God het gesê:
Streng gesproke, selfs al is daar geen dimensies in Ewigheid en Oneindigheid nie, en daar is geen tyd en ruimte nie, niks hoegenaamd, en gesproke en geskrewe taal kan net so ver gaan, daar is, nietemin, altyd meer om te kom.
Daar is groter hoogtes om te bereik, en jy styg hoër selfs al is jou voete vas op die grond of jy is op jou kniee of die son is te skerp in jou oë. Hoogtes is vir jou om te bereik, en dieptes ook.
Hoe diep jy is en hoe hoog. Jy is soos die Hub van die Heelal, of Ons kan sê die Navel van die Heelal. Die Middel en die Hoogtes en die Dieptes is Een. Dit kan gesê word dat daar is net Hoër en Hoër en niks anders en niks minder.
Terselfde tyd, alle Hoogtes is bereikbaar. Jy het arms en bene en oë en harte en siele en begeertes om die Hoogtes te bereik. Jy is bedoel om te gaan vir die Hoogtes en die Dieptes, en jy is bedoel om die Hoogtes en die Dieptes te bereik. Jy is gebore vir hulle.
Jy is nie bedoel om tevrede te wees in die loopgrawe nie.
Die trein wat jy op ry is genaamd Meer en Meer en Hoër en Hoër en Dieper en Dieper en Groter en Groter.
Al die Realms en Hoogtes en Dieptes is binne jou. Binne jou, bestaan alles. Dit is jou erfenis. En, so, soos jy uitreik en smag, het jy alreeds. En, so, soek jy vir jou Self. Jy is gevul tot die kant met al jou begeertes, en tog is jy 'n oneindige put van begeertes.
Is daar enige iets verkeerd met dit? Sonder eetlus, sal jy eet?
Natuurlik is daar beperkings tot die fisiese wêreld. Jy kan net soveel eet. Jy kan net soveel sit-ups doen. Jy het net soveel ledemate en soveel skoene om te dra.
Maar wanneer dit kom by aandringe en begeertes en vervulling, kom Oneindigheid ter sprake. Jy kan als wees wat jy wil wees. Jy is bedoel om als te wees wat jy wil wees. Jy moet in liefde swem. Jy moet 'n anker in liefde wees wat oral kan bereik. Jy is 'n God Wese ontwerp om te vlieg oor die Son, sit op die Maan, al die Punte van die Sterre te raak en Sterlig te drink.
Natuurlik is jy bedoel om 'n God Wese te wees. Verder, die feit is dat jy alreeds 'n God Wese is.
Wat dink jy word bedoel met dat jy gemaak is in My beeld? In Wie se Beeld sal jy eerder gemaak wees in? Jy is 'n Chip Off the Old Block, inderdaad. Ja. Selfs al druip jy 'n dosyn toetse, selfs al is jy beroof van ledemate, toegedraai in knope, laag gelê, jy, die einste jy soos jy is, vlieg op die Vlerke van Engele.
Julle is al My Vlugte van Wat Mag Genaamd Wees Fancy, tog ken Ek nie Fantasie nie. Ek ken Waarheid, en Waarheid omsirkel die Heelal, en Waarheid styg vanaf die Heelal, en so styg jy.
Dink jy moontlik dat Ek bedoel ander en nie jy nie, of net jy en nie ander nie? Ek bedoel die hele Gang van Verteenwoordigers van God. Ek bedoel al die moontlike manifestasies van My. Ek bedoel elke liewe een moet vlieg na die Hoogtes saam My en die wêreld saam dra al die pad op na die Hemel en dit daar hou.
Hemel is 'n Toestand van Wese, verstaan jy. Plek bestaan nie. Daar is geen ruimte nie, en jy moet styg en My volg in die Onskuldigheid van Liefde vanaf Hoog.
Kom saam My. Ek vat jou by die hand. Hou Myne, en daar gaan Ons.