself onsamehangend gemaak, vir wat? Terwille van goedkeuring van iewers af? Vir 'n poging om 'n opgekikkerde foto van jouself te wees, air-brushed, op 'n muur geplaas en gelos om daar te hang, 'n valse voorvaderlike potret van jou wat jy gehoop het die beste lig in jou openbaar. Dit mag dalk 'n goeie potret gewees het, net dat dit nie jy was nie.
Die manier wat jy waarlik is is die beste snapshot van jou.
Jy het dalk jouself verlaat. Jy het dalk jouself verloën. Wie benodig 'n kunsmatige self? Waar het hierdie idee vandaan gekom dat 'n skyn van jou die eerlike goeie wat jy is oordoen?
Gaan vorentoe, ja. Groei, ja. Dit is natuurlik om te groei. Jy sal natuurlik groei. Jy hoef nie jou groei op te pof nie. Niemand het gesê dat jy moet 'n model wêreld prentjie wees. Jy as jouself - is wonderlik om te aanskou.
Wees van mening dat, soos jy lewe in die wêreld, neem jy 'n seevaart. Jy is op 'n vaart van ontdekking van jouself en nie op 'n vaart om 'n mock-up te maak nie. Jy vind jouself eerder as om jouself te voorspel of jouself te model na iemand anders se idee van hoe jy moet lyk. Ek het jou nie vertel om jouself te voorspel volgens ander se oë en om aan te hou jou uiterlike rigting te verander om sodoende wêreld opinie tevrede te stel.
Dit is nie vir jou om willekeurige rigtings te volg van 'n boek of lesing nie. Jy het jou siel om te volg.
Hier is die storie:
Jy moet wees wie jy is. Jy moet wees. Soek wat binne-in jou is om te ontdek. Verseker, die wêreld sprei broodkrummels vir jou om te volg op jou pad. Ek sê vir jou om jou eie Ware Hart te volg eerder. Jy het jou eie see bene om te ontdek. Jy en Ek is die meesters van die skip wat jy seil. Jy is jou eie Self-Bepaler.
Het vertroue in jouself. Vind My binne-in jou. Dit is jou opdrag: Om die Goddelike binne-in jou te vind. Hier is jy. Dit is jy.
Daar is baie buite jou. Jou Ware Skatte is binne-in. Soek jy nie die Hemele nie? Namaaksels is namaaksels. Jy is die ware jakob. Ontdek vir jouself die Waarheid van Wie jy is.
Self-help is Self-help. Daar is geen gemagtigde verteenwoordiging om te styg in die wêreld nie. Vaar voort op die Hoë Sees, en jy sal verskyn. Jy sal styg op uit die see soos jy is. Soos jy is, styg jy. Jy styg in jou Ware Wese en nie in 'n namaaksel wat jy kopie van die wêreld nie. Glo in die Ware Goud wat jy is, omdat Ek het jou gespin op My Spinwiel.
Kyk, jy moenie dinge los om hul eie gang te gaan en te wag vir jouself om ontdek te word deur 'n film agent. Jy moet nie op 'n bank sit en wag vir 'n Groot Oomblik om te kom nie. Die Groot Oomblik is binne-in jou. Inspireer jouself. Erken jou Self. Styg tot jou Ware Geaardheid. (Aard, Natuur)
Jy is nie 'n dime novel nie. Jy is 'n Groot Klassieke geskryf deur God. Lees jouself. Volg jou eie insigte. Jy is 'n Groot Siel.
Weet Wie Jy Is.